FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
49
September 2014
metode van biologiese beheer toepas. Die sukses van die metode
is opgesluit in die bewaring van die totale kompleks van voordelige
organismes in ‘n spesifiekeomgewing.
Hierdieorganismes sluit dandiedrieP’s in. Bewaringsbeheer behels
(1) habitat/landskap-manipulasie, (2) bewustheid van en korrekte
uitkenning van plae en hul natuurlike vyande, (3) beperkte gebruik
van plaagdoders en/of (4), die gebruik van selektiewe plaagdoders
of die gebruik van plaagdoders op ‘n selektiewewyse ten einde die
funksionelebiodiversiteit in ‘ngegeweomgewing tepromoveer.
Kategorie (3) en (4) is veral belangrik, aangesien voordelige
organismes baie sensitief is vir plaagdoders en daarom moet die
gebruik daarvan slegs plaasvind wanneer die betrokke plaag sy
ekonomiese skadelikheidsvlak bereik het. Om hierdie vlak te bepaal
worddie volgende formulegebruik:
Ekonomiese skade (kg/ha)= Beheerkoste (R/ha) x 2
Produkprys (R/kg)
Dus is ekonomiese skade die plaagpopulasievlak waarby chemiese
beheer ‘n opbrengstoename teweeg sal bring wat gelykstaande is
aan twee keer die koste vanbeheer.
By koringproduksie is daar ongeveer ses voordelige swamspesies
wat natuurlik indieekosisteemvoorkomenwat plantluiseparasiteer.
Proewe deur die LNR-KGI het gevind dat swamme soos
Pandora
neoaphidis
(
Foto 2
),
Conidiobolus thromboides
en
C. obscurus
uiters sensitief is vir ‘n reeks swamdoders, veral dié (byvoorbeeld
bensamidasool- en triasooldoders)wat algemeengebruikword teen
roessiektes, soos
Puccinia
spp. op koring.
Soortgelyke studies oorsee bevestig hierdie negatiewe impak van
swamdodersopnatuurlikeplantluisbeheerdeurvoordeligeswamme
(sien
.
Onder besproeiingstoestande parasiteer hierdie swamme, veral die
graanroosluis (
Metopolophium dirhodum
) en onderdruk sodoende
die luise sodat chemiesebeheer selde, indienooit, nodig is.
Die meeste produsente is nie eers bewus van hierdie gratis plaag-
beheerdienswat deur die swammegebiedwordnie.
Nog ‘n plaaslike voorbeeld is die natuurlike voorkoms van die swam
Nomuraea rileyi
(
Foto 3
) op veral
Plusia
-landmeters by verskeie
boongewasse enbolwurms op koring.
Soos genoem, sal die onnodige toediening van swamdoders hier-
die insekpatogeen nadelig beïnvloed; wat tot ‘n toename in die
plaagpopulasie kan lei. Die behandeling van gewasse slegs wan-
neer siekte- of plaagdruk groot genoeg is om ekonomiese skade
te veroorsaak of wanneer bestaande drempelwaardes oorskry
word, sal die impak daarvan op voordelige organismes tot ‘nmini-
mumbeperk.
Baie insekpatogene het ‘n mate van selektiwiteit en is dus minder
nadelig teenoor sekere van die natuurlike vyande. ‘n Voorbeeld
hiervan is die Bt-insekdoders wat gebruik word vir die beheer van
wurmtipe (
Lepidoptera
) plae.
Virusse (
Foto 4
) is hoogs selektief en sal ook ‘n beperkte (direkte)
impak uitoefen op natuurlike vyande in dieselfde omgewing.
Sommige chemiese insekdoders word ook as sagter op die omge-
wingbeskou, soos die aktief
pirimicarb
.
Die voorkoms en verspreiding van gasheerplantewat die oorlewing
van natuurlike vyande in die omgewing promoveer, word tans
nagevors deur die LNR-KGI. ‘n Soortgelyke studie is ook onlangs in
Argentiniëgeloods.
Opnames deur die LNR-KGI het gevind dat plantspesies soos die
gewone sydissel (
Sonchus oleraceus)
, brandnetel (
Urtica urens)
,
knapsekêrel (
Bidenspilosa)
,wildeslaai, (
Lactucaerriola)
,purperwinde
(
Ipomoea purpurea)
, populierbome (
Populus canescens)
en riete
(
Phragmites australis)
, almal plantluise huisves wat ook as gashere
dien vir insekpatogeniese swamme.
Die swamspore (inokulum) wat op hierdie luise geproduseer word,
beweeg dan na aangeplante gewasse (byvoorbeeld koring) waar dit
die skadelike plantluise infekteer. Kennis van hierdie interaksies kan
indie toekomsgebruikwordomdieomgewingbeter tebestuur of te
manipuleer ten eindenatuurlikeplaagbeheer teoptimaliseer.
Habitat/landskap-manipulasie kan teweeggebring word binne die
aangeplante omgewing deur interaanplantings (
inter cropping
),
gemengde aanplantings (
mixed cropping
), kombinasie aanplantings
(
companion planting
) en aanlok-aanplantings (
trap cropping
) asook
direk buitedie aanplanting in semi-natuurlike areas.
Slotgedagtes
Die natuur bied ‘n gratis plaagbeheerdiens aan produsente deur die
impakvannatuurlikevyandeof tewel diedrieP’s, naamlikpatogene,
predatore enparasitoïede.
In die VSAword die jaarlikse waarde van hierdie natuurlike “biobe-
heerdienste” tussen $4,5 en $17 miljard beraam. Die maksimum-
voordeel kan hieruit verhaal word deur produksiepraktyke só te
bestuur dat die bewaring van die natuurlike vyande altyd in aan-
merkinggeneemword.
Onnodige en/of ontydige toediening van chemiese plaagdoders
is een van die grootste sondebokke. Die gebruik van biologiese
insekdoders neem stelselmatig toe in Suid-Afrika en verskaffers
daarvan dra die verantwoordelikheid dat die produk wettig
geregistreer en vanhoëgehalte is.
Produkte wat ‘n lewendige entiteit bevat kan nie op dieselfde wyse
as ‘n sintetiese insekdoder hanteer (wat betref vervoer en storing)
word nie. Oor die algemeen neembiologiese insekdoders effe langer
om ‘n uitwerking op die plaag uit te oefen, maar sluit ook ‘n ge-
dragsverandering in, byvoorbeeld waar ‘n swam of virus toegedien
word, saldie insekeersophouvoed (indirektebeheer)voordatditvrek.
Solankdaar geenvoedingplaasvindnie,wordverdere skadeaandie
gewas dus beperk. Leer ken jou (vriendelike) vyand en boer saam
met dienatuur!
Vir verdere navrae, kontak dr Justin Hatting by die
LNR-KGI by 058 307 3468of
Ken jou
(vriendelike)
vyand!