Background Image
Previous Page  96 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 96 / 116 Next Page
Page Background

Mielie-opbrengs onder rip-op-ry na sojabone was betekenisvol

hoër as mielies onder verminderde bewerking na sojabone

(9 105 kg/ha versus 3 558 kg/ha).

Op Klein Constantia was geen mielie-opbrengste beskikbaar nie,

omdat die wisselbouproef in die 2014/2015-seisoen met ‘n soja-

boonaanplanting ‘n aanvang geneem het.

Sojabone

Grafiek 5a

toon dat op Springboklaagte-sojaboonopbrengs na

mielies onder rip-op-ry betekenisvol hoër was as onder vermin-

derde bewerking (1 480 kg versus 955 kg/ha). Op Klein Constantia

is die herhalings nie apart gestroop nie en kon geen statistiese

vergelykings getref word nie. Omdat dit die eerste seisoen van

wisselbou was, kon slegs die bewerkingseffek op sojaboonop-

brengs waargeneem word, naamlik dat rip-op-ry die hoogste

opbrengs van 2 059 kg/ha gelewer het (

Grafiek 5b

). Op Sanniesrus

(

Grafiek 5c

) het sojabone na mielies onder rip-op-ry teen

1 119 kg/ha byna 100% hoër opbrengs gelewer as onder vermin-

derde bewerking.

2015/2016-seisoen

Mielies

In die droë 2015/2016-seisoen is op Springboklaagte min of geen

statisties-betekenisvolle opbrengsverskille verkry as ‘n funksie van

wisselbou of bewerking. Tendense in

Grafiek 6

wys dat:

‘n Hoër mielie-opbrengs verkry is na sojabone onder vermin-

derde bewerking as onder rip-op-ry (1 440 kg versus 762 kg/ha).

Hierdie is die vyfde seisoen van verminderde bewerking en rip-

op-ry-bewerking op dieselfde persele.

Onder rip-op-ry is hoër mielie-opbrengs na sojabone as vir

monokultuur-mielies (762 kg/ha versus 334 kg/ha) verkry.

Onder verminderde bewerking is hoër mielie-opbrengs na

sojabone verkry as wat die geval was met monokultuur-mielies

(1 440 kg/ha versus 1 058 kg/ha).

Grondontledings van April 2016 toon dat ‘n groter hoeveelheid

anorganiese N (194 kg N/1 200 mm diepte/ha) onder ‘n soja-

boonstand as onder mielies (

Grafiek 7

) gestoor is. Hoër op in

die artikel word vermeld dat mielie-opbrengste hoër vir mielies/

sojaboon-wisselbou as vir monokultuur-mielies was. Is hierdie

opbrengsverhoging moontlik toe te skryf aan die voordelige

effek van oorgedraagde N van sojabone in ‘n wisselboustelsel?

Grafiek 7 toon ook ‘n groter hoeveelheid gestoorde anorganiese

N in ‘n mielieland (was oorlêland) as in ‘n monokultuur-mielieland

(54 kg versus 34 kg N/1 200 mm diepte/ha).

Sojabone

Die beduidende lae opbrengste (

Grafiek 8

– op bladsy 97) toon dat

die sojaboonaanplanting ‘n mislukking was as gevolg van die uiters

droë seisoen.

Voersorghum

Grafiek 9

(op bladsy 97) toon dat ‘n betekenisvolle hoër biomassa-

opbrengs verkry is na mielies onder rip-op-ry as onder ver-

minderde bewerking (853 kg/ha versus 545 kg/ha). Hoewel die

biomassabepalings laat (April 2016) gedoen is, kan die lae opbreng-

ste hoofsaaklik aan die droë seisoen toegeskryf word.

Samevatting en gevolgtrekkings

Springboklaagte en Klein Constantia was vir meer as ‘n dekade

voor die aanvang van die proewe onder mielies met rip-op-

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Navorsing op watertafel-sandgronde (Deel 4)

5a

5b

5c

Grafiek 5a - Grafiek 5c: Sojaboonopbrengste in 2014/2015 op Springbok-

laagte (Grafiek 5a), Klein Constantia (Grafiek 5b) en Sanniesrus (Grafiek 5c)

as funksie van wisselbou en bewerking (sojabone na mielies onder rip-op-

ry; sojabone na mielies onder verminderde bewerking).

SJRORM = sojabone rip-op-ry mielies

SJVBM = sojabone verminderde bewerking mielies

ROR = rip-op-ry

TRR = tussen-ry-rip

VB = verminderde bewerking

SJRORM = sojabone rip-op-ry mielies

SJVBM = sojabone verminderde bewerking mielies

KBV = kleinste betekenisvolle verskil

Oktober 2017

94