Background Image
Previous Page  95 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 95 / 116 Next Page
Page Background

93

Die wisselbouproef op Klein Constantia het eers in die 2014/2015-

seisoen ‘n aanvang geneem. Op Sanniesrus het die sojabone goed

in die 2013/2014-seisoen ontkiem, maar is erg geknou deur die

droogte in Februarie – met ‘n gevolglike oesmislukking.

2014/2015-seisoen

Mielies

Alhoewel wisselbou in kombinasie met bewerking op Springbok-

laagte verskille in mielie-opbrengs meegebring het, was dit nie

betekenisvol nie. Die wisselboustelsel van mielies/voersorghum

onder rip-op-ry het die hoogste opbrengs (3 239 kg/ha) gelewer,

terwyl mielies na sojabone onder rip-op-ry die swakste met

2 607 kg/ha (

Grafiek 4a

) presteer het.

Op Sanniesrus (

Grafiek 4b

) het wisselbou in kombinasie

met bewerking groot verskille in mielie-opbrengste gelewer.

Byvoorbeeld:

‘n Mielie/sojaboon-stelsel onder rip-op-ry het ‘n betekenis-

volle hoër opbrengs gelewer as onder monokultuur-mielies

(9 105 kg/ha versus 6 441 kg/ha).

Monokultuur-mielie-opbrengs onder rip-op-ry was betekenisvol

hoër as onder verminderde bewerking (monokultuur-mielies

onder verminderde bewerking) (6 441 kg/ha versus 3 558 kg/ha).

1a

1: Wisselbougewasse onder rip-op-ry (Foto 1a) en verminderde

bewerking (Foto 1b) op Springboklaagte (2014/2015).

1b