Background Image
Previous Page  94 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 94 / 116 Next Page
Page Background

Foto 4

(op bladsy 97) toon ‘n goeie voersorghumstand in Februarie

2016. Let op die hoeveelheid mieliereste wat van die vorige seisoen

af oorgebly het.

Foto 5a

en

Foto 5b

(op bladsy 99) toon onegalige

groei van sojabone onder beide rip-opry en verminderde bewerking

op Springboklaagte in die uiters droë 2015/2016-seisoen.

2013/2014-seisoen

Mielies

Grafiek 2a

(op bladsy 90)

(Springboklaagte) toon dat:

Ongeag die bewerkingspraktyk, die voorafgaande gewas (so-

jabone) mielie-opbrengs verhoog het vergeleke met mielies

aanhoudend (byvoorbeeld: Mielies na sojabone onder rip-op-ry

[7 270 kg/ha] versus onder monokultuur-mielies [6 441 kg/ha]).

Bewerkingspraktyke het ook ‘n effek op mielie-opbrengs onder

wisselbou gehad: Opvolgmielies na sojabone onder rip-op-ry

het ‘n hoër opbrengs gelewer as onder verminderde bewerking

na sojabone (7 270 kg/ha versus 6 284 kg/ha).

Die kombinasie van wisselbou met rip-op-ry lewer 44% hoër

opbrengs (statisties betekenisvol) as mielies aanhoudend onder

verminderde bewerking (mielies na sojabone onder rip-op-

ry [7 270 kg] versus monokultuur-mielies onder verminderde

bewerking [5 035 kg/ha]).

Die 2013/2014-seisoen was die begin van die mielies/sojabone-

wisselbouproef op Sanniesrus. Die land was reeds vir 15 jaar

onbewerk en onder ‘n Smutsvinger/kweekmengsel. Die grasmengsel

is gedurende die 2013-winter met ‘n vlak disbewerking doodgesny

om bykans ‘n 100%-deklaag op die oppervlak te laat.

Drie behandelings is as basis vir volgende seisoen se volledige

proefplan uitgevoer, naamlik mielies rip-op-ry, mielies verminderde

bewerking en sojabone verminderde bewerking.

Grafiek 2b

(op

bladsy 90) toon dat die bewerkingspraktyke reeds in die eerste

seisoen statisties-betekenisvolle opbrengsverskille meegebring het

(9 847 kg/ha versus 7 510 kg graan/ha).

Die uitsonderlike hoë opbrengste kan heel waarskynlik toegeskryf

word aan die gunstige grondtoestande wat die grasstand geskep

het.

Sojabone

Uitstekende graanopbrengste is op Springboklaagte verkry

(

Grafiek 3

) en kan heel waarskynlik toegeskryf word aan die reënval

van 290 mm gedurende Januarie tot Maart 2014. Dit is bekend

dat sojabone goed op laat reëns reageer. Hoewel nie betekenisvol

nie, is effens hoër graanopbrengste onder rip-op-ry as onder

verminderde bewerking (2 615 kg/ha versus 2 418 kg/ha) verkry.

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Navorsing op watertafel-sandgronde (Deel 4)

Oktober 2017

92

4b

Sojaboonopbrengste in 2013/2014 op Springboklaagte as funksie van

wisselbou en bewerking (sojabone na voersorghum onder rip-op-ry;

sojabone na voersorghum onder verminderde bewerking).

SJRORVS = sojabone na voersorghum onder rip-op-ry

SJVBVS = sojabone na voersorghum onder verminderde bewerking

KBV = kleinste betekenisvolle verskil

4a

Grafiek 4a - Grafiek b: Mielie-opbrengste in 2014/2015 op Springboklaag-

te (Grafiek 4a) en Sanniesrus (Grafiek 4b) as funksie van wisselbou en

bewerking (mielies na voersorghum onder rip-op-ry; mielies na sojabone

onder rip-op-ry).

MRORSJ = mielies rip-op-ry sojabone

MVBSJ = mielies verminderde bewerking sojabone

MRORVS = mielies rip-op-ry voersorghum

MVBVS = mielies verminderde bewerking voersorghum

MRORM = mielies rip-op-ry mielies

MRORS = mielies rip-op-ry sojabone

MVBM = mielies verminderde bewerking mielies

MVBS = mielies verminderde bewerking sojabone

MTRM = mielies tussen-ry-rip mielies

MRORMVB = mielies rip-op-ry mielies verminderde bewerking

KBV = kleinste betekenisvolle verskil

3