Background Image
Previous Page  92 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 92 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

90

Navorsing op watertafel-sandgronde

van die Noordwes-Vrystaat

I

n die Augustus-uitgawe in Deel 1 en Deel 2 is die agtergrond,

proefbehandelings en evaluering van bewerkingspraktyke ten

opsigte van die navorsing wat op watertafel-sandgronde gronde

in die Noordwes-Vrystaat gedoen is, uiteengesit. In hierdie

uitgawe (Deel 3 op bladsy 88 en in dié artikel) word die agtergrond

en proefbehandelings van wisselboustelsels en bewerkingsresultate

van hierdie navorsing geëvalueer.

Grafiek 1

toon die seisoenale (Augustus tot April) reënval vir

die drie proeflokaliteite. Terwyl die gemiddelde reënval van

487 mm vir die 2013/2014- tot 2014/2015-seisoene voldoende was

vir gewasverbouing, het die droë 2015/2016-seisoen veroorsaak

dat min of geen graangewasse in die Bothaville-Kroonstad-

Wesselsbron-omgewing geplant is nie.

Die lae reënval van sowat 55 mm tydens die 2015-plantseisoen

op Klein Constantia en Visagieskuil het meegebring dat geen

proewe geplant kon word nie. Met ‘n reënbui van 61 mm op 20 tot

21 November 2015 op Springboklaagte, kon al die Sandgrondont-

wikkelingskomitee (SOK)-proewe geplant word.

Opvolgreën van 128 mm tydens Januarie tot Maart 2016 het die

proewe gered en ‘n oesmislukking op die plaas voorkom. Hiermee

word die feit dat die verspreiding van reënval op sandgronde met hul

lae waterhouvermoë belangriker is as die totale hoeveelheid reënval

weer eens bevestig.

Groei en opbrengs van die

wisselbougewasse

In die 2014/2015-seisoen het die wisselbougewasse heelwat beter

vegetatiewe groei onder tandem-skeurploegbewerking (rip-op-ry)

getoon as met verminderde bewerking. ‘n Algemene verskynsel

onder verminderde bewerking was die onegalige groei van soja-

bone (

Foto 1a

en

Foto 1b

op bladsy 93).

Foto 2

(op bladsy 97) en

Foto 3

(op bladsy 97) toon goeie stande sojabone onder rip-op-ry

op Sanniesrus en Klein Constantia in die 2014/2015-seisoen.

OP PLAASVLAK

Noordwes-Vrystaat / Bewerkingspraktyke

Bewaringslandbou

DR DANIE BEUKES,

onafhanklike grondkundige en

CAREL KOCH,

onafhanklike landboukundige

Deel 4: Evaluering van wisselboustelsels as funksie van bewerkingspraktyke

1

2b

2a

Grafiek 1: Seisoenale reënval op proeflokaliteite.

Grafiek 2a - Grafiek 2b: Graanopbrengste in 2013/2014 op Springboklaag-

te (a) en Sanniesrus (b) as funksie van wisselbou en bewerking (mielies

na sojabone onder rip-op-ry; monokultuur-mielies onder verminderde

bewerking).

MRORSJ = mielies na sojabone onder rip-op-ry

MVBSJ = mielies na sojabone onder verminderde bewerking

MRORM = monokultuur-mielies

MVBM = monokultuur-mielies onder verminderde bewerking

ROR = rip-op-ry

VB = verminderde bewerking

KBV = kleinste betekenisvolle verskil