89
PROEFUITLEG
Ewekansige blokontwerp met drie tot ses behandelings
(gewas x bewerkingkombinasies) met een tot drie herhalings.
Agronomiese praktyke:
Voor-plant.
Sekondêre bewerking:
Algeheel in Augustus: Of rolmoerbewer-
king om mieliestamme te ontwortel en plat te rol of V-lem-bewer-
king 50 mm - 200 mm diep om onkruid te beheer.
Onkruidbestryding:
Algeheel: Een glifosaatbespuiting of twee
bespuitings elk van glifosaat en 2,4-D ester.
Bewerkingbehandelings (gewas x bewerkingkombinasies):
Wisselboustelsels:
Mielies in wisselbou met sojabone of
voersorghum met monokultuurmielies as kontrole.
Primêre bewerkings (kombinasies oor seisoene heen
geïmplementeer):
Rip-op-ry
:
Tandem-skeurploegbewerking (700 mm - 750 mm
diep) met of 400 mm en 200 mm, of 500 mm en 300 mm-breë
platskare, onderskeidelik op 500 mm en 700 mm diepte op plant-
rye. Twee rolstaafskoffelbewerkings as spesifieke plaaspraktyk.
Slegs tussen-ry-rip:
Tussenry-tandem-skeurploegbewerking
(700 mm - 750 mm diep) met platskare soos vir rip-op-ry. Plant op
vorige jaar se rip-op-ryrye.
Verminderde bewerking:
Slegs sekondêre bewerkings (rolmoer,
V-lem of rolstaafskoffel). Plant op vorige seisoen se mielierye.
Bemesting:
Toediening van geen bemesting of 100 kg ureum/ha
of 200 kg KAN/ha in Oktober op mieliepersele gevolg deur be-
werking met rolstaafskoffel met penne of vlak skoffelbewerking.
AGRONOMIESE PRAKTYKE MET PLANT EN DAARNA
Perseelgrootte:
6,35 m - 8,1 m (ses tot agt rye x 0,9 m - 1,5 m
rywydtes [tremlyne]) x 50 m - 400 m-lengte.
Kultivars:
Glifosaat-weerstandige kultivars. Plantdigtheid: Mielies
18 000 plante/ha - 24 000 plante/ha en sojabone 250 000 plante/ha
- 300 000 plante/ha.
Plantaksie:
Plant alle bewerkingsbehandelings met John Deere
planter sonder penne, maar met kouters. Plantdatum is funksie
van reënval met plantvenster van 10 November tot 15 Desember.
Bemesting met plant (varieer volgens plaaspraktyke):
Mielies
Gebandplaas:
200 kg 15:10:6 (32) + Zn + B/ha of 250 kg 15:8:4
(27)/ha
.
Kantbemesting
: 100 kg ureum/ha vier weke na-plant met ‘n vlak
skoffelbewerking of vloeibare 300 kg 10:1:2 (20)/ha vyf weke na-
plant met ‘n skoffelbewerking. Vir die verminderde bewerkings-
persele is die skoffels gelig.
Sojabone
Gebandplaas:
100 kg 15:10:6 (32) + Zn + B/ha of 100 kg 4:2:1
(28)/ha of 100 kg 1:1:1 (29)/ha.
Voersorghum
Gebandplaas:
100 kg 15:10:6 (32) + Zn + B/ha.
Onkruid- en plaagbeheer (varieer volgens plaaspraktyke):
Mielies
Na-plant (voor-opkoms):
Atrasien, asetochloor, piretroïede of
glifosaat, s-metolachoor, lambda-sihalotrin of glifosaat, triasien
+ s-metolachoor, s-metolachoor, lambda-sihalotrin.
Na kantbemesting:
Atrasien, asetochloor, piretroïede.
Sojabone
Met plant:
S-metolachlor, glifosaat, chlorimuron etiel, mesotrioon
of glifosaat, s-metolachoor, lambda-sihalotrin of glifosaat,
triasien + s-metolachoor, s-metolachoor, lambda-sihalotrin.
Nege tot tien weke na-plant:
Lambda-sihalotrin.
Voersorghum
Met plant:
Saad behandel met fluxofenim, s-metolachoor.
Oesdatumfunksie van klimaatstoestande:
April tot begin Julie.
Stelsel van beheerde spoorverkeer toegepas tydens alle imple-
mentverkeer.
TABEL 1: AGRONOMIESE PRAKTYKE OP WISSELBOUPROEWE.