

6
7
Grafiek 6: Mielie-opbrengste in 2015/2016 op Springboklaagte as funksie
van wisselbou en bewerking (mielies na sojabone onder rip-op-ry; mielies
na sojabone onder verminderde bewerking).
MRORSJ - mielies rip-op-ry sojabone
MVBSJ - mielies verminderde bewerking sojabone
MRORVS - mielies rip-op-ry voersorghum
MVBVS - mielies verminderde bewerking voersorghum
MRORM - mielies rip-op-ry mielies
MVBM - mielies verminderde bewerking mielies
KBV = kleinste betekenisvolle verskil
Grafiek 7: Anorganiese grond-N as funksie van produksiepraktyk.
95
rybewerking. Die gevolglike nawerking hiervan kan nie uitgesluit
word nie – veral op die verminderde bewerkingspersele.
Op Sanniesrus was die proefperseel vir 15 jaar onder ‘n grasrus-
oesstelsel. Die uitsonderlike hoë opbrengste kan heel waarskynlik
toegeskryf word aan die gunstige grondtoestande wat deur die
grasstand geskep is.
Gedurende die 2013/2014- en 2014/2015-seisoene het droë perio-
des gedurende die groei van die gewasse voorgekom en tydelike
verwelking op veral verminderde bewerking-mielies gewys.
Sojabone is veral deur droogteperiodes tydens saadset geraak – wat
opbrengste verlaag het.
Met die lae reënval van 2015/2016 was dit ‘n goeie besluit om nie
te plant nie. Hierdie studie het weer eens die feit dat die verspreiding
van reënval op sandgronde met hul lae waterhouvermoë belangri-
ker is as die totale hoeveelheid reënval, bevestig. Dit is veral waar
in droë jare waar die bydrae vanaf ‘n watertafel tot die totale
grondwatervoorraad afwesig is.