Background Image
Previous Page  90 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

88

OP PLAASVLAK

Noordwes-Vrystaat / Bewerkingspraktyke

Bewaringslandbou

Navorsing op watertafel-sandgronde

van die Noordwes-Vrystaat

D

ie semi-ariede sandgronde van die Noordwes-Vrystaat

het ontwikkel uit Eoliese moedermateriaal en is sowat

1,8 miljoen tot 5 miljoen jaar gelede afgesit op ‘n paleo-

oppervlak wat bestaan het uit swak gedreineerde kleie-

rige verweringsprodukte van doleriet, moddersteen, kalkreet en

skalie. Die vernaamste kenmerke van hierdie sandgronde wat

aangespreek moet word wat suksesvolle ontginning en bewaring

betref, is winderosie, gevoeligheid vir verdigting, lae waterstoor-

vermoë van die bogrond, inherente lae voedingstatus en lae orga-

niese materiaalinhoud.

Die vermoë van die ondergrond om ‘n tydelike watertafel te vorm

bokant die paleolaag asook die vinnige waterinfiltrasie deur die

bogrond, skep ‘n waterreservoir wat verantwoordelik is vir die sta-

biele opbrengste in hierdie wisselvallige reënvalgebied. Geskied-

kundig is koring op tot 50% van die bewerkte oppervlak in die

middel en westelike dele van die streek verbou en grondbone tot

15% in die noordelike gedeelte.

Die voordeel van koring en mielies is gedemonstreer in verbeterde

opbrengste. Koring se gewildheid het afgeneem met die voorkoms

van swak herfs- en/of vroeë somerreëns gedurende die 1960’s tot

vroeë sewentigs.

Grondbone het goed in wisselbou met

mielies presteer, maar die onbedekte

oppervlak wat na die oes van die bone

agtergelaat is, het soms ernstige winderosie

tot gevolg gehad. Met die suksesvolle

toepassing van ‘n stoppeldeklaag en skeur-

ploegbewerking (rip-op-ry) op mielies

deur Koch (1974), het die toepassing van

spoorverkeer met ‘n stoppeldeklaag wyd

inslag gevind en het grondbone weens die

erosieprobleem minder gewild geraak.

Wat eers as ‘n potensiële woestyn gesien is,

het in die opvolgende tien jaar een van die

mees konstante mielieproduserende gebie-

de in Suid-Afrika geword. Die voordele wat

in wisselboustelsels opgesluit lê, het egter

agterweë geraak as gevolg van die gebrek

aan geskikte alternatiewe en ekonomies-

aanvaarbare gewasse.

Met die implementering van die beginsels

van bewaringslandbou in Suid-Afrika, asook

die afname in winsgewendheid en toename

in produksierisiko’s by monokultuur-graan-

verbouing in die 1990’s, het nuwe belang-

stelling in wisselboustelsels ontwikkel

(Nel, 2005). Bennie

et al.

(1995) met ‘n

koring/mieliewisselbou, Gentry

et al.

(2001),

Varvel en Wilhelm (2003), asook Loubser

en Nel (2004) met mielie/sojawisselbou het almal voordelige mielie-

opbrengste bewys.

Liebenberg (2012) het bevind dat die verhoogde mielieopbrengs

nie net aan meer beskikbare stikstof (N) toegeskryf kan word

nie, maar ook aan verhoogde mikrobiologiese aktiwiteit, asook

verminderde wortelsiektes en plae wat die omvang en effektiwiteit

van die wortelstelsel verbeter het.

Die Sandgrondontwikkelingskomitee (SOK) is in 2010 gestig om

bewerkingspraktyke wat volhoubare en winsgewende mieliever-

bouing op sandgronde met vlak watertafels onder relatiewe lae

en wisselvallige reënval sou verseker, te toets. Befondsing is deur

die Mielietrust op ‘n jaarlikse basis bewillig vir dié doel.

Lede van die SOK in die Noordwes-Vrystaat het besluit om wissel-

boustelsels te toets wat meer gewasdiversifikasie sou meebring,

met gepaardgaande beter onkruid- en plaagbeheer, beter benut-

ting van voedingstowwe en water op verskillende dieptes, asook

verhoogde mikrobiologiese populasies, diversiteit en aktiwiteit met

die oog op die verbetering van grondgesondheid.

DR DANIE BEUKES,

onafhanklike grondkundige en

CAREL KOCH,

onafhanklike landboukundige

Deel 3: Agtergrond en proefbehandelings: Wisselboustelsels en bewerking

‘n Goeie stand wisselbougewasse (mielies, sojabone en voersorghum) in

Februarie 2015 op Springboklaagte.