Background Image
Previous Page  87 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 116 Next Page
Page Background

85

October 2017

dit moeilik is om die toestande vir ‘n goeie reaksie te voorspel. Die

optimale toedieningstyd vir sojabone is net voor aanvang van die

reproduktiewe (R1) groeifase.

Hier word verwys na V(N) (BBCH 29-39) wat die laat vegetatiewe (na

V3) groeistadium is. Wanneer die sojaboon begin met peulset en

graanvul, word alle energie (fotosintaat) na die peule gekanaliseer,

wat daartoe aanleiding kan gee dat die wortelstelsel benadeel word

en dat daar nie voldoende voedingstowwe uit die grond opgeneem

word nie.

Koring se opbrengskomponente (are, blompakkies per aar en

blommetjies per blompakkie = pitte/m

2

) word gedurende die

stoelstadium (BBCH 20-29) geïnisieer. Produkte wat die pro-

sesse bevorder, kan opbrengs bevorder. Koringgehalte, veral

proteïeninhoud, kan ook bevorder word deur die toediening

van blaarvoeding vanaf die laat pyp- tot vroeë melkdeegstadium

(BBCH 37-75).

Omgewing

Lig, temperatuur, humiditeit en wind

Plante wat onder Suid-Afrikaanse toestande verbou word, word

blootgestel aan hoë ligintensiteite en hoë somerdagtemperature,

wat dikker was en kutikulêre lae tot gevolg het en gevolglik

voedingstofopname negatief beïnvloed.

Effektiewe blaarvoedingopname vind gedurende die vroeë oggend

en laat middag plaas wanneer verdamping vanaf die blaaropper-

vlak stadig is. ‘n Hoë relatiewe humiditeit en afwesigheid van

wind bevorder kontaktyd tussen die toegediende blaarvoeding en

blaaroppervlakte, gevolglik word 'n hoër effektiwiteit verkry.

Chemies

Blaarvoedingstowe bestaan uit ‘n verskeidenheid elemente wat

verskil in chemiese samestelling, opname en beweeglikheid in

plante (

Tabel 1

).

Bevorderingsmiddels (byvoorbeeld kontakmiddels, benatters, akti-

veerders en buffermiddels) kan ook ingespan word om die opname

en effektiwiteit van blaarvoeding te verhoog. Hier speel water-

gehalte ook ‘n groot rol, wat nie geïgnoreer kan word nie. Let veral op

die bron van die water, byvoorbeeld damwater wat slik en klei bevat

of boorgatwater wat byvoorbeeld ‘n hoë pH-waarde het. Onsuiwer-

hede kan voedingstofopname inhibeer of lei tot presipitasie in

spuittenks.

Bestuurspraktyke

Blaarvoedingsoplossings word teen lae konsentrasies (≤ 2%), met

die uitsondering van byvoorbeeld ureum (≈ 5%) toegedien. Waar

meer as een voedingstof toegedien word, mag dit wees dat die

individuele toedieningspeil verlaag moet word.

Oorskryding van hierdie riglyn kan tot gewasskade (blaarbrand)

aanleiding gee. “Blaarbrand/-skroei” kan herlei word na die sout-

indeks van verskillende produkte, waar die soutindeks van by-

voorbeeld ureum (1,62 per eenheid voedingstof) baie laer is as dié

van ammoniumsulfaat (3,25) en die risiko van blaarbrand verlaag.

Deeglike benatting van die blaaroppervlak is van uiterste belang en

word onder andere bepaal deur die draervolume en druk waarteen

die oplossing toegedien word. Deur blaarvoeding gedurende koeler

periodes (vroeë oggend en namiddag) van die dag toe te dien, word

hoë temperature, wat bevorderlik is vir verdamping, vermy. Gevolglik

is die middels vir langer periodes op die blare in oplossing en word

opname bevorder.

Ongelukkig word produsente die afgelope dekade ál meer met

aanbevelings waartydens blaarvoedingstowwe en onkruid- en/of

plaagbeheermiddels gesamentlik, sogenaamde

cocktails

, toege-

dien word, gekonfronteer. Onder sekere omgewingstoestande mag

gewasskade ervaar word as gevolg van antagonistiese of siner-

gistiese wisselwerking tussen chemikalieë. Produsente word daarom

versoek om hulself te vergewis van die etiket-inligting of om gebruik

te maak van gerespekteerde landboukundige advies.

Bronne

Anonymous, 2008.

Growth stages of mono- and dicotyledonous plants

. Edited by

U. Meier. German Federal Biological Research Centre for Agriculture and Forestry.

(

https://www.politicheagricole.it/flex/AppData/WebLive/.../BBCHengl2001.pdf

).

Fageria, NK, Barbosa Filho, MP, Moreira, A en Guimaraes, CM. 2009.

Foliar

fertilization of crop plants

. Journal of plant nutrition, 32: 1 044 - 1 064.

Fernandez, V, Sotiropoulos, T en Brown, P. 2013.

Foliar fertilization – scientific

principles and field practices

. International Fertilizer Industry Association: Paris,

France.

Marschner, H. 1995.

Mineral nutrition of higher plants

. Paston Press Ltd: London.

VOEDINGSTOF

ALGEMENE VERBINDINGS OPNAME-TEMPO 50% OPNAME-TEMPO

BEWEEGLIKHEID IN

PLANTE

Makro-element

Stikstof (N)

(NH

4

)

2

SO

4

, NH

4

NO

3

, ureum

– CO(NH

2

)

2

Vinnig

30 min - 2 uur

Hoog

Fosfor (P)

NH

4

H

2

PO

4

, KH

2

PO

4

,

Ca(H

2

PO

4

)

2

, H

3

PO

4

Matig

4 - 8 dae

Hoog

Kalium (K)

K

2

SO

4

, KCl, KNO

3

, K

2

CO

3

,

KH

2

PO

4

Vinnig

8 - 24 uur

Hoog

Kalsium (Ca)

CaCl

2

, CaSO

4

, Ca-propion-

aat, Ca-asetaat

Matig

1 - 2 dae

Swak (immobiel)

Magnesium (Mg)

MgSO

4

, MgCl

2

, Mg(NO

3

)

2

Stadig

2 - 6 uur

Gedeeltelik

Swael (S)

MgSO

4

Stadig

2 - 6 uur

Gedeeltelik/swak

Mikro-element

Sink (Zn)

ZnSO

4

, Zn(II)-chelaat, ZnCl

2

,

ZnO, Zn-organiese kom-

plekse

Vinnig

8 - 24 uur

Gedeeltelik

Yster (Fe)

FeSO

4

, Fe(II)-chelaat, Fe-

komplekse

Stadig

8 - 16 dae

Gedeeltelik

Mangaan (Mn)

MnSO

4

,MnCl

2

, MnO, Mn(II)-

chelaat

Matig

1 - 2 dae

Gedeeltelik

Boor (B)

Boorsuur (B(OH)

3

), Boraks

(Na

2

B

4

O

7

), Na-oktoboraat

(Na

2

B

8

O

13

)

Matig

1 - 2 dae

Gedeeltelik

Koper (Cu)

CuSO

4

, CuCl

2

, CuO, Cu(II)-

chelaat

Stadig

2 - 5 dae

Gedeeltelik

Molibdeen (Mo)

Na

2

MoO

4

, (NH

4

)

6

Mo

7

O

24

,

H

2

MoO

24

Stadig

8 - 16 dae

Gedeeltelik

TABEL 1: ALGEMENE SAMEVATTING VAN VOEDINGSTOWWE, VERBINDINGS, OPNAMETEMPO EN BEWEEGLIKHEID IN PLANTE.