Background Image
Previous Page  86 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 116 Next Page
Page Background

‘n

Gebalanseerde bemestingsprogram wat die instandhou-

ding en opbou van grondvrugbaarheid as basis gebruik,

is krities vir enige volhoubare gewasproduksiestelsel.

Bykomend kan blaarvoeding ‘n rol in die optimalisering

va gewasproduksie speel.

Waarnemings op die internasionale front oor die invloed van

blaarvoeding op plantegroei die afgelope 200 jaar is deeglik

aangeteken. Belangstelling in blaarvoeding het algaande (die

afgelope 70 jaar) toegeneem as gevolg van ‘n toename in die koste

van grondtoegediende bemestingstowwe, toenemende druk op

volhoubare gewasproduksie en ‘n beter begrip van gewasgroei

en -bestuur.

Aanvanklik is blaartoedienings gebruik om mikro-elemente toe te

dien, maar mettertyd het makro-elemente ook onder die loep ge-

kom en word dit algemeen (die afgelope 40 jaar) deur blaarvoeding

toegedien.

Wanneer is blaarvoeding geregverdig?

Wanneer tekortsimptome op plante waargeneem word;

grondtoestande (chemies of fisies) die beskikbaarheid van voe-

dingstowwe (inherent in die grond of toegedien) beperk;

plantontledings tekorte aandui; of

plantreaksies geoptimaliseer word.

Laasgenoemde sluit in:

Tye van eksponensiële groei, wanneer omgewingstoestande en

beskikbare voedingstowwe uit die grond nie aan die plant se

behoefte kan voorsien nie;

spesifieke groeistadiums waartydens die opbrengskomponente

vasgelê word; en

groeistadiums waar die gehalte van graan verbeter kan word.

Gevolglik ontstaan die vraag: “Wat neem ‘n plant werklik deur sy

blare op?” Die antwoord hierop is nie so eenvoudig nie.

Plante neem voedingstowwe primêr deur plantwortels op. Blare

is hoofsaaklik verantwoordelik vir fotosintese, maar bied ook ‘n

toegangspunt vir voedingstofopname tesame met ander bogrondse

plantdele soos stamme, vrugte en geslagsorgane.

Vir die doel van die artikel sal daar hoofsaaklik na blaarvoeding

van akkerbougewasse verwys word. Die toediening van blaarvoeding

en die gewas se uiteindelike reaksie daarop word deur prosesse

soos blaarkontak (adsorpsie), penetrasie van die kutikula (was en

lamellae), blaaropname en inkorporering van die voedingstowwe

in metabolies-aktiewe dele van die blaar, vervoer vanuit die blaar

tot die uiteindelike benutting van die produkte op of in teikenge-

biede, bepaal.

Opname deur blare

Voedingstofopname geskied deur beide blaaroppervlakte en

huidmondjies (stomata). Huidmondjies is verantwoordelik vir gas-

wisseling (CO

2

, O

2

,

SO

2

, NH

3

en NO

2

) sowel as transpirasiebeheer

van die plant.

Huidmondjies kom hoofsaaklik op die onderkant (abaksiaal) van

blare, maar by sommige plantspesies (byvoorbeeld mielies en

sojabone) ook op die bokant (adaksiaal) voor. Die getal/digtheid van

huidmondjies wissel na gelang van die plantspesie, voedingstofte-

korte en heersende omgewingstoestande. Huidmondjies en hul rol

in blaarvoeding is steeds ‘n punt van kontroversie en daarom fokus

ons op die rol van die blaaroppervlakte.

Die blaaroppervlakte bestaan (binne na buite) uit die epidermale

wand (een sellaag dik) wat bedek word deur ‘n dik kutienagtige

laag bestaande uit kutien, was, pektien en sellulose, gevolg deur ‘n

kutienlaag en laastens die kutikulêre was.

Dié komplekse samestelling voorkom die verlies van water uit die

blaaroppervlak, asook die loging van voedingstowwe uit die blaar

deur reën onder droëlandtoestande en reën of besproeiing onder

besproeiingstoestande. Hierdie lae is hoofsaaklik hidrofobies

(waterwerend).

Toegang vir voedingstowwe tot die blaar geskied deur hidrofiliese

porieë (deursnit <1 nm) in die blaarkutikula, waarvan daar ongeveer

10

10

cm

-2

voorkom. Die porieë is deurlaatbaar vir oplossings

soos ureum (0,11 nm), maar molekules waarvan die deursnee

dié van die porieë oorskry, is nie deurlaatbaar soos in die geval

van sommige sintetiese chelate (FeEDTA) nie. Die porieë is meer

gekonsentreerd om die sluitselle van die huidmondjies en daarom is

daar ‘n direkte verhouding tussen huidmondjiegetal en opname van

voedingstowwe.

Voedingstowwe (organies of anorganies) word as katione, anione

en molekules opgeneem, wat varieer in lading en grootte wat ‘n

bepalende rol in opname speel. Dié opname en doeltreffendheid

word deur verskeie faktore wat in ag geneem moet word, beïnvloed.

Dit behels: Biologiese-, omgewings-, chemiese- en bestuursaspekte.

Biologies

Plantspesies verskil in hul vermoë om voedingstowwe op te neem.

Hierdie verskille is nie net beperk tot plantspesies nie, maar kulti-

varverskille speel ook 'n rol.

Die opname en doeltreffendheid van blaarvoeding word verder

beïnvloed deur die blaaroppervlak. Opname van voedingstowwe

deur die onderkant van blare is vinniger as dié van die bokant. Verder

is die opname deur jong blare vinniger as dié van ouer blare.

Blootstelling van ouer blare aan die omgewing (straling, temperatuur

en wind) het dikker was- en kutikula-lae tot gevolg, wat opname

kan beperk. Daar moet egter gewaak word teen “blaarbrand” by

jong blare wat bespuit word met hoë konsentrasies blaarvoeding,

aangesien die blare se was en kutikula-lae dun is.

Met die uitsondering van enkele gevalle is die opname van voe-

dingstowwe deur plante wat voedingstoftekorte ondervind, hoër

as dié van plante wat ‘n optimale voedingstatus besit.

Gewasgroeistadium speel ‘n kritiese rol in die doeltreffende bestuur

van blaarvoeding. By mielies kan die aanleg van opbrengskompo-

nente (getal koppe, rye per kop en sade per ry) tydens die vier-

tot agtblaar-groeistadiums (BBCH 14-18) bevorder word. Hierdie

groeistadiums is die begin van die eksponensiële groeistadium

van mielies, waartydens groot hoeveelhede voedingstowwe op-

geneem word. Sojaboonreaksie op blaarvoeding is wisselvallig,

tog word drastiese opbrengsverhogings waargeneem, alhoewel

Oktober 2017

84

OP PLAASVLAK

Wat neem ‘n plant werklik

deur sy blare op?

Voedingstowwe / Opnametempo / Beweeglikheid

Bemesting

GERT CERONIO,

senior lektor: Grond-, Gewas- en Klimaatwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat