Background Image
Previous Page  56 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

54

‘n Blik op onkruidbeheer

in die Wes-Kaap

D

ie verbouing van kleingraan in die Wes-Kaap het ‘n

ryke geskiedenis, wat vele wendings in die praktyke

verbonde aan verbouing deurgemaak het. Die laaste

noemenswaardige wending het aan die begin van die

eeu plaasgevind, waar die fokus vir die eerste maal ernstig verskuif

het na verminderde of geenbewerking (

no-till

).

Een van die grootste katalisators van laasgenoemde was die

vermoë van die nuwe verminderde bewerkingsaaitoerusting (beter

bekend as tandplanters) waarmee voor-opkomsonkruiddoders

effektief toegedien kon word. Die effektiwiteit waarmee hierdie

onkruiddoders korte mette van veral weerstandbiedende raaigras

gemaak het, was nie net ‘n revolusie nie, maar ook ‘n reddingsboei

vir ‘n groot aantal desperate graanprodusente.

Effektiewe onkruidbeheer is van kardinale belang in die volhou-

baarheid van graanproduksie in die Wes-Kaap. Die oënskynlike

afname in gemiddelde reënval per jaar het hierdie onderwerp op

die spits gedryf – vir die eenvoudige rede dat die beperkte vog-

reserwes 100% vir die graan beskikbaar moet wees en nie met

onkruid gedeel kan word nie. In die strewe na suksesvolle beheer

moet daar gefokus word op drastiese vermindering of totale uitwis-

sing van onkruidsaad – en veral weerstandbiedende onkruidsaad.

Die dilemma

Oor die afgelope 20 jaar het dit duidelik geword dat chemiese

onkruidbeheer in isolasie nie voldoende is om effektiewe beheer

te verseker nie. Die grootste rede hiervoor is onkruid se opbou

van weerstand teen selektiewe onkruiddoders. Vir alle praktiese

doeleindes is weerstandbiedendheid ‘n onafwendbare situasie,

gegewe dat daar genoeg tyd is. By sommige produsente gaan dit

net gouer as by ander plaasvind – afhangende van die effektiwiteit

van die individu se onkruidbestrydingsprogram.

Weerstand begin opbou wanneer plante aan die doders blootge-

stel word, maar nie vrek nie. Die volgende faktore versnel die

opbou van weerstand: Verlaagde dosisse, foutiewe kalibrasie van

spuittoerusting, foutiewe of verwaarloosde spuittoerusting, swak

waterkwaliteit en pH-wanbalanse in die grond.

Ongunstige aanwendingstoestande waaronder die volgende, het

ook ‘n geweldige negatiewe inpak: Ongunstige omgewingstempera-

tuur, té sterk wind, droë stowwerige toestande, té veel dou op

plante, stremming as gevolg van rypskade en droogtestremming.

Spuitstofdrif bo-oor onkruid op kontoere, langs kampdrade en

paaie kan potensieel die grootste risiko inhou vir die opbou van

weerstand. Gegewe hierdie lang lys van faktore wat die werking van

onkruiddoders nadelig beïnvloed, is dit onafwendbaar dat sekere

plante blootgestel gaan word aan doders, maar nie sal vrek nie.

Suksesvolle onkruidbeheer

Die sleutel tot suksesvolle beheer lê opgesluit in ‘n fyn-uitgewerkte

bestrydingsprogram, waarin chemie nog steeds 90% van die werk

kan doen. In die strewe na totale uitwissing van onkruidsaad, sal

ander hulpmiddels as chemie egter ingespan moet word om die

stryd te wen.

Wat hierna volg, is vir alle praktiese doeleindes ‘n holistiese oorsig

oor metodes van onkruidbestryding en nie noodwendig weten-

skaplik-gesteunde of getoetste afleidings nie.

Wisselbou is ‘n noodsaaklike komponent in die stryd teen onkruid.

Dit bied die geleentheid om chemie vanuit verskillende groepe in

rotasie aan te wend – wat van kardinale belang is om die opbou

van weerstand te strem. Verder is dit essensieel om geen grassade

na die koringjaar oor te dra nie. Breëblaaronkruide kan nog tot ‘n

mate binne koring beheer word, maar tekens van weerstand is al

teenwoordig. Langer rotasies, soos byvoorbeeld koring/medics/

kanola, mag nodig wees om grasse behoorlik uit te roei.

‘n Algemene fout wat heelwat produsente begaan, is om grasse nie

vroeg genoeg op byvoorbeeld medics te spuit nie. Grasse in die

vroeë stadium van die weidingsgewas word gewaardeer as “kos”

vir die vee. Die realiteit is dat die grasse eintlik ernstig teen die

medics kompeteer vir beskikbare vog. Sodra die grasse vernietig

word, floreer die medics wat “kos” sal voorsien en ook verdere

onkruidontwikkeling sal onderdruk.

Voor-saaibestryding met nie-selektiewe middels, soos byvoorbeeld

Roundup (glifosaat), is uiters belangrik om die onkruidsaadbank te

verminder. Dit kan egter net effektief in Maart en April toegepas

word, met vroeë reën wat saadontkieming stimuleer en waarna

die plante dan dood gespuit kan word.

Maksimum ontkieming kan bevorder word deur lande in Januarie

of Februarie met ‘n swaar sleepyster te sleep. Met drie uit die afge-

lope vyf seisoene wat droog begin het, was produsente werklik op

die agtervoet wat vroeë onkruiduitwissing betref. Stoppellande met

‘n geskiedenis van erge raaigraspopulasie en wat weer gesaai gaan

word, sal ongelukkig gebrand moet word sou vroeë reën wegbly.

Voor-opkomsdoders soos Trifluralin en Avedex is die volgende

wapen in die arsenaal wat net voor-plant of op die planter self toe-

gedien kan word. Die beste werking word verkry waar die gifstof in

die plantproses deeglik met ‘n lagie grond bedek word. Tandplanters

is uiters geskik vir dié doel.

Oormatige materiaalbedekking kan hierdie metode van bestryding

nadelig beïnvloed, omdat die gifstof op die wortelpunte van die

plant inwerk. Skade aan graanplante is ook ‘n bedreiging – veral as

behandelde grond in aanraking kom of te na aan die saailing beland.

Dubbel-rysaadplasers is vir twee redes nie so geskik waar dit

gekombineer word met voor-opkomsdoders nie. Eerstens word

die saad bitter naby aan die behandelde grond geplaas – wat die

risiko van skade verhoog en tweedens genereer die dubbel-

rysaadplaser ‘n wyer baan wat onbehandel is en waarin raaigras

kan floreer. Ander faktore wat die werking en intensiteit van skade

nadelig beïnvloed, is droogtetoestande met en na plant en harde

reën wat behandelde grond terug in die plantvoor was net ná plant.

Verder is daar nou na saai, maar steeds voor-opkomsonkruiddoders

waarvan Diflan, Sakura en Boxer/Wrestler ‘n paar voorbeelde is, wat

die tweede en derde rondte-ontkieming van raaigras kan beheer.

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

GIDEON SCHREUDER,

besturende direkteur, Equalizer