Background Image
Previous Page  53 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

Gids deel inligting oor

koringkultivars

S

ensako is ‘n bekende handelsmerk in die saadbedryf en ‘n

eg Suid-Afrikaanse maatskappy. Die saadmaatskappy fo-

kus op die ontwikkeling van verbeterde kultivars met hoë

opbrengsvlakke, goeie kwaliteitseienskappe en weerstand

teen heersende plantsiektes vir die plaaslike mark met die doel

om produsente winsgewend te hou.

Skakeling met instansies wêreldwyd vind plaas om die nuutste

weerstandsgene teen die heersende en verwagte siektes wat in

kultivarontwikkeling gebruik word, te bekom. Voordele vir die

produsent sluit in laer siektebeheerkostes, verlengde rakleeftyd

van kultivars en verlaagde risiko van verbouing. Kultivarkeuse wat

by elke produksiestelsel se unieke vereistes inpas, is die eerste stap

in die beplanningsproses. Sensako se

Kultivargids vir die winter-

reënvalgebied

deel inligting van die kultivarreeks wat agronomiese

eienskappe, opbrengsresultate en siekteweerstand aandui. Ons

produkte sluit in die staatmaker SST koring-, SSR rog- en SSH

hawerkultivars vir weiding, baal en graan.Kliëntetevredenheid en

-vertroue in bestaande produkreekse van Sensako is oor menige

seisoene heen opgebou en dit is sprekend van die opbrengspoten-

siaal en stabiliteit van die kultivars, asook uitstekende graankwaliteit.

Die Sensako kultivars vorm deel van die LNR-Nasionale Kulti-

varevaluasieprogram en die resultate word jaarliks gepubliseer. Alle

koringlyne word in

performance trials

(PT)-proewe oor lokaliteite

heen getoets vir opbrengsprestasie. Sensako stel net kultivars

wat getoets is vir opbrengs en stabiliteit oor omgewings/pro-

duksiegebiede heen, vry. Die gebruik van

marker assisted selection

(MAS) via CENGEN op Worcester en Sensako se DH laboratorium op

Napier word ingespan om belowende lyne vinniger te identifiseer

om sodoende kultivars met hoë opbrengs en beter siekteweerstand

vinniger vry te stel.

Buiten die uitstekende koringkultivarpakket wat steeds beskikbaar is

en wyd aangeplant word, is daar steeds die strewe na verbeterde

kultivars vir die produsent. SST 0166 is volgende jaar vir die eerste

keer kommersieel beskikbaar, alhoewel met beperkte voorraad.

Die kultivar is hierdie seisoen in die nasionale kultivarproewe

ingesluit en het die afgelope seisoene uitstaande in Sensako se

opbrengsproewe presteer.

Sensako kultivars het hulself herhaaldelik as staatmakers onder

wye produksietoestande bewys – ons bly die beste keuse.

DRIECUS LESCH,

Sensako Napier

Skandeer die QR-kode vir meer in-

ligting oor die LNR-Nasionale Kul-

tivarevaluasieprogram se resultate

wat jaarliks gepubliseer word.