Background Image
Previous Page  52 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

Dr Ronel Hendriks

Plaaslike sprekers was dr Ronel Hendriks (Advanced Biological

Marketing), wat oor nog ‘n voordelige mikrobe, trichoderma, gepraat

het en ook resultate bespreek het.

Trichoderma is ‘n swam wat natuurlik in grond voorkom, waarvan

99% vrylewende en 1% endofitiese stamme is. Laasgenoemde

infekteer die plant en het ‘n effek binne-in die plant – veral in

plantvoeding, wortelontwikkeling en plantgesondheid. Die vry-

lewende stamme speel veral ‘n rol in grondgesondheid. Die

simbiotiese verhouding tussen plante en trichoderma is voordelig

vir beide.

Die voordele van endofitiese trichoderma is die volgende:

Verhoog voedingsgebruiksdoeltreffendheid;

dit het ‘n lewenslange interaksie met plante; en

skakel gene in plante aan wat die volgende doen:

Verhoog benutting van voedingstowwe;

stresweerstand;

siekteweerstand;

opbrengs; en

kwaliteit van finale produk.

André Fourie

Mnr André Fourie (landbou-ekonoom van Bredasdorp) het ge-

praat oor die rol van skape in stelsels en of dit nog ekonomies

verantwoordbaar is. Volgens hom is die groot vraag: Hoe boer

ek met vee tot voordeel van kontantgewasse, of hoe boer ek met

kontantgewasse tot voordeel van vee?

Sy doeltreffendheidsnorme vir die Overberg-streek is die volgende:

Kg graan per mm reën per hektaar is tussen 7 en 16

Saai:wei-verhouding

is 50:50.

Kg

melk:kg

voer is 1,2.

Drakrag is 5 KVE/ha weiding.

Skape

bemark:teelooie

is 1,15.

Wol

bemark:ha-weiding

is 28.

Grenswaardes is belangrik.

Graan se netto bruto inkomste (NBI) die afgelope vyf jaar was

R3 700/ha en vir skape R2 300/ha en vir die huidige jaar was dit

R3 000 en R2 450.

Sakkie Rust

Die konferensiedag is afgesluit met ‘n praatjie deur ‘n produsent

uit die Swartland, mnr Sakkie Rust, wat deelnemers met sy reis van

konvensionele bewerking tot by bewaringslandbou vermaak het.

Rust boer in die Tulbagh en Riebeeck-Wes-omgewing. Hy het

onlangs opgehou met brand (vir raaigrasbeheer) en sy gewasse

lyk uitstekend. Hy het ook gesien hoe goed dekgewasse in die

Riversdal-omgewing op klipperige gronde werk – wat hom geweldig

geïnteresseer het. Hy het besef hy sal sy hele stelsel moet verander

en begin deur sy grond te verbeter. Sy vee-integrasie (met beeste)

en wisselboustelsel het ‘n bydrae gelewer om grondgesondheid

te verbeter. Hy kry ook bevredigende grondbedekking en opkoms

deur van ‘n skyfplanter gebruik te maak. Sy gewasrotasie bestaan

uit kanola, koring, fababone, hawer en dekgewasse.

Praktiese dag op Langgewens

Die praktiese dag is op Langgewens, navorsingsplaas van die

Wes-Kaapse Departement van Landbou, aangebied. Tydens die

dag het dr Taheri vooraf ‘n lesing oor die belang van diversiteit in

produksiestelsels gegee.

Dit was ‘n uiters insiggewende praatjie – wat ‘n mens opnuut laat

dink het oor wat plaaslik ten opsigte van bewaringslandbou gedoen

word. Verder was daar verskeie planters wat besigtig kon word

en die vervaardigers was byderhand om die tegniese aspekte vir

kongresgangers te verduidelik.

Tydens die veldbesoek is verskeie praktiese aspekte van dekgewas-

se, diversiteit, kanola-ontkieming en die impak van raaigras op

graanproduksie in die proefpersele besigtig en bespreek.

Webwerf

Al die praatjies is opgeneem en sal binnekort op die vereniging se

webwerf (

www.blwk.co.za )

verskyn. Vorige konferensies se praatjies,

asook die maandelikse nuusbrief, is op die webwerf beskikbaar.

Bewaringslandbouweek

Agtergrond

Die Vereniging van Bewaringslandbou in die Wes-Kaap,

oftewel BLWK, is in 2011 gestig met die oogmerk om

die beoefening van bewaringslandboupraktyke te

bevorder. ‘n Verdere oogmerk is ook om produsente,

navorsers en die verwante bedrywe byeen te bring

om kennis te deel. Die eerste bewaringslandbouweek

is in 2012 gehou en in 2017 is die vyfde jaarlikse konfe-

rensie gehou.