Background Image
Previous Page  51 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 116 Next Page
Page Background

Bewaringslandbouweek gehou

I

n Augustus vanjaar is die Vereniging van Bewaringslandbou

in die Wes-Kaap se bewaringslandbouweek gehou – wat bestaan

uit ‘n konferensie- en ‘n praktiese dag.

Tydens die konferensiedag (op Elsenburg) word daar gepoog om

internasionale sprekers in te voer om hul kennis en ervaring met

die deelnemers te deel. Plaaslike sprekers maak ook deel uit van die

program en daar word daarby gepoog om plaaslike produsente hul

eie suksesse en uitdagings met bewaringslandbou op hul plase met

kongresgangers te deel. Tydens die praktiese dag (op Langgewens)

word praktiese konsepte besigtig en bespreek.

Hieronder is uittreksels met die kernboodskap van elkeen van die

sprekers.

Dr Ken Flower

Dr Ken Flower (Universiteit van Wes-Australië) doen navorsing

oor die verbetering van geenbewerkingstelsels wat onder andere

onkruidbeheer, gewasvolgordes en toepaslike toerusting insluit.

Wes-Australië bestaan uit 70% gemengde boerdery. Reënval is die

beperkendste faktor en die grond is onvrugbaar en kwesbaar. Skyf-

geenbewerkingsplanters (versus tandplanters) word deur 3% tot

4% van produsente gebruik, maar onkruidbeheer is nie so goed

soos met die tandplanters nie.

Gewasse in rotasie is koring (60%), kanola (12%), gars (6%) en ‘n

peulgewas (6%). Dekgewasse of meerjarige weiding word ook soms

oorweeg. Beheerde spoorverkeer is belangrik en word as een van

die bewaringslandboubeginsels gesien.

Hy het veral klem gelê op die beheer van onkruid na oes en het

verskeie opsies van beheer bespreek. Dit is dan ook iets wat in

ons toestande en omgewing van kardinale belang is en waarna

ons opnuut moet kyk.

Dr Wendy Taheri

Die Amerikaanse spreker, dr Wendy Taheri (TerraNimbus), is ‘n

spesialis op mikorisa. Mikorisa is ‘n groep voordelige swamme

wat in simbiose met 90% van alle plante op aarde leef. Sy het

die belang van hierdie simbiose bespreek en voordele gelys wat

produsente in produksiestelsels geniet as hierdie samewerking

tussen die swam en van die gewasse gekoester word.

Volgens haar is dít redes waarom produsente oor

Arbuscular

mycorrhizal fungi

(AMF) besorg moet wees:

Verbeter grondvrugbaarheid;

verbeter grondstruktuur en grondwaterhouvermoë;

produseer produkte met meer voedingswaarde vir mense en

diere;

vervang skadelike chemikalieë;

elimineer voedingstofafloop en loging;

verhoog plantvoedingstofgebruiksdoeltreffendheid – veral fos-

faat (P);

beskerm plante teen skadelike nematodes, swamme en

bakterieë;

verbeter droogtetoleransie en weerstand teen verbrakking;

meer biomassa = groter opbrengste;

lê koolstof vas in grond; en

bestuiwers (insekte) verkies mikorisa-plante.

49

October 2017

FOKUS

Wintergraanstreek

Spesiale

DR JOHANN STRAUSS,

senior wetenskaplike: Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste, Wes-Kaapse

Departement van Landbou en

DR HENDRIK SMITH,

bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA

1: Dr Johann Strauss, André Fourie,

dr Wendy Taheri, dr Ronel Hendriks,

dr Ken Flower en Sakkie Rust.

2: Dr Wendy Taheri het tydens die praktiese

dag vooraf ‘n lesing gegee oor die belang van

diversiteit in produksiestelsels.

3 tot 6: Tydens die praktiese dag

(op Langgewens) word praktiese

konsepte besigtig en bespreek.

5

2

3

6

4

1