Background Image
Previous Page  64 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

62

Kies só die regte spuitkop

D

ie gebruik van landbouchemiese middels bly een van die

belangrikste aspekte van gewasproduksie in Suid-Afrika.

Ten spyte van die navorsing en kwaliteitsbeheer wat ge-

paard gaan met die vervaardiging van landbouchemiese

middels, word die registrasiehouers van hierdie produkte jaarliks

deur produsente gekonfronteer met klagtes oor “Jou gif wat nie

gewerk het nie”.

Skade as gevolg van wegdrywing van onkruiddoders na sensi-

tiewe naburige gewasse, is ook nie ‘n ongewone verskynsel nie.

Hoewel lugtoediening maklik hiervoor die skuld kan kry, is dit

egter ‘n feit dat daar ook drywingskade as gevolg van grondtoedie-

ning plaasvind.

Om die volle potensiaal van ‘n oesbeskermingsproduk te kan benut,

is daar verskeie faktore wat in plek moet wees, waarvan akkurate

toediening op die teikenarea, op die regte tyd (ten opsigte van beide

die gewas en plaag) en onder geskikte omgewingstoestande sekerlik

die belangrikste is.

Vir die doel van hierdie artikel word vervolgens aandag geskenk aan

die keuse van die korrekte spuitkoppe as ‘n belangrike komponent

van akkurate toediening binne rygewasse.

Die toenemende gebruik van hoogs-tegnologiese hoogloopspuite

het, interessant genoeg, ‘n groot toename in klagtes van oneffek-

tiewe plaagbeheer by landbouchemiese maatskappye tot gevolg

gehad, wat dus ‘n aanduiding is dat hierdie tegnologie nie nood-

wendig korrek aangewend word nie.

Ondersoeke deur verskeie landbouchemiese maatskappye het aan

die lig gebring dat die verkeerde spuitkoppe in ‘n groot persentasie

van die gevalle op die stelsels gebruik is, of alternatiewelik dat

die korrekte spuitkoppe teen verkeerde parameters (byvoorbeeld

spuitdruk) gebruik is.

Die beste plaagdoder sal slegs so goed werk as wat dit toegedien

word en die gebruik van die korrekte snuit vir die tipe toediening

speel ‘n kardinale rol in die effektiwiteit van die plaagdoder.

Dit is belangrik om te besef dat die teiken en gewassituasie die

toedieningsvereistes – en dus keuse van spuitkoppe – voorskryf.

Die feit dat ‘n moderne hoogloopspuit glifosaat teen 30 km/h en

vinniger en ‘n spuitmengselvolume van 50 liter/ha kan toedien,

beteken nie dat dit wel só gedoen moet word nie. Die spuitkoppe

wat saam met die aankoop van die toerusting gekom het, is ook

nie noodwendig geskik vir die tipe toediening wat die produsent in

gedagte het nie.

Faktore wat keuse van spuitkoppe bepaal:

Aard van toediening: Algeheel-breedwerpig of bandtoediening

oor die plantry?

Aksie van die produk: Sistemies of kontak? Produkte met kontak-

aksie vereis as ‘n reël meer bedekking (meer druppels per cm²).

In geval van tenkmengsels moet kontak-aksieprodukte as die

bepalende faktor gesien word. Effektiewe bedekking vir die kon-

tak-aksieproduk sal noodwendig ook effektiewe bedekking vir

die sistemiese komponent beteken. Die teenoorgestelde geld

nie noodwendig nie.

Aard van die teiken: Hoe krities is penetrasie binne die gewas

en hoe maklik sal dit bereik kan word?

Is beperking van druppelwegdrywing van kardinale belang?

Spuitkoppe vir algeheel-breedwerpige

toediening

Die spuitkoppe wat deur jare heen as effektief bewys is vir algehele

toediening, bly steeds dié wat ‘n platwaaier (

flat fan

)-spuitpatroon

lewer. Daar is egter deesdae verskeie tipes van hierdie spuitkoppe

op die mark – met nuwe ingeboude tegnologie – en dit is daarom

belangrik dat die regte keuse gemaak word.

Twee nuttige ontwikkelings in dié verband is die sogenaamde

dubbel-uitlaatwaaier (

twin fan

)-dubbeluitlaatspuitkoppe waar een

spuitkop in twee rigtings uitspuit – wat veral penetrasie in die gewas

in bevoordeel. Die tweede is luginduksie/venturi (

air induction

of AI

)-spuitkoppe waar lug in die spuitkop ingetrek word en met

die spuitmengsel meng en groter druppels lewer – wat help om

wegdrywing te verminder.

Let daarop dat die storie van produksie van luggevulde “borrel-

druppels” deur laasgemelde spuitkoppe nie heeltemal waar is

nie, aangesien baie van die formuleringsbestanddele en byvoeg-

middels hierdie effek negeer. Die optimale aanwendings van

verskillende tipes platwaaierspuitkoppe vir algeheel-breedwerpige

toediening word in

Tabel 1

opgesom.

OP PLAASVLAK

Spuitkoppe / Landbouchemiese middels

Geïntegreerde plaagbeheer

GERRIT JANSEN VAN VUUREN,

Villa Crop Protection

Figuur 1: Grafiese voorstelling van die effek van die

Teejet AI 3070 TwinJet-spuitkop.

1: Twee naasliggende spuitkoppe (80° en 110°) wat op ‘n spuitbalk gemonteer was, beide

in dieselfde kleur (= volume lewering), maar wat teen verskillende hoeke spuit. ‘n Tipiese

fout op algeheel-breedwerpige bespuitingspuitbalke.

1