Background Image
Previous Page  61 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 112 Next Page
Page Background

PANNAR se ongeëwenaarde graansorghum-

pakket gerugsteun deur ’n wêreldklas

navorsingsprogram, vorm die ruggraat van

graansorghum-produksie in Suid-Afrika.

Plaaslik-ontwikkelde basters word ook in

Suid-Amerika, Meksiko, Australië en die

res van Afrika aangeplant.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/GSS/A/17

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

SORGHUM UIT AFRIKA

IS VEELSYDIG AS

VOEDSEL, VOER EN

BRANDSTOF.

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

g

raan- en oliesadeprodusente spandeer jaarliks miljoene

rande aan produksie-insette. Waarom wil ‘n mens dan

kanse vat met die kwaliteit daarvan? Graan SA ondersteun

deurlopend sy lede met die beslegting van insetdispute

waar die kwaliteit van insette skade aan die lid se oes

veroorsaak het.

Algemene wenke

Die gebruik van ongetoetste insetmiddele en die aankoop van

insetmiddele by onbekende verspreiders stel produsente jaarliks

aan groot risiko’s bloot. Let dus op die volgende wenke wanneer

insetmiddele aangekoop en gebruik word:

Maak seker dat die insetverskaffer ‘n erkende maatskappy is met ‘n

bewese rekord.

Sorg dat alle aanbevelings sover moontlik op skrif gestel en veilig

bewaar word.

Probeer sover moontlik rekord hou van alle aankope.

Gaan die kwaliteit van die insetmiddel na.

Saadbehandeling moet deur die saadmaatskappy self of met ge-

sertifiseerde saadbehandelingstoerusting gedoen word.

Wanneer landbouchemikalieë aangekoop word:

Maak seker die insetmiddel is geregistreer onder Wet 36 van 1947

vir die doel van gebruik.

Verseker dat die maatskappy wie se insetmiddel dit is, lid van

CropLife is.

Maak seker dat die verspreidingsmaatskappy lid van CropLife is

en dat die agent gekwalifiseerd is.

Raadpleeg die 2016

Mielie Inligtingsgids-handleiding

van die

LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG).

Gebruik oor die algemeen klein kontrolepersele om nuwe inset-

middele te toets alvorens dit op groot skaal gebruik word.

Wat Rhizobium-bakterieë betref, is dit belangrik dat slegs ge-

registreerde (L-registrasie onder Wet 36 van 1947) insetmiddele

gebruik moet word. Die spesifieke produk moet ook verkieslik deur

die betrokke saadmaatskappy wie se saad geplant word, aanbe-

veel word. Moenie nuwe produkte op groot skaal gebruik nie.

Kwaliteit

Wat moet ek doen indien kwaliteitsprobleme wel ervaar word? Wan-

neer probleme met die kwaliteit van ‘n insetmiddel vermoed of ervaar

word, moet die volgende stappe gevolg word:

Kontak so gou as moontlik die verteenwoordiger van wie die

insetmiddel aangekoop is en dring op ‘n ter plaatse ondersoek aan.

Hou ook rekord van datums en gesprekke.

Versamel en stel soveel moontlik inligting op skrif, neem foto’s of

maak video-opnames om later na terug te verwys.

Daarna moet die volgende stappe oorweeg word indien die pro-

bleem nie opgelos is nie:

Tree in verbinding met ‘n onafhanklike wetenskaplike om ‘n ter

plaatse ondersoek te doen.

Vir lede, stel Graan SA in kennis indien die maatskappy nie die

nodige aandag en oplossings vir die betrokke probleme kan

verskaf nie.

59

OP PLAASVLAK

Kwaliteit van produksie-

insette uiters belangrik

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig