Background Image
Previous Page  70 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

68

Sojabone: ‘n Outomatiese keuse

vir ‘n wisselboustelsel

D

ie 2015/2016-produksieseisoen was vir die meeste produ-

sente ‘n vyfsterriller. Veral die westelike produksiegebiede

het buitengewone weersomstandighede beleef – waarvan

droogte en hitte die ergste was.

Sou die langtermynvoorspellings van die aardverwarmingsprofete

waar word, dan gaan die klimaat baie meer wispelturig raak. Voeg

hierby die graanmarkte wat ook wipplank speel, dan is dit duidelik

dat ‘n produsent sy risiko sal moet versprei.

Wisselbou is die logiese keuse vir ‘n graanprodusent en sojabone is

een van die beste kandidate om saam met mielies in te span.

Hoekom ‘n wisselboustelsel?

Voorspelbaarheid binne die landbou is, om die minste te sê, baie

moeilik indien nie heeltemal onmoontlik nie. Onder sulke omstan-

dighede is dit gerade om risiko so ver prakties moontlik te versprei.

‘n Gesonde wisselboustelsel met sojabone as een van die kom-

ponente is ‘n uitstekende metode om risiko te beperk.

Prysverhoudings

In die hedendaagse landbou is dit noodsaaklik om deeglik te evalueer

hoe betalend enige boerderystelsel is. Prysverhoudings tussen

gewasse word dikwels as kriterium gebruik om te bepaal watter

gewasse aangeplant gaan word.

‘n Wesenlike probleem met só ‘n benadering is dat die pryse van

verskillende gewasse dramaties gedurende ‘n seisoen kan wissel na

gelang van weersomstandighede en internasionale voorrade. Die

2015/2016-seisoen was ‘n sprekende voorbeeld hiervan.

Mieliepryse het die seisoen alle verwagtings oortref vergeleke

met sojabone. Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat dieselfde

prysverhoudings vir ‘n volgende seisoen sal geld. Prysverhoudings

is egter slegs een van die aspekte wat oorweeg behoort te word in

die keuse van ‘n wisselboustelsel.

Opbrengsverhoudings

Die winsgewendheid van enige gewas is ook ‘n funksie van op-

brengs. Die 2015/2016-produksieseisoen het, wat opbrengsver-

houdings betref, vreemde resultate opgelewer. Mielie-opbrengste

in die droogtegeteisterde westelike produksiegebiede het ‘n op-

brengsslagting beleef.

Sojabone se opbrengste is ook nadelig getref, maar weens sy

langer blomkaraktereienskap kan sy opbrengsrisiko tydens kort

droogte-intervalle versprei word. Voeg hierby sojabone se vermoë

om diep vog te benut, dan lyk die risikoprofiel van die gewas heelwat

beter as dié van ander mededingers.

Insetkosteverhoudings

Prys van ‘n gewas alleen bepaal nie wins nie. In hierdie verband

hou sojabone ‘n beduidende voordeel in. Alhoewel produsente

sekere seisoene met die toediening van minder stikstof op sojabone

kan wegkom, moet die volhoubare produksiestatus van grond in

berekening gebring word. In die meeste produksiegebiede sal soja-

boonproduksiekoste boonop laer wees as dié van mielies.

Is daar voordele om ‘n

wisselboustelsel te volg?

Daar kan ‘n wye verskeidenheid van voordele genoem word – van

onkruidbeheer tot beter benutting van werktuie, maar vir die doel

van die skrywe sal slegs enkeles genoem word.

Risikoverspreiding

Gewasse verskil in hul vermoë om by bepaalde klimaatsomstan-

dighede aan te pas. Mielies het ‘n kort reproduktiewe fase wat deur

baie faktore, waaronder temperatuur, bepaal word. In die geval

van onbepaalde groeiwyse-sojaboonkultivars, kan hierdie kritiese

periode maklik drie keer langer gerek word. Voeg hierby diep

vogonttrekking, dan is dit duidelik dat dit ‘n produsent se risikopro-

fiel verbeter.

Hoër opbrengste vir opvolgende gewasse

Verskeie plaaslike proewe, maar ook proewe in die buiteland,

het getoon dat mielies wat ná sojabone volg, ‘n opbrengssprong

van minstens 10% oplewer, vergeleke met monokultuurmielies.

Hierdie opbrengssprong (wat meestal meer as 10% is) word selde

in berekening gebring wanneer die betalendheid van gewasse met

mekaar vergelyk word.

Bewaringsbewerking

Waar bewaringsbewerking beoefen word, is dit noodsaaklik dat

daar wegbeweeg word van enige monokultuurstelsel. Hoe meer

gewasse mekaar opvolg, hoe beter. Sojabone skakel besonder

goed in by só ‘n stelsel omdat dit ‘n baie produktiewe peulgewas

verteenwoordig.

Frekwensie van gewasopvolging

Sou suiwer akkerboupraktyke in ag geneem word, dan moet

sojabone verkieslik elke derde jaar op ‘n bepaalde land verbou word.

Ekonomiese faktore soos pryse van kompeterende gewasse kan

hierdie verhouding beïnvloed. Daar is egter geen plaasvervanger vir

gesonde gewasopvolging wat oor tyd volgehou word nie.

OP PLAASVLAK

Wisselbou / Sojabone / Risikoverspreiding

Bestuurspraktyke

JAN DREYER,

namens die Proteïennavorsingstigting

Wisselbou is die

logiese keuse vir ‘n graan-

produsent en sojabone

is een van die beste

kandidate om saam met

mielies in te span.