65
October 2016
SPUITKOP
VOORBEELD
SPUITDRUK EN DRUPPELSPEKTRUM* OPMERKINGS EN AANBEVOLE GEBRUIKE
Eweredige
platwaaier
– enkel
2 bar - 4 bar
Fyn tot grof
Kontak-aksie insek-, onkruid- of swamdoders.
Eweredige plat-
waaier – TwinJet
Eweredige
luginduksie
2 bar - 8 bar
Groot tot ultragroot
Voor-opkomsonkruiddoders.
Sistemiese insek-, onkruid- of swamdoders.
Tradisionele
holkegel
3 bar - 7 bar
Fyn tot baie fyn
Kontak-aksie insek- of swamdoders.
Multispuitkop, gerigte toediening bo-oor ge-
wasrye.
Luginduksie-
holkegel
4 bar - 12 bar
Groot tot ultragroot
Sistemiese insek-, onkruid- of swamdoders.
TABEL 2: TOEPASSINGS VIR BANDTOEDIENING OOR DIE PLANTRY- OF GERIGTE BESPUITINGSKOPPE.
*Growwer druppels teen laer druk, fyner teen hoër druk
Foto’s: Alle spuitkopfoto’s van TeeJet Technologies
Uit bogemelde is dit dus duidelik dat daar nie ‘n enkele
silver
bullet
-tipe spuitkop is wat vir alle bespuitingscenario’s ewe doel-
treffend aangewend kan word nie. Die belegging wat die produsent
in sy chemikalieë maak, kan in geheel ongedaan gemaak word deur
die gebruik van verkeerde spuitkoppe. Volg die riglyne op die etiket
wat watervolumes betref. Indien van moderne spuittoerusting teen
verlaagde watervolumes gebruik gemaak word, is dit van kardinale
belang dat die regte spuitkop gekies sal word – wat veral nie te min
en te groot druppels sal produseer nie.
Na-opkomsbeheer van onkruide na ‘n periode met strestoestande
soos droogte mag die gebruik van hoër watervolumes vereis – om
‘n verlengde periode van opname van die aktiewe bestanddeel
deur groter druppels te verkry. Dit vereis eerder ‘n spuitkop met ‘n
groter opening as wat die druk verhoog word – wat dan juis kleiner
druppels sal produseer.
Binne die onderskeie kategorieë hierbo aangedui kom verskillende
tipes sub-kategoriespuitkoppe voor. Hierdie artikel kan ongelukkig
nie al hierdie spuitkoppe in detail hanteer nie en die meer algemene
spuitkoppe, wat vir die meerderheid van toepassings gebruik kan
word, is bespreek.
Vir verdere detail-inligting met betrekking tot toedieningstegnologie
en meer diepgaande bespreking en die praktiese demonstrasie
van spuitkoptegnologie, kan produsente oorweeg om die Toedie-
ningstegnologiekursus van die Villa Academy by te woon. Kontak
hulle by 011 396 2233.
Nota: Vir die doel van die artikel is hoofsaaklik grafika van Teejet-
spuitkoppe gebruik. Dit beteken nie dat hierdie fabrikaat bo ander
aanbeveel word nie. Daar is ander betroubare fabrikate met soort-
gelyke tipe spuitkoppe wat ook geskik sal wees vir die tipes toe-
passings soos bespreek.