Background Image
Previous Page  63 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 112 Next Page
Page Background

Die beste droëbone. Klein wit inmaak en rooi

gespikkelde boontjiekultivars, spesifiek gekies vir

hoë opbrengs en stabiliteit in verskillende

omgewings. Stabiliteit waarop jy kan reken.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/BEAN/A/19

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

OPBRENGS EN

STABILITEIT

VERSEKER SUKSES

IN JOU HANDE.

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

61

OP PLAASVLAK

Moenie te lank hiermee wag nie. Hoe langer gesloer word, hoe

moeiliker raak dit om te bewys dat dit kwaliteitsprobleme is

wat die skade veroorsaak het.

Saad

Ingeval ‘n produsent steeds vermoed dat daar probleme met die saad

is wat hy geplant het – nadat die saak reeds met die verteenwoor-

diger en die maatskappy wat die saad verskaf het, opgeneem is – kan

hy die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kontak. Dié

departement sal dan ‘n handelskontrole-ondersoek doen ingevolge

die Plantverbeteringswet.

Kontakpersone

Oos-Kaapse streeksverteenwoordigers: Gerald Jack (Port Elizabeth)

by 041 484 2725 of Felicity Daniels (Port Elizabeth) by 041 484 2725.

Vrystaatse streeksverteenwoordiger: Zanele Buhlungu (Bloemfontein)

by 051 406 0967.

Gautengse streeksverteenwoordiger: Christo Botha (Pretoria) by

012 319 6139.

Wes-Kaapse streeksverteenwoordiger: Christo Gouws (Stellenbosch)

by 021 809 1709.

Produsente word aanbeveel om rekord van lotkodenommers te hou,

aangesien verwysingsmonsters van alle saadlotte by die betrokke

geregistreerde saadlaboratoriums waar kwaliteitskontrole uitgevoer

word, vir dispuutondersoeke beskikbaar is. Tydens die aankope

van saad behoort die kiemingspersentasie vir die spesifieke saadlot

aangevra te word. Produsente word aangeraai om die fisiese sak

waarop alle nodige naspeurbare inligting aangedui word, as verwy-

sing te hou.

Kunsmis

Dit is uiters belangrik dat kunsmismonsters korrek geneem moet

word. Kunsmismonsters om kunsmiskwaliteit te toets, moet in

samewerking met die kunsmismaatskappy geneem word. Produ-

sente word ook aangeraai om hul kunsmis onafhanklik te laat toets.

Produsente kan in dié verband vir Graan SA, Fertasa of die LNR-IGG

direk kontak vir die neem en ontleding van monsters om saadkwaliteit

te toets. Die monsters moet geneem word volgens die voorskrifte

op bladsye 62 tot 67 van die Regulasies van Wet 36 van 1947. Die

Regulasies is beskikbaar op Fertasa se webwerf:

http://www.fertasa

.

co.za/Regulations/31-65.pdf

. Sou ‘n produsent steeds – nadat die

saak met die kunsmismaatskappy opgeneem is – vermoed dat daar

probleme is met die kunsmis wat hy gekoop het, kan hy Graan SA

skakel of ‘n klagte direk by die Registrateur van Wet 36 van 1947

aanhangig maak.

Landbouchemikalieë

Die kwaliteit van landbouchemikalieë (aktiewe bestanddele) kan by die

SABS se laboratorium laat toets word.

Kontakpersoon

Gerty Pieterse (SABS) by

gerty.pieterse@sabs.co.za

of 012 428 6668.

Diesel

Indien produsente vermoed dat daar probleme met dieselkwaliteit

is – veral in gevalle van moontlike paraffienkontaminasie – kan hulle

die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) skakel vir die monitering

daarvan.

Kontakpersone

Gregory Marks (nasionale groepsbestuurder) by

gmarks@sars.gov.za

of 021 413 8938 of Tim La Fontaine (operasionele spesialis: Aksyns)

by

tlafontaine@sars.gov.za

of 012 422 6919.

Produsente wat self hul diesel wil toets, kan die webtuiste

www.

dieseltesting.co.za

besoek of 087 575 3568 skakel om die toetsinstru-

mente aan te koop.

INSET-OORSIG