Background Image
Previous Page  66 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

64

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Belangrike opmerkings met betrekking tot spuitkoppe vir algeheel-

breedwerpige toediening:

Hoogte bo die teikenarea (top van gewas

of grond [byvoorbeeld voor-opkoms-

onkruiddoders]) en oorvleueling

Aangesien platwaaierspuitkoppe minder volume op die kante van

die spuitpatroon lewer (sien voorstelling van die spuitpatroon van ‘n

standaard platwaaierspuitkop in Tabel 1 op bladsy 63), is dit belang-

rik dat naasliggende spuitkoppe se spuitpatrone met 40% tot 50%

sal oorvleuel om ‘n eweredige bedekkingspatroon daar te stel.

Die hoogte hang tot ‘n groot mate af van die spuithoek wat die

betrokke spuitkoppe lewer. Vir ‘n spuitbalk met 50 cm-spasiëring

is dit gewoonlik 50 cm-hoogte vir 110°-spuitkoppe (byvoorbeeld

11004) en 75 cm hoog vir 80°-spuitkoppe (byvoorbeeld 8004).

Dit moet beklemtoon word dat hierdie spuithoogtes by hoogloop-

spuite steeds van toepassing bly. Indien die spuitbalk byvoor-

beeld op 1,5 m bo die teikenarea loop, word verkeerde oorvleueling

op die teikenarea verkry.

Dwarsmontering

Naasliggende platwaaierspuitkoppe moet met ongeveer 10° dwars

op die balk gemonteer word sodat die spuitkoppe nie in mekaar

vasspuit nie.

Luginduksie/venturi-spuitkoppe

– druppelgrootte

versus

spuitvolume

Soos in Tabel 1 aangedui, lewer luginduksiespuitkoppe ‘n groot

tot ultragroot (

coarse to ultra-coarse

) druppelspektrum – veral

by die Turbo TeeJet-luginduksiespuitkoppe. Die gebruik van lae

watervolumes met hierdie tipe spuitkoppe gaan noodwendig lae

druppelbedekking op die teikenarea meebring.

Waar penetrasie en hoë druppelbedekking (byvoorbeeld kontak-

aksieplaagdoders) belangrik is, bestaan daar dus die vereiste om

teen ‘n hoër watervolume toe te dien. Indien drywingbeheer sowel

as bedekking belangrik is, kan ‘n dubbel-uitlaat turbo-tipe spuitkop

eerder oorweeg word – wat steeds groter druppelspektrum lewer

(hoewel effens kleiner as die luginduksiepunte), maar wat beter be-

dekking kan lewer.

Dubbeluitlaat-spuitkoppe

Hoewel hierdie spuitkoppe (

twinjet

) baie voordelig is wanneer dit

kom by situasies waar penetrasie binne die teikenarea moeilik is

as gevolg van baie blaarmateriaal of die hoogte van die teikenarea,

is daar een nadeel aan hierdie spuitkoppe, naamlik die grootte van

die spuitopeninge.

‘n Dubbel-uitlaatspuitkop van 04-grootte (byvoorbeeld 8004) be-

staan in wese uit ‘n spuitkoppunt met twee openinge van 02-grootte

– wat dus dieselfde volumevloei as ‘n 04-enkelspuitkop lewer. Dit

kan ‘n probleem by laer volume-toedienings word, omdat die

kleiner spuitkoppe maklik kan verstop indien daar nie ‘n effektiewe

filterstelsel is nie.

Kleur van die spuitkoppe

Hierdie is ‘n kritiese aspek wat baie produsente en plaaspersoneel

nie reg verstaan nie. Let op die foto’s van die spuitkoppe in Tabel 1

en

Tabel 2

. Al die spuitkoppe is rooi, maar daar is duidelik verskil-

lende tipes spuitkoppe.

Die kleur van die spuitkop verwys na die volume lewering per

minuut teen 40 PSI (2,8 bar)-spuitdruk soos bepaal volgens

die ISO 10625-standaard. Al die spuitkoppe wat dus dieselfde

volume lewering gee, sal ‘n spesifieke kleur hê. Dit help dus nie

om byvoorbeeld te vra vir “rooi spuitkoppe” wanneer spuitkoppe

vervang word nie. Daar is letterlik meer as ‘n dosyn verskillende

tipes rooi (of ander kleur) spuitkoppe. Die kode moet volledig

gespesifiseer word, byvoorbeeld XR8004VS, vir ‘n vlekvrye staal

Extended Range 04-grootte platwaaierkop.

Maak seker dat alle spuitkoppe op die balk dieselfde kode het.

Foto 1

dui spuitkoppe aan wat beide dieselfde volume lewering

gee, maar teen onderskeidelik 80°- en 110°-hoeke sal spuit teen

2,8 bar spuitdruk. Dit sal oneffektiewe oorvleueling – en gevolglik

bedekking – op die teikenarea tot gevolg hê.

Die gebruik van spuitkoppe met kegeltipe spuitpatrone (byvoor-

beeld holkegel/

hollow cone

) op die spuitbalk, word nie aanbeveel

vir algehele breedwerpige toediening nie. Die aard van ‘n kegel-

spuitpatroon maak dat oorvleueling en ‘n eweredige bedekking

nie optimaal geskied nie. Platwaaierspuitkoppe met die dubbel-

uitlaatopeninge bied dieselfde multidimensionele voordeel aan die

spuitpatroon – wat bedekking en penetrasie binne-in die gewas

bevorder.

Polswydte modulasie (

pulse

width

modulation)-spuitstelsels en luginduksie/

venturi-spuitkoppe

Dit is belangrik om te weet dat luginduksie/venturi-spuitkoppe

nie saam met polswydte modulasie-spuittegnologie gebruik kan

word nie. Hierdie spuitkoppe benodig ‘n konstante negatiewe

druk by die spuitkop se lugopening – iets wat deur die polswydte

modulasie-meganisme uitgekanselleer word.

Nuwe tegnologie: Koring/kleingraan-

doelontwerpte spuitkop

Een van die nuutste spuitkoppe op die mark is ontwikkel vir die be-

heer van siektes in graangewasse soos koring. Die doelontwerpte

TeeJet AI 3070-spuitkop is ‘n dubbeluitlaat/tweeling(

twin

)-tipe punt,

maar wat teen onderskeidelik 30°- en 70°-hoeke na voor en agter

toe spuit. Sien

Figuur 1

. Die voorste 30°-druppelpatroon verskaf

goeie penetrasie na onder, binne die blare in, terwyl die agterste

70°-druppelpatroon bedekking van die boonste deel van die blaredak

en are bied.

Spuitkoppe vir band- of gerigte bespuiting

Waar toediening net bo-oor die plantry (grond of gewas) of rye

geskied met onbespuite area tussenin word ander tipes spuitkoppe

benodig. Platwaaierpunte kan gebruik word, maar die belangrikste

verskil is dat dit ‘n sogenaamde gelyke (

even

) tipe spuitkop moet

wees, waar die spuitpatroon dieselfde volume lewering dwarsoor

die spuitpatroon gee (sien die spuitpatroon van die gelyke waaier

[

even fan

]-spuitkop in Tabel 2).

In baie gevalle sal die letter “E” as deel van die spuitkopkode op

die spuitkop voorkom. Dit is belangrik dat hierdie gelyke tipe spuit-

koppe nie op spuitbalke wat algeheel-breedwerpig spuit, gebruik

word nie.

Die gebruik van twee of drie spuitkoppe, kegelpatroonspuitkoppe

in die geval van gerigte toediening van insekdoders bo-oor die

gewasry (byvoorbeeld mieliestamboorder of in katoen), is baie

voordelig vir goeie penetrasie en bedekking.

Kies só die regte spuitkop