Background Image
Previous Page  56 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

54

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Sonneblom

Sonneblom se aanpasbaarheid by verskillende omgewingstoe-

stande word toegeskryf aan sy verdraagsaamheid vir beide lae en

hoë temperature. Sonneblom ontkiem by 4°C, alhoewel optimale

ontkieming en ontwikkeling by grondtemperature tussen 12°C tot

20°C plaasvind.

Grondtemperature bo 30°C kan ontkieming benadeel. Die optimale

temperatuur vir groei en plantontwikkeling is tussen 18°C tot

33°C. Optimale saadproduksie vind by omgewingstemperature

tussen 21°C tot 24°C plaas.

Vroeë plantdatum

Die risiko van vroeg plant lê hoofsaaklik in die moontlikheid van

koue weerspatrone en die effek daarvan op die ontkiemende saad

en ontwikkelende saailing.

Grondwatertemperatuur

Ontkieming begin met absorpsie (imbibisie) van water deur die

saadhuid. In die geval van mielies moet die saad 30% tot 35% van

die pitmassa in die vorm van water absorbeer om suksesvol te ont-

kiem. Vir sojabone is dit ongeveer 50% van die pitmassa.

Met vroeë aanplantings kan die saad blootgestel word aan absorp-

sie van koue water (<10°C) binne die eerste 24 tot 36 uur ná plant,

wat aanleiding kan gee tot direkte fisiese skade.

In reaksie op waterabsorbering swel die saad. Die selweefsel in die

saad is minder elasties onder koue toestande en kan skeur of bars

gedurende die swelproses. Die selinhoud kan dan lek en dien as

voeding vir patogene.

Simptome van koueskade as gevolg van die absorpsie van koue

water, sluit geswelde pitte in wat versuim om te ontkiem of ver-

traagde ontwikkeling van die kiemwortel en koleoptiel wat na ont-

kieming begin plaasvind het.

Dit is nie duidelik hoe laag grondtemperature moet wees vir koue-

imbibisieskade om voor te kom nie. Bronne impliseer temperature

laer as 10°C.

Grondtemperatuur

Onder ideale toestande behoort ‘n mielie suksesvol binne tien dae

of minder by grondtemperature van 13°C en hoër te ontkiem. Met

koue grondtoestande (10°C en laer) kan die ontkiemingsperiode

twee tot selfs drie weke duur.

Wanneer oormatige koue en/of nat gronde ontkieming en opkoms

vertraag, is die saad of jong saailing vir ‘n verlengde periode

blootgestel aan grondgedraagde saadsiektes, insekvreetskade en

beskadiging aan voor-plant- en voor-opkomsonkruiddoders. Ver-

lengde blootstelling aan lae grondtemperature verlaag ook saad- en

plantmetabolisme, verswakte saailinggroeikragtigheid en veroor-

saak oksidasieskade.

Akkumulasie van hitte-eenhede

Vinnige en egalige opkoms beteken nie noodwendig suksesvolle

standvaslegging nie. Suksesvolle standvaslegging is grootliks

afhanklik van vinnige sekondêre wortelontwikkeling gedurende die

V2- tot V6-stadium van plantontwikkeling.

Die jong saailing is op ‘n vroeë stadium van ontwikkeling afhanklik

van die endosperm in die saad as voedingsbron voor die sekon-

dêre wortelstelsel ontwikkel. Dit is belangrik vir normale ontwikke-

ling dat die saad en mesokotiel tot ten minste die V6-stadium van

die plant se ontwikkeling gesond bly.

In die geval van vertraagde sekondêre wortelontwikkeling – soos

in geval van stadige akkumulasie van hitte-eenhede, veroorsaak

Figuur 1: Optimale plantdatums vir mielies, sojabone en sonneblom.

OPTIMALE PLANTDATUM