55
October 2016
hierdie verlengde blootstelling aan stremmingsfaktore (soos grond-
insekte en siektes) skade aan die saad of mesokotiel.
Beskadiging op hierdie stadium (voor sekondêre wortelontwikke-
ling plaasvind), kan lei tot verswakte dwergagtige saailinge of selfs
afsterwing van saailinge.
Dit is belangrik om op ‘n vroeë stadium die finale opkoms op die
land na te gaan en saailinge uit te grawe om na wortelontwikke-
ling te kyk en gesondheid te evalueer. Onegalige opkoms en
vertraagde saailingontwikkeling kan ‘n aanduiding wees van saai-
lingsiektes, maar kan ook veroorsaak word deur insekvreetskade en
onkruiddoderskade.
Rypskade
Die vermoë van die mielieplant om te herstel ná vroeë seisoen-
rypskade, is grootliks afhanklik van die gesondheid en welstand
van die groeipunt. ‘n Plant wat bogronds beskadig is, maar ‘n
gesonde, onbeskadigde groeipunt het, behoort gewoonlik van ‘n
eenmalige bogrondse beskadiging te herstel.
Indien enige beskadiging aan die groeipuntarea voorkom, kan die
skade lei tot die afsterwing van die plant of vertraagde groei en
die onvermoë om te herstel. Die groeipunt van die mielieplant
bly onder die grondoppervlak tot by die V5- tot V6-stadium van
ontwikkeling.
Die jong mielieplant is uiters gehard teen eenmalige vegetatiewe
beskadiging, terwyl die groeipunt nog onder die grond is. Her-
haaldelike beskadiging, suboptimale temperature en bewolkte om-
gewingstoestande kan die saailing egter lank genoeg verhoed om
te fotosinteer en te herstel al is die groeipunt onbeskadig.
Laat plantdatums
Laat plantdatums verkort die groeiseisoen van ‘n gewas en ver-
hoog die risiko vir koue-/rypskade later in die seisoen – voor
die graan klaar ontwikkel het. Variërende omgewingstoestande
(stralingsindeks en temperatuur) geassosieer met verskillende
plantdatums, het ‘n veranderlike effek op die plant se groei en
ontwikkeling.
In die geval van mielies kan ‘n laat plantdatum ‘n negatiewe effek
hê op die totale aantal blare per plant, die blaaroppervlakte, die
aantal koppe per eenheidsoppervlak, aantal pitte per kop, asook
pitmassa. Laat plantdatum het ook ‘n effek op planthoogte,
kopplasing en stamdikte – met geassosieerde verhoging in die
voorkoms van omval.
Behalwe water en voedingselemente is sonstrale (sonlig) ‘n
noodsaaklike komponent vir plantegroei. ‘n Gewas se vermoë om
sonlig te versamel, is gekoppel aan die blaaroppervlak per eenheid-
grondoppervlak, of sy “blaararea-indeks”. Die blaararea-indeks en
die verspreiding daarvan in die aanplanting, is belangrike faktore
wat die totale ligonderskepping deur die plant beïnvloed en dus
‘n effek op fotosintese, transpirasie en droëmateriaal-akkumulasie
het. Slegs ongeveer 50% van die inkomende stralingsindeks word
as fotosintese-aktiewe bestraling gebruik.
Lae temperature en ‘n beperking op fotosintese-aktiewe bestraling
gedurende graanvulstadium, beperk die plant se vermoë om te
fotosinteer en kort graanontwikkeling in. Die verhouding tussen
finale pittelling en droëmateriaal tydens baardstootstadium neem
dramaties af met laat plantdatums. Dit toon dan ‘n voorkeur vir
vegetatiewe groei teenoor reproduktiewe groei. Laat plantdatums
veroorsaak dus ‘n geleidelike afname in die opbrengspotensiaal.
Samevatting
Die uiteindelike keuse van ‘n plantdatum moet grootliks berus
op die beskikbaarheid van grondvog en langtermynreënvalver-
spreiding vir die betrokke area – sodat die groeistadiums wat die
gevoeligste is vir hitte- en droogtestremming nie in die midsomer-
droogtetyd val nie. Die plant van gewasse buite die plantvenster
kan verseker jou opbrengs benadeel.
Vir meer inligting kontak jou plaaslike verteenwoordiger of kontak
Corné van der Westhuizen by
corne.vanderwesthuizen@pannar.co.za
of 082 570 8240 of Hendrik Linde by 079 527 7695.
1: Grasonkruiddoderskade op ‘n jong saailing as gevolg van stadige ontkieming en
saailingontwikkeling.
2: Rypskade op ‘n jong aanplanting by die V4- tot V5-stadium. Die groeipunt was nog
onder die grond en die aanplanting het ten volle herstel.
3: Laat aanplanting in die Oos-Vrystaat. Omval het voorgekom as gevolg van rypskade
voor die aanplanting fisiologies ryp was.
1
2
3