Background Image
Previous Page  38 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

36

Lusern- en tef-staatmakers

P

ANNAR verskaf ‘n verskeidenheid gewassade vir gewasse

wat onder besproeiings-, aanvullende besproeiings- of selfs

droëlandtoestande verbou kan word. Die reeks sluit raaigrasse,

groenvoer, Japannese radys, voersorghum, tef en lusern in.

Die maatskappy se voergewasse word deeglik onder plaaslike

verbouingstoestande vir hoë drakrag en smaaklikheid vir volge-

houe diereproduksie getoets. In hierdie artikel val die fokus op

lusern en tef.

Lusern

Lusern kan suksesvol onder intensiewe hoëproduksietoestande

onder besproeiing, of minder intensief onder droëland, verbou word.

Die gewas is by uiteenlopende klimaatstoestande aangepas. Die

grootste voordeel van lusern is die goeie kwaliteit hooi wat dit

produseer. Dit kan ook met vrug bewei word indien die tipe lewen-

dehawe en bestuur reg is.

Dit is ‘n sterk meerjarige plant en sal goed vir ongeveer ses jaar

en langer produseer. Standhoudendheid is afhanklik van die bestuur

en die dormansie-klas van die kultivar wat geplant word.

Dit is baie belangrik om grondontledings voor vestiging te laat

doen en waar nodig, die voedingstatus van die grond reg te stel in

terme van pH, fosfaat- en kaliumvlakke.

Swael is ‘n belangrike bousteen van proteïen en kan as ‘n makro-

element by lusern beskou word. Molibdeen en boor is onderskeide-

lik nodig vir die prosesse van stikstofbinding en proteïensintese

en kan baie effektief, indien nodig, deur middel van ‘n blaarvoeding

toegedien word.

Geen stikstofbemesting moet toegedien word nie; dit stimuleer

die groei van grasonkruide en verlaag stikstofbinding deur Rhizo-

bium. Raadpleeg ‘n bemestingskundige voor die lusernlande voor-

berei word.

Saaidigtheid van lusern, asook die plantdatums, verskil – afhangende

van klimaat.

Winterdormansie van lusern word aangedui as ‘n indeks of skaal

en gee ‘n aanduiding van die kultivar se gebruiksaanwending. ‘n

Hoër syfer dui daarop dat die kultivar meer winteraktief is en ‘n

laer syfer dat die kultivar meer dormant in die winter is.

Die volgende klasse is van toepassing in Suid-Afrika:

5 – Semi-dormant

6 en 7 – Intermediêr-dormant

8 – Nie-dormant

9 – Sterk nie-dormant

Die sterker dormansietipes het ‘n langer produksieleeftyd (produ-

seer oor ‘n langer tydperk) en is beter aangepas vir beweiding.

Hierteenoor het die nie-dormante variëteite ‘n korter produksie-

leeftyd (gee hoër produksie oor ‘n korter tydperk).

Hulle lewer hoër produksie per seisoen en is beter aangepas vir

hooiproduksie. Die twee PANNAR-kultivars Sardi 7 en Alfamaster 9

val onderskeidelik in die intermediêr-dormante en sterk nie-dor-

mante klasse.

Albei die kultivars is uitstekende hooiproduseerders, alhoewel

Sardi 7 ook met vrug bewei kan word indien die tipe lewende-

hawe en bestuur reg is. Dit is meer droogteverdraagsaam en

alhoewel dit dormant raak in die winter, groei dit steeds voluit in

die herfs en die lente.

Dit is ‘n baie robuuste kultivar met relatiewe fyn stamme en behou

sy onderste blare baie goed. Dit is ‘n goeie keuse vir sny of bewei-

ding onder droëlandtoestande of besproeiing.

Alfamaster 9 is ‘n sterk nie-dormante kultivar wat oor sterk saai-

linge beskik. Dit is uiters blaarryk, beskik oor ‘n regop groeiwyse

en lewer baie hoë hooiproduksie. Dit is ‘n uitstekende keuse onder

‘n besproeiingsnystelsel. Albei kultivars behaal uitstekende pro-

duksieprestasie in die Nasionale Lusern Evaluasie Program (NLEP)-

proewe.

Figuur 1

illustreer hoe lusern op hergroei benut en bestuur moet

word – nie op die tradisionele riglyn van 10% blomstadium nie. Die

nuwe hergroei verteenwoordig die nuwe oes en dit moet só be-

stuur word dat dit maksimale groeikragtigheid na die sny van hooi

sal verseker.

Tef

Tef is ‘n eenjarige subtropiese gewas wat vinnig kan vestig en voer

produseer – wat dan geberg of onmiddellik benut kan word.

Dit is ‘n uitstekende hooigewas vanweë die blaarrykheid daarvan

en die feit dat dit vinnig afdroog. Gemiddeld word twee snysels per

jaar gewoonlik verkry.

Tipiese opbrengste is ongeveer 4 ton en 2 ton droëmateriaal on-

derskeidelik vir die eerste en tweede snysel. Die beste produksie

word by ‘n jaarlikse reënval van meer as 600 mm verkry.

Tef is binne 65 tot 75 dae gereed vir hooiproduksie. Sny voordat

die stand in volle blom is – dus teen ongeveer 10% blomstadium.

Die produksieleeftyd van tef kan verleng word deur dit in ‘n vegeta-

tiewe stadium te benut.

PROMOSIE-ARTIKEL

PETRUS VAN ROOYEN,

produkbestuurder: Voergewasse, PANNAR Saad

VESTIGING

KOEL GEBIEDE: FEBRUARIE TOT APRIL

WARM GEBIEDE: MAART TOT JUNIE

REËNVAL <700 MM

REËNVAL >700 MM

BESPROEIING

PLANTDIGTHEID (KG/HA)

Rye

5

5 tot 12

12 tot 15

Breedwerpig

-

-

20 tot 25

TABEL 1: PLANTDIGTHEID VAN LUSERN.