Background Image
Previous Page  33 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 112 Next Page
Page Background

31

October 2016

kontrakte bly egter om die prysrisiko te bestuur. Die gebruik van

die kontrakte kan ondersteuning verleen om finansiële bestuur te

vergemaklik en die verskanste pryse kan in kontantvloeiberekeninge

ingewerk word omdat die pryse waarteen die produk verkoop of

aangekoop word, alreeds lank voor die tyd vasgestel kan word. Dit

kan ook beter margebestuur in die hand werk.

Kombinasie van graan- en karkaskontrakte

Daar bestaan voorts ‘n verwantskap tussen die mielie- en die

vleispryse. In baie gevalle het saaiprodusente ook ‘n beesvertakking

omdat die twee mekaar uitstekend komplimenteer en dit ook dien

as diversifikasie en risikobestuur in die

boerdery.

Die graan-Safex-kontrakte is alreeds vir

20 jaar aan die gang en produsente ge-

bruik dit vir prysrisikobestuursdoeleindes

en bemarking. Dit is egter nou gepas – met

die beskikbare karkaskontrakte – om vas te

stel hoe hierdie kontrakte in kombinasie met

mekaar gebruik kan word.

Grafiek 2

toon die prysverhoudings tussen

geelmielies en A2/A3-karkasse, asook die

geelmielie/speenkalfprysverhouding. Die fi-

siese geelmieliepryse is ook in Grafiek 2

aangebring.

Grafiek 2 toon ‘n redelike duidelike ver-

wantskap tussen die mieliepryse en die

speenkalf- sowel as die karkaspryse. Dit

komplimenteer mekaar dus uitstekend met

die oog op diversifikasie as gevolg van

die redelike sterk inverse prysverhouding

tussen die prysbewegings. Rolspelers

in die bedryf kan hulle gaan vergewis

van die risiko- en prysverhoudings en

van die Safex-kontrakte gebruik maak om

prysrisiko te bestuur.

Mielies maak ook ‘n groot deel van die

voerkoste in voerkrale uit. Voerkrale en/of

produsente wat self diere afrond, kan van

beide kontrakte gebruik maak om risiko te

bestuur. Voerkoste en aankooppryse van

diere maak ‘n groot deel van die verander-

like koste in voerkrale uit.

Aan die ander kant is die verkoopprys van

diere wat slaggereed is ‘n groot risikofaktor,

omdat dit baie wisselvallig is. Deur gebruik

te maak van die verskillende Safex-kontrak-

te kan hierdie drie groot veranderlikes ver-

skans word en ‘n groot deel van die risiko

uitgesny word.

Ten slotte

Dit is belangrik om in ag te neem dat die hoofdoel van Safex-

kontrakte is om prysrisiko te bestuur. Dit verleen ondersteuning

met die bemarking van produkte en bied meer onderhandelings-

mag aan die verkillende rolspelers wat die kontrakte gebruik, omdat

die bemarking al vroeg in die seisoen kan begin en jy nie aan die

mark oorgelaat is op die dag wanneer jy moet verkoop nie.

Dit bly egter elkeen se verantwoordelikheid om te bepaal hoe die

gebruik van die kontrakte by sy bestuurs- en bemarkingsomgewing

kan inpas.

FISIES

A2/A3

SPEENKALF

TERMYN

A2/A3

SPEENKALF

Tyd

Aksie

Hoeveel-

heid (kg)

Prys

(R/kg)

Prys

(R/kg)

Kontant-

vloei

Aksie

Hoeveel-

heid (kg)

Prys

(R/kg)

Prys

(R/kg)

Kontant-

vloei

Augustus

Verkoop 1 000

Des R41

R21

R41 000

Desember

Verkoop 1 000

R38

R18

R38 000

Koop

1 000

R38

R18

-R38 000

Netto

R18

R38 000

R21

R3 000

TABEL 1: VOORBEELD VAN A2/A3-KARKAS EN SPEENKALFVERSKANSING.

Grafiek 1: A2/A3-karkas en -speenkalfpryse.

Bron: RPO

Grafiek 2: Geelmielie/A2/A3- en geelmielie-/speenkalfverhoudings.

Bron: RPO en Safex