Background Image
Previous Page  35 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 112 Next Page
Page Background

33

October 2016

1: ‘n Naald met ‘n druppel bloed by sy punt. Die beesleukemievirus word met bloed oorgedra van leukose-besmette beeste na gesonde beeste.

Een honderdste van die bloeddruppel (nie met die oog sigbaar) bevat genoeg beesleukemievirus om gesonde beeste te besmet.

2: Tans is ensoötiese beesleukose een van die grootste uitdagings in die Suid-Afrikaanse melkbedryf. Daar is tans geen behandeling of

entstof daarteen beskikbaar nie. Die siekte is nie ‘n staatsbeheerde siekte nie.

3: Met inenting van beeste kan die naald van die spuit, as dit nie vir elke bees vervang word met ‘n steriele naald nie, die beesleukemievirus oordra.

4: Die koei se oog peul uit omdat daar ‘n gewas agter die oog is. Die koei het na een week gevrek.

5: Hierdie uitgeteerde en maer melkkoei het sigbare ensoötiese beesleukose. Ongeveer 2% tot 5% van beeste wat besmet is (positief toets) vir

beesleukose ontwikkel gewasse en hulle vrek almal. Tans is daar geen behandeling vir beesleukose nie.

6: Met die trek van bloed om te toets vir brusellose en ander siektes, kan die besmette naald – as dit nie met elke neem van ‘n bloedmonster

vervang word met ‘n steriele naald nie – die besmetting oordra.

7: Met die dragtigheidsondersoek by die koei kan die plastiese handskoene die beesleukemievirus oordra al is daar geen bloed met die oog

op die handskoen sigbaar nie.

8: Kongenitale besmetting (kalf in baarmoeder besmet) kan in 4% tot 8% van besmette koeie se kalwers voorkom. Die kalf word gebore met

ensoötiese beesleukose.

1

2

3

6

4

7

5

8