Background Image
Previous Page  44 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

42

RPO sit koppe bymekaar

by kongres

D

ie nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)

se nasionale kongres en konferensie het onlangs op

Parys in die Vrystaat plaasgevind. Tydens die kongres is

mnr Koos van der Ryst van die Noord-Kaap as nuwe voor-

sitter aangewys in die plek van mnr Lardus van Zyl, wat uitgetree het.

Die Uitvoerende Raad van die RPO is by die kongres versoek om

‘n uitvoerstrategie vir die bees- en skaapvleisbedrywe te ontwikkel,

wat sal verseker dat primêre produsente hul regmatige premies sal

ontvang.

Daar is verder versoek dat die Uitvoerende Raad, indien nodig, sal

oorweeg om aansoek te doen vir statutêre fondse om die strategie

te implementeer. Die strategie moet in samewerking met die

Rooivleisbedryfsforum oorweeg word.

Veeprodusente se ekonomiese oorlewingsvermoë is onder druk

en uitvoere kan die winsgewendheid van die bedryf bevorder. Die

kommersiële bees- en skaapvleisbedrywe is internasionaal kom-

peterend en die huidige wisselkoers ondersteun die uitvoermarkte.

Hoewel rooivleis tans na 42 lande uitgevoer word, is daar nog nie

daarin geslaag om die premiemarkte te ontgin nie – en dit moet

die doelwit wees. Die Europese Unie, VSA en Chinese markte wil

voorkom asof dit premiemarkte kan wees.

Die internasionale vraag na rooivleis styg steeds en toon hoë

groeisyfers – veral in die vraag na rooivleis in die Afrika-mark, terwyl

die vraag na voedsel in Oos- en Suider-Afrika sal verdriedubbel tot

die jaar 2040.

Daar is aanbeveel dat die volgende gedoen word:

Verbruikersverwagtinge moet gediens word.

Ondoeltreffendheid in die voorsieningsketting moet aange-

spreek word.

Beleidsaspekte om mededingendheid te verbeter, moet aange-

spreek word.

Marktoegang moet bepaal word.

Geleenthede in innovasie van handelsmerkontwikkeling moet

benut word.

Handelsbeperkinge moet bekend wees.

Beleidsaspekte om mededingendheid te verbeter moet aange-

spreek word.

Benutting van die “Red meat value chain round table” om

rooivleisuitvoere te bevorder.

Die daarstel van ‘n hoë dieregesondheidstatus soos deur die

World Organisation for Animal Health (OIE) erken.

Verwerwing van ‘n bees sponsagtige ensefalopatie (BSE of

malkoeisiekte)-vrye status by die OIE.

Die daarstel van ‘n effektiewe Brusselose-bekampings- en

-uitroeistrategie.

Behoud van Suid-Afrika se bek-en-klouseervryesonestatus – ten

alle koste.

Die daarstel van doeltreffende nasionale en provinsiale

dieregesondheidsforums wat die nasionale en provinsiale

departemente ondersteun om sterk vertroue in Suid-Afrika se

dieregesondheidstelsel te verseker.

Die daarstel van doeltreffende stelsels wat die bemarkingskoste

in die uitvoerlande kompeterend sal hou.

Balansering van die in- en uitvoer van bees- en skaapvleis.

Verseker dat primêre produsente en ontwikkelende produsente

deel in premies wat behaal word in die uitvoermarkte.

Vestig verbruikersvertroue in terme van vleisveiligheid, higiëne

en residu-monitering.

Voldoende geakkrediteerde uitvoerabattoirs moet beskikbaar

wees.

Uitvoerprotokolle moet beskikbaar wees.

Gunstige onderhandeling van handelsooreenkomste.

Skaapwaardeketting kan werk

“Die skaapwaardeketting word gekenmerk deur ‘n ouderwetse

verhandelingsomgewing met ‘n nuwerwetse verbruiker, maar dit

is moontlik om ‘n waardeketting te bou wat werk,” het mnr Alex

Cilliers (GWK) tydens die RPO se nasionale konferensie gesê.

Hy het gesê daar is verskeie faktore wat daartoe bydra dat die

skaapwaardeketting breekbaar is. Die eerste is voorsiening. Die

land se dalende nasionale kudde lei tot wisselvallige voorsiening.

Verder is die boerderypraktyke in die skaapbedryf nie net verouderd

nie; die praktyke is ook hoofsaaklik ekstensief. Bemarking is

spekulatief van aard, daar bestaan wantroue teenoor die ander

rolspelers in die ketting en bemarking is op eie behoeftes en prak-

tyke gebaseer en nie op die mark nie.

Voorsiening is die tweede faktor wat probleme veroorsaak. Daar

is nie net ‘n oorkapasiteit van abattoirs nie, swak regulering en

polisiëring van gehalte en gradering is ook algemeen. Die hoë koste

van vervoer en kommissie maak mededinging duur.

Die verspreiding van skaapvleis word deur die groothandel hanteer,

waar hoogs spekulatief gekoop word soos wat die geleenthede

hulle voordoen. Die grootste drywer van pryswisselvalligheid is

die feit dat pryse afgedruk word om marges in ‘n stadige mark te

realiseer.

“Die kleinhandel benodig konstante voorsiening, konstante kwali-

teit en minimale pryswisselvalligheid. Kleinhandel-vleisverkope

deur kettinggroepe soos Woolworths, Pick n Pay en Checkers bly

groei, maar verbruikers maak deurentyd keuses en soek waarde vir

geld en/of oorsprong. Tans maak skaap- en lamsvleis slegs sowat

13% van die volume vleisverkope in die land uit,” het Cilliers gesê.

Moderne verbruikers is mense want nie vleis wil sny of verpak

nie; hulle is onkundig wat gradering en snitte betref, het nie meer

grootmaat-vrieskaste nie, soek waarde vir geld en kwaliteit, wil

weet waar vleis vandaan kom (oorsprong), hou van konstante aan-

bieding en maak deurlopend keuses.

GERHARD SCHUTTE,

Rooivleisprodusente-organisasie