Background Image
Previous Page  39 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 112 Next Page
Page Background

37

October 2016

2 cm

7 cm

Dit is te laat om te sny as hergroei

snyhoogte bereik het.

Sny sodra hergroei ongeveer

2 cm hoog is.

Dit is te vroeg om te sny as

hergroei nog nie begin het nie.

Figuur 1: Bestuur en benut lusern eerder só.

Sodra tef in die reproduktiewe stadium (blomstadium) ingaan,

verlaag die daaropvolgende produksie. Om die smaaklikheid van

tef te bevorder, moet dit voldoende bemes word.

Let daarop dat tef by ‘n bemestingspeil van meer as 100 kg N/ha in

‘n seisoen makliker kan omval of gaan lê. Die oplossing is om dit

meer gereeld te benut deur ‘n korter tussensnyperiode.

PANNAR bemark die tefkultivar Rooiberg. Dit is ‘n minder lywige

kultivar met fyn blare wat vinnig afdroog en ideaal is vir hooipro-

duksie. Vanweë die planttipe is dit ook geskik om as ‘n pleeggewas

vir ander somerweidings gebruik te word.

Dit blom later as SA Bruin. Rooiberg se aarkleur is ligbruin en

word die beste deur kopers as hooi vir perde aanvaar. Die beste

vestigingsperiode is Oktober tot Desember sodra die minimum

grondtemperatuur bokant 16°C styg. Saad word gewoonlik teen

15 kg tot 20 kg breedwerpig en 10 kg tot 15 kg in rye per hektaar

geplant.

PANNAR beskik oor ‘n volledige gewaspakket en plaaslike kundig-

heid. Kontak gerus jou verteenwoordiger vir die regte opsies binne

‘n gewasreeks vir jou unieke behoeftes.

1: Hooi is onontbeerlik en veelsydig in ‘n diereproduksiestelsel.

Dit kan gebruik word as voer wanneer daar nie genoeg weiding

beskikbaar is nie, of as ‘n bron van ruvoer wanneer ander weiding

te welig groei of wanneer diere kragvoer ontvang.

2: ‘n Mooi aanplanting Alfamaster 9 op Jacobsdal.

3: Alfamaster 9 groei welig in die Plooysburg-omgewing.

4: Gebaalde lusern word in die omgewing van Hoffmeyer

gelaai om versend te word.

1

2

3

4