Background Image
Previous Page  34 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

32

Wat is ensoötiese

beesleukose?

E

nsoötiese beesleukose is nie ‘n staatsbeheerde of aanmeld-

bare siekte in Suid-Afrika onder die Dieresiektewet (Wet 35

van 1984) nie. Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid

(OIE) het ensoötiese beesleukose gelys as ‘n aanmeldbare

siekte – met spesifieke gevare en risiko’s verbonde aan die siekte.

Die siekte is belangrik in die internasionale handel van beeste. Geen

beeste wat positief toets vir ensoötiese beesleukose – al lyk hulle

gesond – kan uitgevoer word na ander lande nie. Die semen van bulle

wat positief toets, kan ook nie uitgevoer word nie.

Die voorkoms van die siekte by melkbeeste in Suid-Afrika is baie

hoër as by vleisbeeste. Omdat ensoötiese beesleukose nie ‘n

aanmeldbare of staatsbeheerde siekte is nie, is daar baie min

data beskikbaar oor die siekte. Die meeste beeste wat ensoötiese

beesleukosebesmetting het, wys geen siektesimptome nie.

Daar word algemeen aanvaar dat hierdie beeste niks makeer nie,

alhoewel hulle besmet is en lewenslank ‘n bron van besmetting vir

gesonde beeste is. Gesonde beeste word so te sê elke dag van die

jaar met die beesleukemievirus besmet.

Die waarde van die nasionale melkbeeskudde verminder weens

ensoötiese beesleukose. Omdat koeie wat brusellose het nie siek lyk

nie – behalwe dat aborsies waargeneem word – is dit ook een van die

baie redes waarom brusellose nie goed onder beheer is nie.

Baie produsente koop hul probleem, want daar word nie negatief-

getoetste koeie (veral vir brusellose en ensoötiese beesleukose)

gekoop nie. As gevolg van ensoötiese beesleukose beloop

ekonomiese verliese in sekere lande wêreldwyd etlike miljoene

rande weens verlaagde melkproduksie in besmette melkkuddes

(± 3%), verminderde uitvoer van beeste en die uitslag van besmette

beeste.

Die voorkoms van beesleukemievirusbesmetting in sommige bees-

kuddes wissel van 1% tot 100%. In erge besmette melkbeeskuddes

kan die vrektes by ouer melkkoeie tot 5% en meer per jaar wees. In

enkele melkbeeskuddes het al tussen 25% en 50% van die diere aan

ensoötiese beesleukose gevrek.

Alle besmette beeste ontwikkel teenliggame en toets positief, maar

net 20% tot 30% ontwikkel ‘n blywende verhoogde limfosiettelling

en van hierdie beeste ontwikkel net 10% tot 20% gewasse. Uit

100 beeste wat besmet is, ontwikkel dus ongeveer 2% tot 5% of

meer uiteindelik gewasse.

Hoe vind besmetting plaas?

Die retrovirus is sterk geassosieer met die limfosiete van die

witbloedselle. Die direkte uitruil van bloedselle tussen die besmette

dier en die gesonde onbesmette diere veroorsaak besmetting.

Die besmetting word direk deur die besmette na die onbesmette

bees oorgedra deur bloed-gekontamineerde naalde, plastiese

handskoene, gedurende dragtigheidsondersoeke, met oortange,

onthoringapparaat asook chirurgiese instrumente.

JAN DU PREEZ,

besturende direkteur: Institute of Livestock Technology en veterinêre spesialis in Volksgesondheid

Ensoötiese beesleukose is tans een van die grootste

– indien nie dié grootste uitdaging nie – van Suid-Afrika se

melkbedryf. Indien daar nie drasties iets daaraan gedoen

word om ensoötiese beesleukose te probeer voorkom of te

beheer nie, sal dit nie baie jare neem voordat daar geen of

uiters min melkplase en melkbeeste is wat negatief toets vir

hierdie siekte.

Gesonde melkbeeste word elke dag van die jaar deur

besmette draer-beeste met die beesleukemievirus besmet.

Besmette beeste bly lewenslank besmet. Die gevolge van

ensoötiese beesleukose is net negatief. Dit is ‘n virussiekte

van beeste wat veroorsaak word deur ‘n retrovirus naamlik

beesleukemievirus wat so te sê wêreldwyd voorkom.

Ander retrovirusse veroorsaak jaagsiekte by skape,

besmetlike bloedarmoede by perde asook verworwe im-

muniteitsgebreksindroom (MIV/vigs) by mense. Ensoötiese

beesleukose word gekenmerk deur ‘n lang broeitydperk

(van besmetting totdat simptome gesien word) van onge-

veer drie jaar, wat uiteindelik gewasse tot gevolg het.

Hierdie siekte moet onderskei word van sporadiese bees-

leukose, wat hoofsaaklik in jong beeste tussen die ouder-

dom van vier maande tot twee jaar voorkom. Beeste kan op

enige ouderdom met ensoötiese beesleukose besmet raak.

Die meeste besmettings by beeste veroorsaak nie sigbare

siektetekens nie, maar ongeveer 20% tot 30% van die

besmette beeste ouer as drie jaar ontwikkel ‘n verhoogde

limfosiet (spesifieke witbloedsel)-telling en ‘n kleiner

persentasie (2% - 5% of meer) beeste ontwikkel gewasse

en hulle vrek uiteindelik.

Die siekte onderdruk besmette beeste se immuniteit en

dit benadeel hul prestasie, byvoorbeeld ‘n verminderde

melkproduksie. Besmette beeste se besmetting duur

lewenslank en hierdie beeste dien as ‘n bron van besmet-

ting vir gesonde beeste.

Tans is daar geen behandeling vir besmette of siek diere

beskikbaar nie. Daar is ook geen entstof vir voorkoming

van ensoötiese beesleukose beskikbaar nie. Indien melk-

produsente melkbeeste aankoop, moet hulle verseker

toesien dat daardie beeste negatief getoets is vir ensoötiese

beesleukose – net soos hulle ook negatief vir brusellose en

tuberkulose moet wees.

Saamgevat