Background Image
Previous Page  43 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Meer oor die Ebolavirussiekte

E

bolavirussiekte staan ook as Ebolahemoragiese koors of

net Ebola bekend. Dit het die eerste keer gedurende 1976 in

twee gelyktydige uitbreke op verskillende plekke voorge-

kom. Die een plek word tans genoem Nzara in Suid-Soedan

en die ander plek is Yambuku in die Demokratiese Republiek van die

Kongo. Die laasgemelde afgeleë dorpie is by die Ebolarivier en dit is

vanwaar die siekte se naam afkomstig is.

Siekte-uitbreke kom met tussenposes in gedeeltes van Afrika suid

van die Sahara voor. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het tussen

1976 en 2013 ‘n totaal van 24 uitbreke van die Ebolavirussiekte,

waarby 1 716 gevalle betrokke was, gerapporteer.

Die laaste uitbreek van die siekte in Wes-Afrika gedurende 2013 tot

2016 was die grootste, met 28 657 gevalle waarvan 11 325 sterftes

voorgekom het. Dit was die mees komplekse Ebolavirussiekte-

uitbreek in die wêreld vandat die Ebolavirus in 1976 ontdek is. Met

hierdie onlangse uitbreek is meer Ebolasiektegevalle en -sterftes

aangeteken as met al die vorige uitbreke en sterftes saam. Met

hierdie uitbreek in Wes-Afrika is baie stedelike en landelike gebiede

geaffekteer.

Hoe word mens met die siekte besmet?

Vrugtevlermuise van die

Pteropodidae

-familie is vermoedelik die

natuurlike draers van die virus in die natuur. Hulle versprei die Ebola-

virus, maar word nie self daardeur aangetas of siek daarvan nie. Die

mens raak besmet met die virus deur direkte kontak met besmette

bloed, afskeidings, organe en liggaamsvloeistowwe van gorillas,

sjimpansees, ape, vrugtevlermuise, wildsbokke van die woud en

ystervarke wat siek of dood is of in die reënwoud bly.

Mense wat die besmetting van die diere af kry, dra dan die besmet-

ting van mens na mens oor deur direkte kontak (deur slymvliese

en beskadigde vel) met bloed, afskeidings, organe en liggaams-

vloeistowwe of deur items (byvoorbeeld klere of beddegoed)

wat kort tevore met liggaamsvloeistowwe besmet is. Gesond-

heidswerkers wat met moontlike of bevestigde gevalle van Ebola-

virussiektepasiënte werk, word baie keer self besmet. Dit gebeur

deur direkte kontak met pasiënte wanneer voorkomende besmet-

tingsbeheer nie nougeset toegepas word nie.

Met begrafnisgeleenthede waar roubeklaers direkte kontak met die

afgestorwene se liggaam het, kan besmetting plaasvind. Persone

met Ebolavirussiekte bly infektief (wanneer besmetting voorkom)

solank as hul bloed die virus bevat. Verspreiding van Ebolavirus

deur die lug tussen primate, wat die mens insluit, is nog nie bevestig

nie. Daar moet ook nog baie navorsing gedoen word oor die risiko

van seksuele oordrag. Semen of borsmelk van ‘n persoon wat

genees is van die Ebolavirussiekte, kan die virus vir weke of selfs

nog maande dra. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan

dat manlike oorlewendes van Ebolavirussiekte veilige higiëne en

seks vir twaalf maande vandat hy siektetekens getoon het (of tot-

dat sy semen twee negatiewe toetse vir Ebolavirus geslaag het),

moet beoefen.

Siektetekens van Ebolavirussiekte

Die inkubasieperiode, dit is die tyd van besmetting met die virus tot-

dat die eerste siektetekens waargeneem word, is twee tot 21 dae.

Besmette mense raak eers infektief wanneer hulle siektesimptome

begin wys. Die eerste siektetekens is die skielike (vinnige) ontwik-

keling van koors met uitputting en afgematheid, spierpyne, kop-

seer en seer keel. Dan volg opgooi (vomeer), diarree, veluitslag,

siektetekens van aantasting en wanfunksie van die niere en lewer.

In sekere gevalle kom inwendige en uitwendige bloeding voor

(byvoorbeeld bloedsypeling van die tandvleis, slymvliese en bloed

in die stoelgang).

Laboratoriumtoetse toon ‘n verlaagde witbloedseltelling en bloed-

plaatjietelling asook verhoogde lewerensieme. Die risiko dat be-

smette persone kan sterf, is baie hoog (tussen 25% en 90%), met ‘n

gemiddeld van 50% wat sterf. Sterftes is baie keer te wyte aan lae

bloeddruk weens vloeistofverlies – wat tipies is na ses tot 16 dae

nadat siektesimptome begin wys het.

Diagnose

Ander siektes soos Slenkdalkoors, Krim-Kongo-hemoragiese koors,

malaria, tifoïedkoors (maagkoors), meningitis (breinvliesontste-

king) en cholera kan moontlik ooreenkom of lyk na Ebolavirussiekte.

Bogemelde siektes is differensiële diagnoses van Ebolavirussiekte.

Bloedmonsters word getoets vir die Ebolavirus se RNA (PCR-toets),

virusteenliggaampies (ELISA-toets) of die virus word gekweek op

selkulture. Bloedmonsters van pasiënte hou ‘n uiterste besmetting-

risiko vir persone wat dit hanteer, in.

Behandeling en entstowwe

Ondersteunende behandeling van pasiënte vir rehidrasie met

binneaarse of orale vloeistoftoediening vir spesifieke siektetekens

verbeter die uitkoms van die siekte en oorlewing. Tans is daar

geen bewese of beproefde behandeling vir Ebolavirussiekte

beskikbaar nie. Daar word ‘n reeks van potensiële behandelings

en middels geëvalueer soos bloedprodukte, immunoterapie asook

middelterapie. Daar is geen geregistreerde entstof beskikbaar nie.

Tans word twee potensiële entstowwe vir gebruik getoets.

Voorkoming en beheer

Verskeie aksies en intervensies vir siektebeheer word toegepas,

naamlik bestuur van gevalle met Ebolavirussiekte, waarneming

van en soeke na kontakpersone van die siekte, goeie en

volhoubare laboratoriumdienste, veilige en geen kontak met

sterfgevalle by begrafnisse nie en inligting aangaande die siekte.

Gemeenskappe moet aktief betrokke raak by uitbreke van die

siekte. Die bewusmaking van gemeenskappe oor Ebolavirusbe-

smetting en beskermde maatreëls, wat persone kan toepas om

oordrag te voorkom, moet gedoen word.

Kontak dr Jan du Preez by 083 656 3638 of

drjanh.dupreez@gmail.

com

vir meer inligting.

41

October 2016

JAN DU PREEZ,

besturende direkteur: Institute of Livestock Technology en veterinêre spesialis in Volksgesondheid

Die virus word na die mens deur direkte kontak met wilde

diere en vrugtevlermuise oorgedra en versprei dan in die

bevolking deur middel van mens-tot-mensoordrag. Die

siekte is ‘n direkte soönose en besmetting vind plaas deur

noue kontak.

Die eerste uitbreek van die Ebolavirussiekte het in afge-

leë, klein dorpies in Sentraal-Afrika digby die tropiese

reënwoude plaasgevind.

Persone wat lande besoek waar Ebolavirussiekte voorkom,

moet hul bemagtig met kennis oor die siekte.

In kort