

39
October 2016
Dit is hierdie aspekte wat jou produk gaan verkoop. As die bul
gebruik gaan word om die koeikudde te verbeter, moet ook aandag
gegee word aan:
Geboortegewig en speengewig van die bul – wat die maternale
eienskappe van die moeder aandui.
Hoe maklik en hoe vinnig die kalwers gebore word.
Die speenmassa op 200 dae.
Die 400 en 600 dae massa van die bulle.
Gemiddelde daaglikse toename (GDT).
Kleiber-verhouding – wat die ekonomiese groeiwaardes aandui.
Volwassekoeimassa en hoeveel dae dit die bul se ma geneem het
om die volwassekoeimassa te bereik.
Skrotumomtrek wat die vrugbaarheid van die diere aandui – wat
ook geneties is.
As jy oor ‘n gemiddelde kudde beskik, kan die kudde net verbeter
word deur ‘n bogemiddelde bul aan te skaf. Nou is die vraag: Hoe-
veel behoort jy vir daardie bogemiddelde bul te betaal?
Kom ons aanvaar die bul het die vermoë en die beraamde teelwaar-
des dui daarop dat die bul kalwers kan lewer wat gemiddeld 10 kg
swaarder is as dié wat tans geproduseer word. Kom ons aanvaar
ook dat die bul vir vier jaar in die kudde sal bly en dat die bul 25 koeie
per jaar sal dek en dat die kalfspeenpersentasie 90% sal wees.
Dit beteken dat die bul in sy lewe 88 kalwers sal produseer – wat
‘n addisionele 880 kg vleis produseer. As die addisionele vleis
teen R20/kg verkoop word, sal dit R17 600 ekstra beteken. Die
som stop egter nie daar nie. Kom ons aanvaar dat die bul die kudde
se teelmateriaal verhoog het. Dan is die som amper onmoontlik om
te maak.
Indien die gemiddelde bulpryse vir die ras vir die huidige jaar
R30 000 beloop en jy betaal R40 000 vir die bul, is dit verseker ‘n
besondere goeie koop. Indien jy dalk R50 000 betaal, het jy nage-
noeg net-net die waarde van die bul betaal.
As jy dus R40 000 vir die bul betaal het en die bul se slagwaarde
is R10 000, is die bulkoste wat na elke kalf toe toegedeel moet
word, ongeveer R341 of ongeveer 7% van die speenkalf se koste en
bly dit steeds naby aan agt kalwers vir die bul.
Indien die bul daarby nog die vermoë het om een addisionele kalf
per jaar te produseer, sal daar ‘n addisionele R18 860 geprodu-
seer word. Indien hierdie inkomste saam met die vorige inkomste
getel word, kan jy vir hierdie bul met gemak R50 000 betaal. Dit
beteken dat die bulkoste per kalf R435 is, of ongeveer 9% van die
waarde van ‘n speenkalf.
Goeie verhouding met verkoper
Die belangrikheid van ‘n goeie verhouding tussen die koper en
verkoper van bulle kan nie genoeg beklemtoon word nie. As die
verkoper weet waarna jy soek, kan hy jou help om die regte dier te
kies en kan hy sy bulle se prestasie in jou kudde beoordeel.
Verder kan die bulle dalk uit die hand by die verkoper gekoop word
en kan die bulteler ook sy rigting van teling aanpas om in jou vraag
te voldoen.
Opsommend
Hierdie paar feite in ag genome, maak dit ekonomiese sin om bulle
met die regte teelwaardes te bekom en sodoende seker te maak dat
die bulle jou kudde se genetika sal verhoog.
Pas jou bul op en maak seker dat die “baas van die plaas” sy taak met
gemak kan verrig en uiteindelik jou winsgewendheid verhoog.
Daar is heelwat inligting wat by verskeie instansies beskikbaar
is. Kontak gerus die Landbounavorsingsraad by Irene of die ver-
skillende telersgenootskappe vir meer inligting óf die outeur by
082 759 2991.
Graan SA/Sasol fotokompetisie