Background Image
Previous Page  40 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

38

Hoeveel moet ek

vir ‘n bul betaal?

A

s jy met beeste boer, gaan jy heel waarskynlik een of

ander tyd ‘n bul benodig. Om te besluit hoeveel om vir die

dier te betaal, is egter ‘n uitdaging.

Gewoonlik is goedkoop koop, duur koop en duur koop is nie

noodwendig reg koop nie. Elke produsent sal self moet besluit

wat hy bereid is om vir so ‘n dier te betaal. Daar is sekere riglyne

wat gebruik kan word, maar vraag en aanbod is gewoonlik die

bepalende faktor.

Met die aankoop van ‘n bul, moet ‘n mens besef dat die bul die

helfte van die kalwers se genetiese vermoëns verskaf en dat die

bul se gene binne drie jaar in jou teelmateriaal opgeneem sal wees.

Die waarde van die bul sal dan eers regtig na vore kom.

Of die bul nou goeie genetika besit of ‘n swak presteerder is, sy

genetika sal in die kudde oorgedra word. Daarom sal ‘n goedkoop

en verkeerde bul dalk die duurste bul wees wat jy ooit gekoop het

en die duur, maar regte bul dalk die goedkoopste wees wat jy ooit

gekoop het.

Stel só vas wat die bul se waarde is

Daar is verskeie maniere om die waarde van ‘n bul te bereken. Die

gemiddelde prys wat vir ‘n spesifieke ras se bulle oor ‘n spesifieke

tydperk betaal is, kan as ‘n basis gebruik word. Tog is daar ook nog

heelwat ander maniere om die ‘n bul se waarde te kwantifiseer.

‘n Goeie duimreël is die gebruik van die waarde van agt speen-

kalwers of die gebruik van die waarde van vyf vetgemaakte koeie.

Hierdie is egter net riglyne en daar is groot variasies op die metodes.

Daar is selfs internasionale syfers daarvoor beskikbaar.

Ten einde ‘n akkurate berekening van ‘n stoetbul se waarde te

maak, is dit belangrik dat die teelwaardes en veral die genetiese

waarde of

best linear unbiased predition

(BLUP)-teelwaardes

beskikbaar moet wees. Hierdie waardes word al vir jare wêreldwyd

gebruik om bulle met mekaar te vergelyk.

BLUP-teelwaardes is ‘n wetenskaplik-gebaseerde genetiese bera-

ming van hoe die bul se nageslag gaan presteer. Om deurentyd

genetiese verbetering in die kudde te bewerkstellig, moet die nuwe

bul beter wees as die vorige bulle. Hy moet ook inpas by die koeie se

genetika én jou boerderydoelwitte.

Die enigste manier om dit te bewerkstellig, is om die teelwaardes

te vergelyk. Op dié manier kan bulle van dieselfde ras, wat in

verskillende jare en kuddes gebore is, met mekaar vergelyk word.

Die koper het derhalwe ‘n hulpmiddel om hom hierin te ondersteun.

Dit is baie belangrik dat jy as koper en/of verkoper moet weet wat

jy koop en/of verkoop. Jy as koper moet weet watter eienskappe

jy in jou kudde benodig. Met hierdie kennis kan jy die beste bul

volgens jou boerdery se behoeftes kies.

As jy ‘n behoefte aan vinniggroeiende speenkalwers het, kan jy ‘n

bul kies wat aan hierdie vereistes voldoen. Dit maak nie sin om

hierdie syfers buite rekening te laat en ‘n bul bloot met die oog

te koop nie.

Voldoen die bul hieraan?

Dit help boonop niks as jy ‘n bul koop wat aan al jou vereistes

voldoen, maar hy het nie die “woema” om sy werk te doen nie.

Die bul is daar om kalwers te produseer en hoe meer kalwers hy

verwek, hoe goedkoper is die bul se koste per kalf en hoe groter is

sy ekonomiese bydrae.

Om baie kalwers te produseer, moet die bul veral aan die volgende

vereistes voldoen:

Hy moet gemaklik loop en kan dek en moet daarom struktureel

korrek wees.

Die bul moet oor ‘n korrek-gevormde, groot skrotum sonder

vetaanpaksel om die skrotum-nek beskik.

Die bul moet oor die libido of “die wil om te dek” beskik.

Die bul moet gesond wees om vrugbare, “sterk” en gesonde

sperm te kan produseer.

Maak seker dat die bulle deur ‘n rasgenootskap-kenner goedgekeur

is en betaal ‘n veearts om die ander aspekte te toets.

Jy as koper moet ook veral aandag gee aan eienskappe wat van

ekonomiese belang is, soos: Kalfpersentasie, voerdoeltreffendheid,

moeder-eienskappe, karkasgehalte en uitslagpersentasie. Die

skouerhoogte en die liggaamslengte – wat die raamgrootte van die

dier aantoon – is net so belangrik.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

Daarom sal ‘n goedkoop

en verkeerde bul dalk die

duurste bul wees wat jy

ooit gekoop het en die

duur, maar regte bul dalk

die goedkoopste wees

wat jy ooit gekoop het.