FOKUS
Diere
Spesiale
Oktober 2016
30
veeprysrisiko só
D
ie landbousektor het die afgelope paar jaar geweldige
veranderinge ondergaan. Die veranderinge in die sektor
strek vanaf plaasvlak reg deur die waardeketting tot en
met die produk op die winkelrak. Die bedryf het meer
gesofistikeerd geraak en oraloor verkondig advertensies dat
produsente nie meer net produsente is nie, maar dat hul daaglikse
take veel verder strek en ‘n verskeidenheid vakgebiede insluit. Pro-
dusente is derhalwe meer kundig as waarvoor hul erkenning kry.
Daaglikse take van die hedendaagse produsent sluit baie bestuurs-
aspekte in – wat strek van personeel tot en met risiko en selfs
trekker- of bakkiebestuur. Intussen moet die produsent nog die
markte dophou vir bemarkingsdoeleindes, terwyl hy besig is met
die belangrikste taak van alles – om voedsel vir ons land en sy mense
te produseer.
Risiko’s in die markte
Daar bestaan egter verskeie risiko’s in die markte van die produkte
wat deur produsente geproduseer word. Hierdie risiko’s strek
vanaf produksierisiko tot en met prysrisiko. Oor produksierisiko het
produsente in die meeste gevalle nie beheer nie en is hulle oorgelaat
aan die genade van die natuur.
Prysrisiko egter, kan produsente tot ‘n groot mate bestuur. Hierdie
prysrisikobestuur kan gedoen word deur gebruik te maak van
termyn- en opsiekontrakte op die Safex-mark.
Die Safex-mark bied aan produsente die geleentheid om gebruik te
maak van afgeleide finansiële instrumente om prysrisiko deur middel
van verskansing te bestuur. Bemarking van produkte kan sodoende
begin al lank voor die fisiese produkte verkoop word. Dit bied aan
produsente meer onderhandelingsmag, omdat hulle nie bloot die
prys van die dag moet aanvaar nie.
Hierdie prysrisikobestuur kan nou ook in die beesbedryf toegepas
word danksy die termynkontrakte wat op Safex beskikbaar is. Deur
gebruik te maak van hierdie termynkontrakte kan beesprodusente
ook nou beter bemarking begin toepas met die onderhandelings-
mag waaroor hulle beskik.
Die kontrakte kan ook vir verskeie ander redes aangewend word en
die hele beesvleiswaardeketting vanaf die primêre produsent tot
en met die handelaar wat die vleis versprei – en almal tussenin – kan
hierdie kontrakte suksesvol gebruik.
Hoe lyk die beeskontrak?
Die karkaskontrakte wat einde Januarie 2016 amptelik deur die JSE
bekend gestel is en wat op Safex verhandel, is A2/A3-karkaskon-
trakte met twee sye per karkas en ‘n bouvorm van twee tot vyf. Een
kontrak is ‘n 1 000 kg en die pryse word in R/kg gekwoteer.
Daar is vier verskansingsmaande vir die karkaskontrakte, naamlik
Maart, Junie, September en Desember. Die kontrakte is slegs
kontantlewerings en daarom kan daar geen fisiese lewerings op die
kontrakte plaasvind nie. Dit bly egter bloot ‘n finansiële instrument
wat gebruik kan word vir prysrisikobestuursdoeleindes.
Die finale leweringsprys teen kontrakvervaldatum is ‘n tweeweek-
likse geweegde gemiddelde verkoopprys van die A2/A3-karkasse.
Die prysinligting word deur die Rooivleis Abattoir Vereniging verskaf.
Alhoewel daar op hierdie stadium slegs ‘n karkaskontrak beskikbaar
is, moet die waarde van hierdie kontrak nie gering geskat word nie.
Die kontrak kan ook suksesvol aangewend word vir diegene wat
speenkalwers bemark deur die speenkalfprys van die karkasprys af
te lei.
Grafiek 1
toon die A2/A3-karkas en speenkalfpryse.
Hoe werk dit in praktyk?
Die verwantskap tussen die A2/A3-karkaspryse en die speenkalf-
pryse kan dien as riglyn vir die gebruik van die karkaskontrak om
speenkalwers te bemark. Die speenkalfkontrak word in die bemar-
kingskontrak as ‘n persentasie van die karkaskontrak vasgeteken. Op
dié manier kan die speenkalfprysrisiko ook verskans word.
Die verskil tussen die A2/A3-karkasprys en die speenkalfprys moet
net vooraf vasgestel word en dan beweeg die twee pryse saam. Sien
die voorbeeld in
Tabel 1
.
Voorbeeld
A2/A3-termynprys vir lewering in Desember = R41/kg
*Speenkalfpryse = A2/A3 - *R20/kg
Speenkalf vir lewering in Desember = R21/kg
In Desember het die fisiese prys van karkasse gedaal na R38/kg
*Die R20/kg is slegs vir verduidelikingsdoeleindes ingesluit en is nie
‘n vasgestelde prys nie. Die prysverskil kan deur die verskanser en
verskansingverskaffer onderling vasgestel word.
Uit Tabel 1 kan afgelei word dat die speenkalfprys dan saam met
dié van die karkas beweeg. Die prys van die speenkalf word dus
teen R21/kg vasgestel vir lewering in Desember. Daar word dan in
Augustus kontrakte verkoop vir lewering in Desember teen R41/kg
om verskansing te verseker.
Gestel in Desember het die fisiese prys gedaal tot en met R38/kg.
Die waarde van die speenkalf is dan R18/kg. Die verskanste prys was
egter R21/kg vir speenkalwers.
Aan die termynbeurskant is daar steeds verkoopkontrakte teen
R41/kg. Die verkoper van die kontrakte is nou verplig om presies
dieselfde kontrakte terug te koop, maar die waarde van die kontrakte
is nou net R38/kg.
Daar sal dus aan die termynbeurskant ‘n wins van R3/kg gemaak
word. Die wins van R3/kg kan by die R18/kg gevoeg word – wat vir
die fisies-gelewerde speenkalwers ontvang is. Die netto prys wat vir
die speenkalf ontvang is, is dan R21/kg.
Speenkalf fisies gelewer: R18/kg
Termynbeurs: R3/kg wins
Netto = R18/kg + R3/kg = R21/kg
Die kontrakte kan aangewend word wanneer daar speenkalwers
en/of karkasse verkoop of aangekoop word. Die hoofdoel van die
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom: Graan SA