Background Image
Previous Page  30 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Oktober 2016

28

Skaapprodukte verhoog melkproduksie,

lamvoedingstatus en wolgroei

V

oedingsbehoeftes vir wolproduksie is behoeftes bo en

behalwe die ooi se voedingsbehoeftes vir fisiologiese

produksie- en reproduksiestadiums. Die primêre voedings-

behoeftes vir wolproduksie is tweeledig, te wete proteïen

en energie.

Omdat wol ‘n suiwer proteïen is, is ‘n proteïenryke rantsoen

noodsaaklik vir optimale wolproduksie. Weiding is in die algemeen

proteïen-arm – veral wat swawel-bevattende aminosure betref.

Hierdie aminosure moet dus in die vorm van deurvloeiproteïen

aangevul word.

Wat dít betref hou RCL Foods se Super Lam- en Ooikorrels

(V26508), Lam- en Ooilek (V25056), Wolmeester Konsentraat

(V19782) en Elite Block (V26008) ‘n groot voordeel in, in die sin

dat die aminosuursamestelling tydens formulering in ag geneem

word. Die energie word benodig vir optimale benutting van proteïen

vir wolproduksie, asook vir die vorming van wolvet.

Navorsing het bewys dat voeding in laatdragtigheid ‘n groot invloed

op die lam se wolproduksiepotensiaal uitoefen. Deur ‘n te hoë

en te lae voedingspeil te verskaf, het die lammers ‘n verskil van

34% in geboortegewig gehad. Die kleiner lammers het by geboorte

15% minder wolfollikels gehad, maar ook ‘n groot aantal onvol-

wasse follikels.

Die verskil in follikelaantal is tot op die volwasse stadium gehand-

haaf – wat ‘n hoër veseldikte by die klein lammers tot gevolg gehad

het. Die klein lammers het as volwasse diere 8,5% minder wol met

‘n hoër veseldikte geproduseer.

Indien lammers ook na geboorte voedingstremming ervaar, sal

wolproduksie permanent benadeel word. Die grootste effek van

voeding op die lam se wolproduksie vind plaas gedurende die

eerste maand na geboorte, omdat 70% tot 80% van die potensiële

wolfollikels gedurende hierdie periode volwassenheid bereik.

‘n Ooi wat twee lammers soog, elk met ‘n groeitempo van

350 g/dag, is so produktief soos ‘n melkkoei in pieklaktasie wat

30 kg melk/dag produseer. Die ooi se energiebehoeftes is 70%

hoër as gedurende die vorige twee weke van dragtigheid. Om te

verhoed dat sy liggaamsvet verloor, sal haar energiebehoeftes ge-

lykstaande aan drie maal onderhoudspeil moet wees.

Dit is egter onprakties om sodanige voedingspeile te bereik.

Liggaamsvetreserwes is dus baie kritiek gedurende vroeë laktasie

en gevolglik behoort die gebruik van liggaamsvet tot hierdie periode,

eerder as gedurende laatdragtigheid beperk te word.

Indien die korrekte voedingsbeginsels gedurende mid- en laat-

dragtigheid gevolg word, behoort die ooi oor minstens 75% van die

vet wat met paring teenwoordig was, met lam te hê. Tot 50% van

die vet kan gebruik word om energie vir melkproduksie te voorsien,

wat weer eens die belangrikheid van die optimale kondisiepunt van

3,5 (op ‘n skaal van 1 tot 5) met paring beklemtoon.

Ondervoeding van ooie in laatdragtigheid veroorsaak ‘n verlaagde

melkproduksie met lam, wat lei tot swak moedereienskappe en

hoër lamvrektes. Hoewel die voeding van die laatdragtige ooi baie

belangrik is vir uierontwikkeling en kolostrumproduksie, toon na-

vorsing dat die ooi se voedingspeil ná lam ‘n nog groter invloed op

melkproduksie het.

RCL Foods se klaargemengde lek, konsentraat, blok en produk-

siekorrels vir ooie met lammers, sal bogemelde voordele vir die

skaapprodusent verseker. Wat egter belangrik is om te onthou, is

dat dit nie net die hoeveelheid proteïen is wat belangrik is nie,

maar dat die hoeveelheid kwaliteit deurvloeiproteïen in die aan-

vulling net so belangrik is.

Voer Super Lam en Ooikorrels, Lam en Ooilek, Wolmeester

Konsentraat (nadat dit gemeng is met sout en mieliemeel) en

Elite Block teen 300 g/ooi/dag tot 400 g/ooi/dag gedurende laat-

dragtigheid en verhoog ooie se inname na 400 g/ooi/dag tot

500 g/ooi/dag gedurende laktasie afhangende van meerlingstatus,

weidingskwaliteit en die kondisie van die ooie.

Vir verdere inligting rakende Epol- en Molatek-skaapprodukte vir

ooie vir onderhoud, produksie of ‘n volledige voeroplossing, skakel

jou naaste RCL Foods-verteenwoordiger.

Produk-inligting

VLOK FERREIRA,

nasionale tegniese bestuurder: Herkouers, RCL Foods

Goed gebalanseerde aanvullings stimuleer melkproduksie.