

Die gevolg daarvan is dat hulle spesifieke brandstofverbruik per eenheid krag gelewer swak
is, in die algemeen 0,38 liter per kWh.
Grafiek 1
toon duidelik die wenslikheid om trekkers
behoorlik te belas met die korrekte implement wat die kraglewering per eenheid brandstof
verbruik dramaties verbeter.
Lewensduurkoste
Beide vaste koste, varieerbare koste en finansieringskoste moet in ag geneem word om te bepaal
watter kombinasie van trekkers aangeskaf moet word. Dit is belangrik dat die netto huidige
waarde (
nett present value
) bereken word vir verskillende kombinasies van trekkergroottes om
die optimum sisteem vir die produsent te bepaal.
Van baie groot belang is die hoeveelheid ure per jaar wat die trekkerbelegging vir werk aangewend
gaan word. Onthou: Die ure per jaar is nie net werksure per dag nie, maar ure waar die trekker
en implement voorwaarts beweeg op die land, soos vroeër in die artikel aangespreek is.
Grafiek 2
toon duidelik die wenslikheid van vermeerdering van werksure wat die belegging per
jaar aangewend word, naamlik generiese vaste en varieerbare koste per uur vir verskillende ure
per jaar (Erkenning: LNR-Instituut vir Landbou-Ingenieurswese).
Die aspekte van netto werksure om totale effektiewe aanwending van die trekkerbelegging te
bepaal asook die korrekte belading van die enjin (en die regte implement) is die twee mees
kritieke faktore wat die optimering van trekkerkoop bepaal.
Dit sal beslis die moeite werd wees vir ‘n voornemende trekkerkoper om tyd met ‘n kundige
te spandeer en die bespreekte faktore te analiseer voordat ‘n beleggingsbesluit gemaak
word. Nog beter sal wees om ‘n totale meganisasiebeplanning uit te voer om alle trekker-
groottes wat benodig word, te bepaal.
Vir meer inligting kan Louis Lagrange gekontak word by 082 564 3417.
Hoe om te besluit
75
Grafiek 1: Verlaging in spesifieke brandstofverbruik met verhoging van enjinbelading.
Grafiek 2: Eenheidstrekkerkoste met verhoging van jaarlikse gebruiksure.
OP PLAASVLAK
Werktuie en toerusting