Background Image
Previous Page  75 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 75 / 112 Next Page
Page Background

73

trekkers word een na die ander gekies en die antwoord word

geïtereer totdat ‘n kliëntspesifieke, optimale oplossing bereik word.

Laastens is dit uiters belangrik om te onthou dat werk in die veld

slegs plaasvind indien die trekker en implement in die veld vorentoe

beweeg. Die term “netto veldure” beteken die ure per dag minus

die tyd vir onderhoud, vergadering, ry na land, draai op wenakkers,

middagetes en teetyd. Die netto veldure word dan vermenigvuldig

met veldeffektiwiteit (die hoeveelheid tyd wat die trekker en

implement vorentoe beweeg en werk verrig) om totale effektiwiteit

te verkry.

Dit is belangrik om te onthou dat die trekker en implement byme-

kaar moet pas en dat die trekker en implement in staat moet wees

om die aksie binne die bepaalde tyd te kan afhandel. Verder is dit

belangrik dat die trekker oor die toepassings moet beskik om dit vir

die implement moontlik te maak om tot volle kapasiteit te opereer.

Dit help nie jy het ‘n trekker wat sterk genoeg is om die implement

te trek, maar jy kan nie die hoeveelheid olie wat benodig word om

die implement te laat werk, beskikbaar stel nie.

Presisieboerdery is die toekoms; maak dus seker dat jou trekker en

toerusting die nuutste tegnologie kan akkommodeer.

Eienaar se benadering

Sommige eienaars kan baie mense bestuur en gee nie om vir baie

drywers met kleiner trekkers nie. Ander wil weer nie te veel mense

bestuur nie en verkies minder, maar groter trekkers. Vir sommige

eienaars is dit ‘n té groot risiko dat werk staan as gevolg van een

groot trekker wat breek en hulle verkies daarom meer as een kleiner

trekker om die taak te verrig. Ander eienaars het weer ‘n voorkeur

vir nuwe trekkers met laer herstelkoste en minder herstelperiodes.

Eienaars het ook ‘n spesifieke onderhoud- en diensbenadering en

dit moet in ag geneem word – spesifiek wanneer gebruikte trekkers

oorweeg word.

Aanhaakstelsel

Die verskeidenheid van implemente wat die driepunthysstelsel en

aanhaakstelsel moet gebruik, is belangrik. Dit sal moontlik nodig

wees om ‘n heelwat groter trekker aan te skaf waar die enjinaan-

drywing (kW) nie die beweegrede is nie, maar waar die hoeveelheid

tonnemaat wat die driepunthysstelsel moet kan optel ‘n bepalende

faktor is.

Kragaftaksisteem asook hidrouliese

vereistes

Daar bestaan drie tipes kragaftaksisteme wat elkeen teen ‘n ver-

skillende spoed draai, verskillende monteermeganismes het wat

‘n verskillende hoeveelheid krag kan oordra en wat vir spesifieke

enjingroottes ontwerp is. Die voornemende eienaar moet seker

maak watter tipe sisteem benodig word. Verder word dit net ge-

noem dat sekere hidrouliese transmissietipes effektiwiteit kan

beïnvloed en dat hoe meer ratte ‘n trekker het, hoe meer kan die

krag en werktuigpassing met mekaar gesinchroniseer word en be-

sparings teweegbring.

Die meerderheid implemente het deesdae hidrouliese vereistes.

Maak seker dat die trekker die vermoë het om die implement te

kan aandryf. Baie presisietoerusting maak gebruik van hidrouliese

motors, so maak seker dat die trekker met die regte toestelle

toegerus is om die implemente optimaal te kan laat werk.

Enjinbelading

Een van die mees kritieke faktore naas die totale effektiwiteit van

voorwaartse beweging, is die belading op die trekkerenjin. Vorige

artikels het hierdie aspek in detail aangespreek deur te toon dat

trekkers ontwerp is om in die wringkragreserwe te werk met

dramatiese verbetering in brandstofverbruik.

In hierdie artikel word slegs ‘n algemene tendens uitgewys dat

trekkers slegs met 40% tot 60% van hul ontwerpkapasiteit belas

word, wat aandui dat heelwat trekkers te groot is vir die aanwending.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie