Background Image
Previous Page  74 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

72

Hoe om te besluit oor ‘n

trekkerbelegging

‘n

Trekker is ‘n meganisme wat chemiese energie, vasgelê

in die vorm van brandstof, omskakel na wringkrag na

die agterwiele met die doel om uiteindelik trekkrag vir

voorwaartse beweging te verkry.

Dit is belangrik vir ‘n landbouer wat die investering in ‘n nuwe

trekker oorweeg om eers die regte doelmatige (

effective

) tipe en

grootte trekker aan te skaf. Daarna kan daar na die doeltreffendheid

(

efficiency

) van die energie-oordrag gekyk word deur wielglip,

ratkeuse, gewigte en aanhaakmetodes te optimeer.

Hierdie artikel verskaf verskeie aspekte om die voornemende

trekkereienaar te ondersteun om die korrekte en mees doelmatige

trekker te identifiseer. Kies die regte toerusting om die werk reg te

kan doen en bespaar sodoende.

Om te dink dat hierdie proses nie nodig is as trekkers net vervang

word nie, is gewis ‘n fout. Miskien kan foute juis uit die staanspoor

uitgeskakel word deur die regte trekker te koop.

Die finansiële implikasie van ‘n trekker is nie net van die aankoop-

prys of koste per kilowatt afhanklik nie, maar dit moet oor die totale

lewensiklus van die trekker beskou word, wat die loopkoste en

herstelkoste asook inruilwaardes insluit.

Ekonomies is dit nie sinvol dat ‘n produsent ‘n ideale trekker vir

elke individuele aksie kan aanhou nie en iewers moet ‘n kom-

promie aangegaan word deur ‘n bestaande trekker ook vir ander

“oneffektiewe” take aan te wend. Sulke aksies moet verkieslik so min

as moontlik gedoen word.

Die proses om ‘n trekker te kies, behels ‘n mengsel van finansiële

besluite, besluite rondom praktiese behoeftes sowel as die eienaar

se bestuursvoorkeure; elke voornemende eienaar sal sy unieke

behoeftes moet bepaal.

Die volgende aspekte speel ‘n rol in die totale besluitnemingsproses:

Behoeftebepaling

Tipe werk wat gedoen moet word asook die implemente-

vereistes vir die taak

Werkskondisies

Die hoeveelheid werk wat binne die beperkende tydsgleuwe

gedoen moet word

Die rigting waarin nuwe tegnologie beweeg

Eienaar se benadering

Aanhaakstelsel

Kragaftaksisteem en hidrouliese vereistes

Lewensduurkoste

Behoeftebepaling

Eerstens moet die tipiese soorte werk gelys word, met inagneming

van die tipe grond (sand, leem of klei) en die hoeveelheid trek-

krag benodig asook die hoeveelheid tyd wat op elke grondtipe

gespandeer gaan word. Dit kan moontlik wees om in sekere geval-

le ook hellings in ag te neem sowel as ander plaaswerftake wat

ook uitgevoer moet word.

Die werkstoestande waarbinne die take binne die beskikbare tyds-

gleuwe afgehandel moet word, bepaal die tipe bewerkings, werks-

ure per dag en ook wat per werker gelewer moet word. Die inligting

sal die oorweging van verskillende kajuittipes, geraas en stof asook

werk oor naweke en vakansiedae bepaal.

Verskeie meganisasiebeplanningsmetodes bestaan, maar byna al-

mal is steeds afhanklik van sekere gebruikerspesifieke voorkeure

en risikogekoppelde besluite. Die volgende drie algemene metodes

wat gebruik word, word kortliks hier genoem sonder om in te veel

detail in te gaan:

Energiebehoefte per aksie

Spesifieke energiebehoeftes in kWh/ha x aantal hektare/beskik-

bare tyd = drywing (kW) benodig. Die toepaslike implementgrootte

word dan gekies.

Hierdie benodigde kilowatts word dan op ‘n sogenaamde pro-

jekbestuur “Gantt Chart” aangedui, wat aksies oor periodes per

jaar aantoon.

Trekkrag per aksie

Die trekkrag per wydte x werkstempo = drywing benodig (kW).

Hierdie benodigde kilowatts word dan op die Gantt Chart-jaar

aangetoon. Albei metodes leen hulle tot redelike maklike program-

mering, maar omdat die kritieke aksies vooraf gekies moet word,

kan dit die holistiese beskouing van oplossings beperk.

Trekker- en implementpassing

Die trekkrag en implementwerkstempo word vanaf tabelle bekom en

met mekaar versoen. ‘n Vloeidiagram word opgestel en alternatiewe

OP PLAASVLAK

Doelmatigheid / Doeltreffendheid / Trekkers

Werktuie en toerusting

Kies die regte

toerusting om die werk

reg te kan doen en

bespaar sodoende.

LOUIS LAGRANGE,

landbouingenieur: Universiteit van die Vrystaat