Background Image
Previous Page  81 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 112 Next Page
Page Background

AKTUEEL

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

B

elangrike wysigings aan arbeidswetgewing wat tussen 1990 en 1994 in werking getree

het, het ‘n behoefte na dienste wat tipies deur ‘n werkgewersorganisasie aangebied

word, sterk na vore gebring. Die LWO Werkgewersorganisasie is in 1990 gestig met

die aanvanklike doel om uitsluitlik aan produsente binne die Suid-Afrikaanse landbou-

gemeenskap bystand te verleen met die hantering van arbeidsreg-aangeleenthede.

Die LWO Werkgewersorganisasie is ‘n lede-organisasie sonder winsbejag met ‘n nasionale

voetspoor. Die organisasie is geregistreer as werkgewersorganisasie by die Departement

van Arbeid – een van die grootste voordele hieraan gekoppel, is dat ons gemagtig is om ons

lede te verteenwoordig by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA),

op Bedingingsrade en in die Arbeidshof.

Omdat die LWO bestuur word deur ‘n raad wat uit lede van die organisasie bestaan, het die

organisasie ‘n unieke voordeel in die mark. Die raad is verteenwoordigend van produsente uit

elke provinsie asook sakelui en toonaangewende akademici. Dit verseker dat die LWO in pas

bly met behoeftes op grondvlak.

Die organisasie se eerste en belangrikste funksie is om te verseker dat die werkgewer aan al die

vereistes van arbeidswetgewing voldoen. Die LWO se visie is om ‘n dinamiese rol te speel in die

bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomge-

wing vir lede.

Globale Mededingendheidsverslag

Suid-Afrika se arbeidsmark word met reg as hoogs gereguleer beskou. Hierdie siening word

beaam in die Wêreld Ekonomiese Forum se

Globale Mededingendheidsverslag

van 2014/2015

en Suid-Afrika word 143ste uit 144 lande in terme van aanstel- en afdankpraktyke gerangeer.

Die verslag rangeer Suid-Afrika verder 136ste vir betaling in lyn met produktiwiteit en 133ste in

terme van die koste wat geweld en misdaad vir besighede inhou.

Oor die algemeen word Suid-Afrika 144ste gegradeer in terme van samewerking in werkgewer/

werknemer-verhoudinge. Arbeidsverhoudinge in die landbousektor word gereguleer deur Sek-

torale Vasstelling 13, wat ‘n raamwerk daarstel van spesifieke wetgewing van toepassing op die

landbousektor, insluitend ‘n minimum loon soos jaarliks bepaal deur die Minister van Arbeid.

Die mate waartoe die Suid-Afrikaanse besigheidsomgewing gereguleer word, word ook uit-

gewys in die Fraser-instituut se

Economic Freedom of the World 2015 Annual Report

waarin

arbeidswetgewing onder meer uitgesonder word as ‘n bydraende faktor tot die beperking van

ekonomiese vryheid. In die verslag word ekonomiese vryheid direk gekoppel aan ‘n land se wel-

vaart en is Suid-Afrika besig om agteruit te boer.

In die volgende artikel (in die November-uitgawe van

SA Graan/Grain

) sal daar gekyk word

na waarin die organisasie spesialiseer, wat die LWO se dienste insluit asook wat lidmaatskap

aan die organisasie behels.

Vir verdere navrae, kontak die outeur by 0861 101 828 x204 of

ansofie@lwo.co.za .

Jy kan ook

hul webtuiste besoek by

www.lwo.co.za .

ANSOFIE TIEDT,

bestuurder: Bemarking, LWO Werkgewersorganisasie

– LWO Werkgewersorganisasie (Deel 1)

Reeks

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of

praktyke wat hulle op die plaas toepas en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel.

Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

79