Background Image
Previous Page  76 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

74

SWAEL:

Die vierde makro-element

L

andbou is waar alles 62 jaar gelede vir Omnia begin het toe

dr Joachim Winkler en mnr Willie Marais ‘n klein kalkonder-

neming, gebaseer op ‘n kultuur van hegte gesinsbande, op die

been gebring het. Omnia se sakefilosofie, die “wetenskap vir

groei”, of te wel “Nutrilogie

®

” is gevolglik op hierdie kultuur gebou.

Dit behels veel meer as net die verkoop van kunsmis aan produsen-

te en is ‘n allesomvattende model van belegging, verhoudings, ven-

nootskappe, navorsing, gehalte produkte en dienste, sowel as ‘n

onwrikbare verbintenis tot die landbou. Dit beteken dat Omnia nie

net by die voorsiening van kunsmisbehoeftes betrokke is nie, maar

ook by enige ander kritieke aspek van boerdery wat opbrengste,

risiko en omgewingsimpak raak.

Die maatskappy se Strategiese Landboukundige Dienste departe-

ment ontwikkel voortdurend maniere om voedingstof- en waterver-

bruiksdoeltreffendheid te verbeter asook die kwantifisering van

risiko’s vir verbeterde besluitneming, tot voordeel van ons kliënte.

Daarom het die maatskappy onlangs sewe boeredae regoor die

land gehou ten einde sy navorsing en kundigheid aangaande die

belangrikheid van swael as deel van gebalanseerde plantvoeding

met kliënte te deel.

Die wêreld gebruik ongeveer 55 miljoen ton swael in kunsmisver-

vaardiging (International Fertilizer Industry Association [IFA], 2015).

Ongelukkig beland slegs 10 miljoen ton daarvan in landbougrond

(The Sulphur Institute, 2010).

93% swael word as swaelsuur gebruik, meestal in die vervaardiging

van fosfaatkunsmis, wat dan uiteindelik op gipshope beland. Daar

was tot en met 2010 ‘n bestendige afname in swaelverbruik vir land-

boukundige doeleindes, maar sedertdien het die wêreldverbruik

toegeneem. As die huidige gewasbehoefte aan swael bereken

word, wil dit voorkom of daar ‘n wêreldwye behoefte van omtrent

25 miljoen ton swael as plantvoedingselement bestaan.

Ongelukkig lyk dit op grond van huidige tendense, asof daar in

werklikheid 12,2 miljoen ton minder swael as kunsmis toegedien

word (The Sulphur Institute, 2015). Wat nog meer ontstellend is,

is dat die gebruik van swael in kunsmis in Suid-Afrika sedert 2008

amper gehalveer het, terwyl verbruik in die res van die wêreld met

14% toegeneem het.

Sonder die swaelbevattende aminosure sisteïen en metionien, asook

ander organiese verbindings, sal daar geen lewe wees soos ons dit

ken nie.

Dit speel ‘n groot en noodsaaklike rol as plantvoedingselement

en word dikwels as die vierde makro-element naas stikstof, fosfor

en kalium beskou weens die uiterse belangrikheid daarvan in

plantfisiologie en -metabolisme.

Trouens, in die mielie- en sojaboonproduserende gebiede van die

VSA word swael as die derde grootste beperkende plantvoedings-

element naas stikstof en fosfor beskou.

Die uiterse belangrikheid van swael as plantvoedingstof word

tans selfs meer beklemtoon as gevolg van die volgende drie faktore:

Klemlegging op omgewingsbeskerming, veral met betrekking

tot die vrystelling van swaelgasse vanaf steenkoolaangedrewe

aanlegte, het veral in Europa omvattend verskerp. Die probleem

is sedert die vroeë 1980’s drasties aangespreek en moderne lug-

suiweraars verwyder nou sodanige gasse hoogs doeltreffend.

Steenkoolaangedrewe kragstasies het in die verlede swael oor

landbougrond versprei, maar het ook ernstige besoedeling in

die vorm van swaelsuur veroorsaak, wat swael die bynaam van

“geel gif” laat kry het.

Die vraag na swael het eksponensieel gegroei as gevolg van

hoër opbrengste wat per eenheid landbougrond verwyder word.

Vooruitgang in genetiese materiaal en moderne verbouingsme-

todes het tot hierdie verskynsel bygedra.

Weens verskeie redes het die kunsmisbedryf na hoogs gekon-

sentreerde kunsmisprodukte beweeg wat min of geen swael be-

vat nie. Klassieke laekonsentrasie produkte, soos superfosfaat,

is skaars in die wêreldmarkte.

Voortspruitend uit bostaande, besef Omnia Nutrilogie die belang-

rikheid van hierdie plantvoedingselement, nie slegs vir gewaspro-

duksie nie, maar ook vir die voeding van mens en dier.

Om bewustheid aangaande die belangrikheid van swael in die

korrekte beskikbare vorm binne ‘n gebalanseerde bemestingspro-

gram te skep, is die genoemde prestige boeredae regoor die land

geloods. Dr Elke Bloem, ‘n plantvoedingstofspesialis met betrek-

king tot swael (van 'n vooraanstaande navorsingsinstituut in Duits-

land), was die gasspreker.

Verskeie onderwerpe wat gewissel het van swael se rol in oes-

opbrengs en -gehalte tot die bevordering van stikstofverbruiksdoel-

treffendheid is behandel asook die rol wat swael in die stryd teen

gewassiektes speel.

Omnia Nutrilogie vervaardig swaelverrykte produkte deur middel

van sy chemies-verkorrelde proses asook vloeibare kunsmis wat

aansienlike hoeveelhede swael bevat. Dit is belangrik om daarop

te let dat die swael in hierdie produkte onmiddellik in sulfaatvorm

beskikbaar is. Die agronomiese doeltreffendheid van hierdie

produkte is deur nog ‘n spreker, dr Koos Bornman van Omnia

Kunsmis, tydens die boeredae met produsente bespreek.

OP PLAASVLAK

Bemesting

Produk-inligting

ANITA HEYL,

namens Omnia

Gewasreaksie op swaelbevattende samestellings.