Background Image
Previous Page  71 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 112 Next Page
Page Background

Omgewingsinvloede, soos té veel of té

min reën té veel of té min sonlig, ekstreme

temperature, of mengbaarheid met ander

produkte kan alles ‘n impak hê op die

effektiwiteit van die aktiewe bestanddeel.

Afgesien van die fisiese eienskappe van ‘n

aktiewe bestanddeel, moet die hulpmiddels

van ‘n goeie formulasie in harmonie met die

aktiewe bestanddeel saamwerk om optimale

werking te verseker.

Syngenta verstaan hoe belangrik goeie

onkruidbeheer vir die produsent is, en

bestee jaarliks baie tyd en geld aan die

ontwikkeling van formuleringstegnologie.

Die uiteinde hiervan is pasmaak oplossings

aan produsente wat onverbeterlike en

konsekwente resultate lewer.

Syngenta se kennis en ervaring met

formulasies stel hul in staat om die volle

potensiaal van

mesotrioon

te ontsluit. Na

jare op die mark en baie navorsing verstaan

Syngenta formulasie-chemici presies hoe die

aktiewe bestanddeel mesotrioon op sy beste

geformuleer moet word sodat dit optimaal

presteer. Hierdie kundigheid en ervaring het

Syngenta in ts aat gestel om innoverende

formulasies, waar mesotrioon met sleutel

aktiewe bestanddele gekombineer word,

te ontwikkel. Die resultaat is Syngenta se

“Beproefde CALLISTO

®

Tegnologie” familie.

Samestelling van formulasies

maak al die verskil

onkruidbeheer oplossings –

Mielieprodusente het nie tyd om te sukkel met verskeie losstaande produkte

en hul onderskeie dosisse om tenkmengsels vir onkruidbeheer op te maak

nie. Syngenta het jare lange ondervinding en reputasie vir doelgemaakte

een-kan oplossings, wat die dinkwerk uithaal en die doenwerk makliker maak.