Background Image
Previous Page  52 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

Produk-inligting

‘n Kykie na oopput-dompelpompe

C

.R.I. Pumps, met meer as vyf dekades se innoverende in-

genieurskundigheid in die pompbedryf, bied ‘n volledige en

omvattende reeks horisontale en vertikale oopput-dompel-

pompe wat ideaal is vir oop putte waarin die watervlakke

baie kan wissel. Die pompe werk onder water en sit op die bodem

van die put.

Die pompgedeelte is enkelstadium (horisontaal) en enkel- of multista-

dia (vertikaal), en toegerus met ‘n omhulsel en stuwer van gietyster.

Die pompvoluutkamer is ontwerp vir die beste moontlike hidrouliese

werkverrigting. Die dinamies gebalanseerde stuwer is vibrasievry

en duursaam. Dit beskik oor ‘n ekovriendelike hoofkragbron met nat

wikkeling wat watergevul en heropwenbaar is. Die statorwikkelings

is van koperdraad, geïsoleer met waterdigte sintetiese film. ‘n Beson-

dere kenmerk is die druk- en draaglaer met watersmering. Die motor

is voorafgevul met helder, koue, suiwer, vars gefiltreerde water.

Die dinamies gebalanseerde rotor handhaaf ‘n eenvormige

vryruimte wat groter doeltreffendheid verseker en die lewensduur

van die watergesmeerde buslaers verleng. Spesiaal ontwerpte hoë-

prestasiedruklaers word gebruik wat hoë aksiale drukladings en

opstootladings met gepaardgaande slytasie kan weerstaan. ‘n Druk-

effeningsdiafragma van rubber werk druk- en volumewisselings

weens termiese uitsetting van water in die motor teen. Die motor is

verseël met O-ringe, skagverseëling en ‘n sandskerm om te verhoed

dat putwater, sandkorrels en veseldeeltjies in die motor indring.

Spesiale kenmerke

Geen suig- en voorvoeringprobleme nie.

Geen pomphuis nodig nie.

Geruislose werking.

Hoë bedryfsdoeltreffendheid.

Watergesmeerde busse.

Uiters duursame, waterverkoelde, heropwenbare motor.

Kan maklik uitmekaargehaal en herstel word.

SASI KUMAR,

C.R.I. Pumps

C.R.I. Pumps bied ‘n volledige en om-

vattende reeks horisontale en vertikale

oopput-dompelpompe wat ideaal is vir

oop putte waarin die watervlakke baie

kan wissel.

...meer as vyf dekades

se kundigheid in

die bedryf..

.