SA Grain October 2013 - page 85

83
October 2013
Melkras
Jersey-koeie kan hittestres ‘n bietjie beter weerstaan as Holsteins of
Ayrshires.
Algemene aanbevelings vir sproeiers en
waaiers om melkkoeie mee af te koel
Die afkoelarea moet ‘n betonblad met ‘n helling hê sodat die water
kan afloop.
Die sproeiers moet bo die koeie aangebring word.
Sproei die koeie 0,5 tot 2 minute nat en daarna moet waaiers hulle
afkoel. Die prosedure kan herhaal word.
Installeer ‘n outomatiese aanskakelaar vir die stelsel wat aanskakel as
die omgewingstemperatuur bo 23
o
C is.
Lug moet 400 tot 600 voet per minuut oor die koei beweeg.
Waaiers moet ‘n lugvloeikapasiteit van 11 000 cfm of groter hê.
Die waterdruppels moet die koei benat tot op haar huid (nie net die
hare nie), anders vorm ‘n lugkussing tussen die nat hare en huid, wat
nadelig is. Die koei kan dan nie na wense afkoel nie.
THI-waarde
Hittestres se uitwerking op die koei se vertoning
65 of minder
Konsepsie is redelik goed.
65 tot 70
Konsepsie verlaag. THI-waarde van 65 is die kritieke indeks vir konsepsie. Met THI-waardes van
meer as 65, daal konsepsie aansienlik.
70 tot 72
Melkproduksie begin effens afneem. Konsepsie neem baie (10% tot 20%) af.
72 tot 78
THI-waarde van 72 is die kritieke indeks vir melkproduksie. Melkproduksie daal tot 15% as die THI-
waarde oor 72 is. Konsepsie neem met 20% tot 50% af.
78 tot 82
Gevaarlike hittestresvlak vir melkbeeste. Vertoning is swak. Konsepsie neem met 50% tot 70% af.
83
Moenie melkbeeste aanhou nie.
TABEL 1: KLASSIFIKASIE VAN THI-WAARDES (HITTESTRESWAARDES) OM DIE UITWERKING VAN HITTESTRES OP DIE KOEI SE VERTONING
TE BEPAAL.
Komponente
Geen hittestres
Uitwerking of gevolg van hittestres
Melkproduksie
Normaal
Daling van 5% tot 40%
Bottervet (melkvet)
3,3%
Daling van 5% tot 40%
Vetvrye vastestowwe
8,3%
Daling van 5% tot 20%
Melkproteïene
3%
Daling van 5% tot 20%
Somatiese selle per milliliter melk
250 000 tot 350 000
Kan verhoog met 20 000 en meer selle per milliliter melk
Afsterwe van uierweefselselle
Normaal
Verhoging in die afsterwe van uierweefselselle
TABEL 2: NADELE VAN HITTESTRES OP MELKPRODUKSIE EN DIE MELKKWALITEIT VAN MELKKOEIE.
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
1...,75,76,77,78,79,80,81,82,83,84 86,87,88,89,90,91,92,93,94,95,...116
Powered by FlippingBook