SA Grain October 2013 - page 84

Oktober 2013
82
Fokus op lewende hawe
Die melkprodusent kan duisende rande verloor weens die nadelige uit-
werking van hittestres op melkproduksie en melksamestelling. Indien
die hittestresindeks (THI-waarde) oor 72 is, begin melkproduksie drama-
ties daal.
Navorsing oor hittestrestendense in Suid-Afrika waar tot 50 jaar se kli-
maatsgegewens en data gebruik is, wys dat November tot Maart die
warmste maande in Suid-Afrika is en dat melkkoeie gedurende hierdie
maande die meeste hittestres ondervind.
Indien melkkoeie hittestres ondervind (die hittestreswaarde of THI-
waarde is meer as 70), is dit van die uiterste belang dat daar probeer
moet word om die stres te voorkom of te verminder.
Nadele van hittestres op reproduksie
Konsepsie daal.
Indien hittestres (THI-waarde) oor 65 is, begin konsepsie by melk-
beeste betekenisvol daal. Konsepsie kan met 5% tot 40% daal in
koeie wat hittestres ondervind. Hittestreswaardes is vir alle weer-
stasies in Suid-Afrika vir elke maand beskikbaar. Waar normaalweg
twee kunsmatige inseminasies (KI) nodig was vir konsepsie, is by-
voorbeeld drie en meer KI nodig om koeie beset te kry indien die
koeie hittestres ondervind.
Die tyd (periode) wat die koei op hitte is (estrus), verkort. Soms is die
duurte net vier tot agt ure in plaas van 16 ure.
Die tydperk tussen hitteperiodes verleng: In plaas van 21 dae, is dit
25 tot 28 dae.
Embrio-resorpsies neem toe. Baie keer word ‘n koei dragtig geserti-
fiseer (ses tot tien weke), maar as gevolg van hittestres resorbeer sy
haar eie embrio. Die gemiddelde dae in melk van koeie neem toe tot
200 en meer dae (die ideaal is 150 tot 165 dae).
Die duurte van dragtigheid verkort soms met twee weke. Kalfies
wat te vroeg gebore word, het ‘n laer geboortemassa en ‘n swakker
verdedigingsmeganisme. Hierdie kalwers is meer vatbaar vir diarree
en siektes (byvoorbeeld kalwerparatifus en kolibasilose). Twaalf ure
voor KI en vier tot ses dae ná konsepsie is die mees kritieke tye vir
embrio-oorlewing met betrekking tot hittestres. Dit is wenslik om
koeie gedurende hierdie tyd te verkoel om te voorkom dat hulle lig-
gaamstemperatuur verhoog. Hittestres laat die liggaamstemperatuur
met 1
o
C - 1,5
o
C verhoog.
Tekens van hittestres by melkkoeie
Die produsent kan koeie herken wat hittestres ondervind. Tekens
(simptome) van hittestres by melkkoeie is:
Die koei se liggaamstemperatuur kan tot 40
o
C styg. Normale lig-
gaamstemperatuur is 38
o
C tot 38,5
o
C.
Die koei se asemhalingstempo styg tot 65 of soms 96 kere per minuut
in plaas van 40 tot 50 kere per minuut (
panting
).
Die koei kwyl, speeksel loop uit haar bek. Die koei se bek is gewoonlik
oop.
Koeie soek skadu en gaan staan onder die skadu.
Koeie gaan lê in nat plekke indien dit beskikbaar is en strek hulle
bene.
Melkproduksie daal.
Die koei se gedrag verander. Sy loop minder, lek die vel baie om die vel
nat te maak, sy vreet minder kere en sy neem veral minder ruvoer in.
Indien melkkoeie bogenoemde tekens van hittestres toon, moet die
melkprodusent dadelik optree om hittestres te probeer beperk. Miljoene
rande se verliese word per jaar deur hittestres by melkkoeie veroorsaak
as gevolg van verlaagde reproduksie.
Voorkoming en beheer van hittestres by
melkkoeie
Skaduvoorsiening
Skaduvoorsiening (kunsmatig of natuurlik) is die belangrikste maatreël
wat getref moet word teen hittestres.
Lugbeweging
Voorsien waaiers om die lug in opvangskrale te beweeg, voor die stal of
by die voerbakke. Verseker dat natuurlike ventilasie optimaal is.
Benatting
Spuit die melkkoeie minstens een keer per dag (14:00) nat en waai hulle
dan koel met waaiers.
Aktiwiteite
Beperk hantering en aktiwiteite van melkkoeie gedurende die warmste
tyd (11:00 - 15:00) van die dag.
Kragvoer
Verhoog die kragvoer in die rantsoen gedurende hittestres. Die hitte-in-
krement van die voer moet so laag as moontlik wees. Voer en waterbakke
moet onder skadu wees.
Seleksie en teling
Selekteer en teel waar prakties moontlik met melkkoeie wat meer aanpas-
baar en tolerant is teen hittestres.
Area van melkboerdery
Ooreenkomstig die hittestreskaarte en hittestreswaardes moet besluit
word in watter deel van die land ‘n melkery bedryf moet word.
Vervolg van bladsy 81
Die koei staan in vuil water omdat sy hittestres
ervaar.
Hierdie koei kwyl en speeksel loop uit haar bek as
gevolg van hittestres.
Koeie lê in die modder as gevolg van hittestres.
Hittestres by melkbeeste
– wat jy moet weet
1...,74,75,76,77,78,79,80,81,82,83 85,86,87,88,89,90,91,92,93,94,...116
Powered by FlippingBook