Background Image
Previous Page  30 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

28

Wa’sie koepel?

“W

a’sie

dome

?” vra ‘n man in ‘n moulose, gebleikte

pers frokkie. Hy hang by die venster van sy klein

Chinese motortjie uit.

Ek laat sak my kamera en kyk na die granietheuwel skuins voor ons.

Voor ek kan antwoord, skree een van die meisies op die agterste

sitplek: “Wat’s ‘n

dome

,

Dad

?”

Die kinders is om en by tien jaar oud en hulle is net soos die pa

aangetrek. Net die kleure van die frokkies verskil, die een is blou en

die ander een pienk.

“Dis ‘n

dome

.” Die pa draai om, maak ‘n boog met sy hande.

“Soos die

dome

in Jo’burg waar ons daai

bike show

gaan kyk het,”

sê die seun.

Die trotse pa kyk na die heuwel en toe na my. Ek skud my kop. Nee.

Ek oorweeg ‘n kort opvoedkundige lessie, maar volstaan met “Die

koepel is orals, van hier tot die heuwels doer.” Ek wys na die koppies

noord van ons.

“Ok, maar wa’sie gat?” Die teleurstelling is duidelik op sy gesig.

“Daar is ook nie ‘n gat nie,” antwoord ek. “Na miljoene jare se wind

en weer is daar ook nie meer ‘n krater nie.”

“Nou hoekom maak hulle dan so ‘n

fuss

van die plek?” wil die man

weet. Hy trek weg en skop klippe op soos die karretjie oor die

sinkplaatpad bokspring.

Die leek se koepel

Daar is verskeie koepels. Eerstens is daar die leek se koepel. Dit is

die granietheuwel net buite Vredefort op pad Parys toe. In die ou dae

het daar blykbaar buite Vredefort ‘n bordjie gestaan:

Vredefort se

Koepel

. Kyk uit vir die spreekwoordelike groot wit olifant heelbo, ‘n

mislukte inligtingsentrum van die Vrystaatse regering wat miljoene

gekos het en nou onveilig verklaar is. Eina!

Die sigbare koepel

Die tweede koepel verwys na die gebied wat al hoe meer toeriste

trek. Dit is die koppies, klowe en valleie waardeur die Vaalrivier

kronkel. Aan weerskante lê die Noordwes Provinsie en die Vrystaat.

‘n Mens kan dit ook die sigbare koepel noem – daardie heuwels as

‘n mens tussen Parys en Vredefort op die R59 ry, of tussen Parys

en Potchefstroom op die R53. In die hartjie van hierdie koepel lê

Venterskroon en naamborde soos Leeuwfontein, Tygerfontein,

Schoemansdrif en Kopjeskraal sal knaend opduik.

In hierdie koepel is daar verskeie oorde wat wissel van baie basies

(veld- en hengelkampe) tot uiters luuks. Sommige trek besoekers

met die belofte van groot visse – veral vlieghengelaars. Ander wen-

tel om witwatervaarte en bergklim, terwyl die stigting van private

wildreservate aan die toeneem is. In hierdie koepel is iets vir almal.

Die sigbare koepel is minder as 50 000 ha groot (vergelyk dit met

die 2 miljoen ha van die Krugerwildtuin) en dit kom min of meer oor-

een met die gebied wat deur Unesco in 2005 tot ‘n wêrelderfenis-

gebied verklaar is.

Die wetenskaplike koepel

Die derde koepel is die wetenskaplike een. Hom sien jy nie eens uit

‘n vliegtuig nie en om ‘n satellietfoto vanaf bykans 40 000 km bo

die aarde reg te vertolk, is gespesialiseerde kennis nodig. Hierdie

koepel dek die hele invloedsfeer of voetspoor van die meteoriet,

met ander woorde ‘n straal van net onder 200 km om Vredefort.

Die wetenskaplike koepel strek dus verby Johannesburg in die

noorde en Kroonstad in die suide. Die deursnee van die gebied is

min of meer 380 km.

Al hoe meer besoekers stel belang in die geologiese uniekheid

van die area en die rede waarom dit tot wêrelderfenisgebied verklaar

is. Die meeste van hulle het slegs ‘n basiese kennis van geologie.

Daar is nietemin hulp beskikbaar.

FOKUS

Buitelewe en reis

Spesiale

PROF ATTIE GERBER,

dosent: Dokumentêre video, Noordwes-Universiteit

1

2

1: Een van die mooiste uitsigte in die koepel. Bo vanaf Steenkampsberg kan die

opgedrukte en omgekeerde rotslae duidelik gesien word.

2: Venterskroon. Die mynkommissaris se kantoor is in 1889 voltooi.