Background Image
Previous Page  28 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

26

‘n Man wat tred hou met die tyd

M

nr Jozua du Plessis, die Graan SA/Syngenta 2016

Graanprodusent van die Jaar, het onlangs teruggekeer

van ‘n sewe dae besoek aan Switserland. Hierdie

reis, wat ‘n besoek aan Syngenta se hoofkantoor in

Basel en navorsingstasie in Stein ingesluit het, was deel van

Du Plessis se Syngenta geborgde prys.

Du Plessis boer al sedert 1981 – toe hy op huurgrond by Delmas

begin het – en is ‘n lojale Syngenta kliënt van vele jare, maar die

ervaring in Stein het vir hom nuwe insig gebring.

Op ‘n begeleide toer deur die fasiliteit het hy en sy vrou, Sonja,

gesien hoe honderde wetenskaplikes plaagdoders formuleer en

vermeerder, 24 uur per dag, sewe dae per week. Swamme, insekte

en onkruid van oor die hele wêreld word in Stein geteel om in proe-

we gebruik te word. Die proewe word in klimaatbeheerde laborato-

riums onder normale toestande en situasies wat klimaatsuiterstes

naboots, uitgevoer.

“Ons was geweldig beïndruk,” sê Du Plessis. “Hoewel ek al jare lank

Syngenta produkte gebruik, het ek nie besef hoe gekompliseerd

dit is om ‘n nuwe produk te ontwikkel nie – dit kan tot tien jaar

neem voor die produsent dit op sy plaas kan gebruik. As ‘n mens

sien hoeveel werk daarin gaan om ‘n produk op die mark te bring,

verstaan jy waarom dit nie goedkoop is nie. Die vertroue wat ek

nog altyd in Syngenta se produkte gehad het, het heelwat toege-

neem nadat ek gesien het hoeveel navorsing daar gedoen word en

die toewyding waarmee dit gedoen word.”

Die waarde wat hy uit die besoek geput het, is tekenend van sy

filosofie dat ‘n mens nooit te oud is om iets nuuts te leer nie en dat

daar geen vervelige oomblik in boerdery is nie. “Elke seisoen is

anders en nuwe hulpmiddels in die vorm van tegnologie kom gereeld

op die mark,” sê hy. “Die uitdaging is om by te hou en dit gee my

genoeg rede om in die oggend op te staan.”

Sy groot en gediversifiseerde boerdery vereis beslis ‘n moderne

aanslag. Hy boer intensief op 3 000 ha. ‘n Derde van die saailande

is onder spilpuntbesproeiing en daar word mielies, koring, sojabone

en aartappels geplant. Op die droë lande plant hy mielies, sojabone

en droëbone.

40 werknemers is permanent in diens en soveel soos 300 mense

doen seisoenwerk op die plaas. Hulle twee oudste seuns – Jozua en

Chandré – is betrokke is by die boerdery, terwyl Ruan, die jongste,

sy eie besigheid het.

“Ek glo daaraan dat ons ou produsente die leisels aan die jonger

geslag moet oorgee,” sê Du Plessis. “Deel jou jare se ondervinding

en kennis met hulle sodat die boerdery kan voortgaan en laat hulle

toe om jou te verbaas en die boerdery te vernuwe met hul vars

denkwyses.”

Só ‘n vernuwende aanslag vind aanklank by Syngenta se

SmartFarm-strategie. Du Plessis sien homself alreeds as ‘n “slim

produsent”, aangesien daar op sy grond slim te werk gegaan word

om opbrengste te verhoog en produktiwiteit te verbeter ten einde

beter winste oor die lang termyn te realiseer. “Dit is ook so dat

elke ding wat jy ‘n bietjie beter kan doen, aan die einde van die

dag ‘n groot verskil sal maak,” sê hy.

Die titel van “Graanprodusent van die Jaar” dra hy met trots en

nederigheid. Hy het dit alreeds as ‘n eer beskou om deur die

graanprodusente in sy streek genomineer te word. Om te wen was

“die kersie op die koek.”

Sonder om te weet wat die ander finaliste se boerderye behels,

skryf Du Plessis sy eerste plek toe aan die feit dat diversifikasie

en goeie bestuur die boerdery deur droogtes en in tye van lae

pryse winsgewend gehou het. “Maar soos ek die aand van die

funksie gesê het: Met al die siftingsprosesse en moeilike tye wat

ons al beleef het, is elke produsent in die land wat nog staande bly,

reeds ‘n wenner.”

Ver van pessimisties, glo hy dat die uitdagings wat hierdie onstabie-

le tye meebring, ook goeie geleenthede inhou. “My boodskap aan

jong produsente is dat hulle op die regte tyd op die regte plek is.

Die gemiddelde ouderdom van produsente wêreldwyd is baie

hoog. Ons het jong produsente nodig om aan te gaan. Solank as

wat mense moet eet, moet daar voedsel verbou word.”

GRAAN SA

Graanprodusent

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

1: Graanprodusent Jozua du Plessis en sy vrou, Sonja, saam met vriende

van hulle, Hanneke en Thinus van Dyk, op hul besoek aan Syngenta se

navorsingsentrum in Stein, Switserland.

2: Jozua du Plessis (sr) saam met sy oudste seun, Jozua, middelste seun

Chandré en die plaasbestuurder, André Meyer.

1

2