Produk-inligting
< 86
Ervaar ‘n legende
–kommaakkennismet Stihl
D
ie naam Stihl is legendaries. Hierdie Duitse vervaardiger
van toerusting het sedert sy oprigting in 1929 deur inge-
nieur Andreas Stihl, ‘n stewige internasionale reputasie vir
die gehalte, veiligheid en duursaamheid van hul produkte
opgebou. As familiesaak wat nou reeds deur ‘n derde generasie,
met filialedwarsoor diewêreldbedryfword, isStihl reeds sedert die
1950’s ‘n sterk speler inSuid-Afrika.
Andreas Stihl was ‘n praktiesemanwat aangevuur is deur ‘n passie
omdie lewevandiebosbouersvansy tyd tevergemaklik.Opdaardie
stadiumwas die sae groot en lomp en het dit tweemans gekos om
met die hand te dryf. Om ‘nboom af te kapwas dus ‘n arbeidsinten-
siewe, tydrowende en uitputtende taak; veral diemassiewe, digbe-
bosteEuropesewoude.
Andreaswasoortuigdathy ‘nkragsaagkonmaakwatdiehoutbedryf
totaal sou hervorm. En so het hy inderdaad ook daarin geslaag om
die eerste kraggedrewe tweemansaag te ontwikkel. Tot op hede het
diemaatskappywat synaam trotsdra,meer as1800patentemet uit-
gebreidenavorsing enontwikkelingslaboratoriums die lig laat sien.
Hierdie fokusopvernuwingendiversiteit en klemoppuikgehalteen
duursaamheid, is presieswat die Stihl-familie se sukseswêreldwyd
laat groei. Dink aan enige praktiese taak of toepassing en Stihl het
heelmoontlik reeds ietsdaarvoorgeskepof opbestaande toerusting
verbeter omdie taak vinniger en veiliger te laat verloop.
Dink Stihl en verskeie petrolaangedrewe en kraggereedskap komby
jou op. Om nie te praat van die koordlose reeks wat van die voor-
ste tegnologie getuig en die toppunt van verskeidenheid en gerief
versinnebeeld nie: Van struikruimers tot kettingsae, bore en skroef-
bore, oesmasjiene, skoonmaakstelsels en beskermende klere. Niks
onder die son kanStihl klop as dit komby oorspronklikheid, gehalte
enduursaamheidnie.
Stihl spogmet ‘n enorme en uiteenlopende verskeidenheid vir enig-
een wat met handewerk doenig is – van die naweek-nutsman wat
hom in ‘n klank- en stofsensitiewehuisen tuinbesighou, tot diepro-
dusentmet sy spesifieke landboubehoeftes asook die professionele
hout-, konstruksie- enmunisipalewerkerswat toerusting vereiswat
byhulle veeleisendewerksvereistes kan tredhou.
Iets wat enige Stihl produk van ander onderskei is die feit dat jy nie
hierdie handelsmerk in ‘n kartondoos met ‘n handleiding in ‘n kort,
gebrekkige vertaling op die rak van ‘n afdelingswinkel sal vind nie.
Hierdie isgeenhaardroër of broodrooster nie; dis ‘nvolbloedproduk
wat jy nie sommer in enigewinkel sal kry nie.
Stihl se trotsop syprodukte is soverreikenddat hulle slegs verkryg-
baar isdeur ‘nnasionalenetwerkvanopgeleidespesialis-handelaars
wat bevoeg is om kopers oor die gebruik en versorging van hul kos-
bare aankoop in te lig. Met hierdie streng verkoopsetiek verseker
Stihl dat die lewensduur en veiligheidskenmerke van al hul produkte
optimaal beklemtoon engehandhaaf word.
Hierdie lojale netwerk van kleinhandelaars en enorme nasionale
gemeenskap van toegewyde Stihl-eienaars, onderstreep die Stihl-
familiewaardes. En soosmet enige familie, dra trotse Stihl-eienaars
op hul beurt hul kleinode aan hul geliefdes oor en is dit nie onge-
woon vir ‘n produsent om steeds die kettingsaag te gebruik wat sy
oupa verskeiedekades, selfs voor sygeboorte, aangeskaf het nie.
Dít is veral waar as dit kombydie legendarieseO8S-model, wat een
vandieallereersteStihl-produkte iswat opdieSuid-Afrikaansemark
beskikbaarwas. Hierdie taai werkesel is een vandie eersteprodukte
wat die maatskappy vervaardig het en word vandag nog op plase
en werwe dwarsoor die land gebruik al is daar nuwer modelle op
diemark.
Selfsal isdit niemeer opdie raknie, houStihl ‘nvoorraadonderdele
in voorraad vir minstens ‘n dekade ná die vervaardiging van ‘n spe-
sifiekemodel gestaak is. Die 08S pryk selfs op
YouTube
-uittreksels,
waar toegewyde eienaars en versamelaars wys hoe hul kosbaarste
stuk gereedskap skoongemaak, herstel en opgeknapword.Wys jou
net hoe diemaatskappy se produkte erfstukkewordwat oor en oor
vandie eengenerasienadie ander oorgedraword.
Indien jy nog nie ‘n Stihl-gebruiker is nie of heel waarskynlik net
graag die vervaardiger van die beste binne- en buitenshuise toe-
rustinghandelsmerk in aksie wil sien, kan jy jou regmaak vir ‘n
groot bederf wanneer diemaatskappy se produkte en toerusting in
Mei vanjaar (Dinsdag, 13 Mei, tot Vrydag, 16 Mei) by Graan SA se
NAMPOOesdagopBothaville indieVrystaat ten toongestel word.
Hierdie is die grootste landboumasjinerie en vee handelstentoon-
stelling in die Suidelike Halfrond. Besoek gerus die mobiele Stihl-
vertoonlokaal wat dwarsoor Suid-Afrika reis om hul produkte te
bemark en die maatskappy by handelskoue en -tentoonstellings te
verteenwoordig.
Woon een vandie praktiese demonstrasies vanStihl-produkte by of
drentel deur die reusagtige vertoonstaanders omweer ou gunste-
linge tegroet enmet nuwelinge indieStihl-stal kennis temaak. Sien
joudaar!
GAYNOR LAWSON,
Stihl
WERKTUIE EN TOERUSTING
Nampo 2014
Kom ervaar die Stihl-legende: Besoek gerus die Stihl-span by hul
mobiele vertoonlokaal byNAMPO.