Produk-inligting
< 83
Argo se Landini Landforce verbreed
syplatformtrekker-aanbieding
A
rgo stel vanjaar synuwe Landini Landforce-trekkerreeks by
GraanSAseNAMPOOesdagbekend.DieLandini Landforce
ontwerp is nuut met skerp lyne en ‘n robuuste voorkoms,
maar togmet dieselfde tradisionele Landini familiegevoel.
Die Landforce is net in platformkonfigurasie beskikbaar en pas ge-
rieflik tussen die bestaande Landini-platformmodelle in, in ‘n seg-
ment waar Argo nog net ‘n kajuitmodel kon bied. Dit behoort aan
die verbruiker ‘n wyer keuse te bied in die spesifieke 80 - 90 kilo-
wattklas.
DieLandini Landforce isontwerpvir taai, robuuste toestandeen leen
hom totmulti-aanwendingsgebruike.
Daar is twee modelle in die Landforce-reeks: Die Landforce 115
(82 kW) endie Landforce 125 (88 kW) teen ‘n aangeslane 2 200 rpm.
Die Landforce-reeks is toegerus met ‘n betroubare ß-Power
4-silinder TIER 3-enjin, met direkte brandstofinspuiting. Wringkrag
teen ‘n aangeslane 1 250 rpm lewer kragtige uitsette van 510Nm vir
die Landforce 115 en 515Nm vir die Landforce 125. ‘nTurbo-aanjaer
met oordrukklep verseker optimum aanjaaglading vir uitstekende
reaksie regoor die enjin sewerkspoedlading.
Dieenjins isgekoppel aan ‘n sterk, betroubaremeganiese ratkasmet
die klemopwerkverrigting, algemenedoeltreffendheid enpraktiese
spoedkeuses. Albei modelle beskik oor 12 vorentoe- en 12 truratte
met drie gange en ‘n vier-spoed
synchro
-ratreeks per gang asook ‘n
meganiese spoelkas (
shuttle
) envierwielaandrywing. ‘nKruiprat van
16 vorentoe- en 16 truratte is beskikbaar as ‘n opsie. Ratkaswerking
word ondersteun deur swaardiens, episikliese finale aandrywing en
‘n agteraskapasiteit van 5 000 kg.
Dieondergedompelde tipemultiskyf, kragaftakker-koppelaar iselek-
trohidroulies aangedryf en verseker gladde implement-inwerking-
stelling. Hierdie kragaftakker verskaf ‘n spoed van 540/1 000. Die
dryflyneffektiwiteit en ratuitleg versekerminimale kragverlies vanaf
die enjinnadie kragaftakker toe.
‘n Oopvloei hidrouliese sisteemmet ‘n dubbelpomp is geïnstalleer
as ‘n basiese konfigurasie en twee dubbelwerkende-afstandbeheer-
kleppe. Die hidrouliese dubbelaksiepomp verskaf ‘n vloeitempo van
29 liters/min na die stuurstelsel en 66 liters/min na die hidrouliese
stelsel. ‘n Meganiese hyser verskaf ‘n 4 500 kg hyskapasiteit met
standaardposisie, trekbeheer en flotering. Die geslotevloei hidrou-
liese sisteem sal teendie einde van 2014beskikbaarwees.
Die Landini Landforce is uiters beweeglik en hanteerbaarmet goeie
gewigverspreiding gedurende implementaanwending. Operateurs-
gemak is van hoë gehalte met ‘n gerieflike platformuitleg. ‘n Son-
dakkiemetROPSenstraallaagbandemaakdieLandini Landforceoor
die algemeen ‘nbaie aanwendbare trekkerreeks.
MONTYSWART,
namens Argo Industrial
Dienuwe Landini Landforce 125 (88 kW). Die Landforce is net inplatformkonfigurasiebeskikbaar.
WERKTUIE EN TOERUSTING
Nampo 2014