< 84
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
Rudi du Toit, ploegmeester
By
Graan SA se NAMPO Oesdag 2014 is dit weer tyd vir
die hoogtepunt op die kompetisieploegkalender: Die Nasio-
nale Ploegkampioenskappe!
Hierdie kompetisiejaar was daar ses streeksuitdunne wat op
‘n hoër standaard as die vorige jaar plaasgevind het. Deelne-
mers raakmeer gekonfyt en verstaan die vereistes beter. Dit
opsigself hou die beamptes op hulle tone en verseker dat hulle
vermoëns ook verbeter.
Tydens die Oesdag sal twaalf deelnemers (die eerste twee
plekke van elke uitdun) sake uitspook om as die nasionale
ploegkampioen gekroon te word. Die wenner sal Suid-Afrika
verteenwoordig by die wêreldkampioenskappe inDenemarke
in 2015. Die huidige kampioen, mnr Willie Ludik van Roux-
ville, is hard aan die oefen om in September in Frankryk
baanbrekerswerk te verrig en Suid-Afrika vir die eerste keer
by dieWêreld Ploegkampioenskappe te gaan verteenwoordig.
Benewens die senior kampioenskappe wat plaasvind, het die
Suid-Afrikaanse Ploeg Organisasie (SAPO) in die huidige sei-
soen reedsmet ‘n junior kategorie begin. Juniorsword beskou
as enige persoon wat nog op skool is. By elke uitdun was
daar ‘n junior-afdeling en die wenners van hierdie afdeling
sal ook tydens die Oesdag in aksie wees. Die organiseerders
is baie opgewonde oor die juniors en die toekoms beloof om
opwindend tewees. Dit ismos immers by die nuwe generasie
waar ons landboutoekoms ook lê.
Van die grootste uitdagings wat SAPO het, is om geskikte
grond en borge te kry. Almal is bewus van die moeilike eko-
nomiese klimaat. Soos die kompetisie groei en meer mense
wil deelneem, is groter kompetisievelde nodig. Geskikte grond
is slegs beskikbaarwanneer dit nie kommersieel gebruikword
nie en dit verg fyn beplanning van almal om kompetisies in
te pas wanneer grond beskikbaar is.
Alhoewel ons boeregemeenskap wel goeie grondbewerkers
is, moet aspirantkampioene besef dat, soos in ander sport-
soorte, voorbereiding en oefen uiters belangrik is. Daar is vele
tegniese punte wat ingestudeer en geoefen moet word om
werk van hoogstaande gehalte te lewer. Dit is ook belangrik
Opgewondenheidheersoor
Suid-AfrikaanseNasionale
Ploegkampioenskappe
om dit duidelik te stel dat SAPO nie ‘n ondersteuner van ‘n
spesifieke bewerkingsmetode in graanverbouing is nie.
Ploeg is ‘n kuns wat besig is om uit te sterf. Die doel van die
kompetisies is om die kultuur van ploeg te bewaar; daarom
kan enige persoon as die ploegkampioen gekroon word.
Die kampioenskappe wordweer op die terrein by die Noord-
hek van NAMPO Park gehou. Belangstellendes word genooi
om ‘n draai te maak en te kom kyk en hulle name op te gee
sodat hulle op hoogte gehou kan word van kompetisies in
hulle omgewing.
Behalwe vir die deelnemers wat hulle beste gaan lewer, is
daar ‘n uitdaging vir die toeskouers ook. Kom voorspel die
wenner van die Suid-Afrikaanse Ploegkampioenskappe en
staan ‘n kans om ‘n prys te wen. Die hoofborg van die ploeg-
kompetisie is Tubestone – hulle is die verspreiders van die
uiters gewilde BKT-reeks landboubande asook die kanniedood
Nankang-passasiersreeks. Besoek hullewebtuiste en leesmeer
oor hul opwindende TLC-program.
Kontakbesonderhede vir die Suid-Afrikaanse Ploeg
Organisasie is: Rudi du Toit by 079 517 3966 en
of Susan du Toit by 072 560 8331
en
.
Jy kan ook die South African
Ploughing Organisation se
Facebook
-bladsy besoek of die
webwerf
.
Pieter Kruger (besturende direkteur: Tubestone), Willie Ludik
(wenner van die NAMPO 2013 ploegkompetisie, wat in Septem-
ber Frankryk toe gaan om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig),
Robert Venema (tweede) enPaul Vorster sr (derde) tydens verlede
jaar se Oesdag.