SA Graan Maart NAMPO - page 82

Produk-inligting
Loer in by AgriVaria se
NAMPO-uitstalling
A
griVaria is ‘n ondernemingwat gebruikers sewinsgewend-
heid wil optimaliseer deur die verskaffing van ‘n reeks
implemente wat ingevoer of plaaslik vervaardig word.
Produsente kan gerus kom kyk na die nuwe direkte plant
planters vanSuperWalter asook die spuitreeks vanCaffini en spuit-
punte van Lechler.
DieSuperWalter planter is ‘nArgentynsedirekteplant (
no-till
) plant-
masjien wat in enige grond sy werk goed kan doen. Die planter is
toegerus met verskeie bybehore en kan die meeste gewasse en
ondermeer koring in26cm ryeplant.Dieplanter kom standaardmet
turbokouters wat die vermoë het om dik stoppels te kan hanteer en
deur die stoppels te kan sny.
Beide lugdruk- of plaatplanters is beskikbaar. Die plantereenhede
kan vanaf 6 rye (52 cm) tot 16 rye (52 cm) wees en kan aanmekaar
gelas word tot ‘n 48 rye (52 cm) planter gevorm word. ‘n Verskei-
denheid kunsmisbakopsies is ook beskikbaar. Presisieplanttoerus-
ting, wat insluit kunsmisvariasie asook saadvariasie, kan ook op die
planter gemonteerword.
AgriVaria se kunsmiswa word plaaslik gebou met die doel om aan
die gebruikers se behoeftes te kan voldoen. Hierdie toerusting is so
ontwerp dat dit meer as een funksie op die plaas kan vervul. Die
kunsmiswaensbestaanuit twee-envierwielmodellevanverskillende
groottes wat met verskillende bande toegerus kan word en kopers
kanook tussen ‘n verskeidenheid awegare enbakkieshysers kies.
Die vierwiel kunsmiswaens word standaard op ‘n veerbladsuspen-
sie met twee kompartemente gebou om sodoende twee soorte
produkte afsonderlik te kan hanteer. Die tweewielwaens kom
standaardmet drie kompartemente uit,maar kanna gelang vanbe-
hoeftes aangepas word. Waens se binnekante ondergaan spesiale
behandeling om korrosie tot die minimum te beperk. Verder word
alle laste toegesweis sodat daar somin asmoontlik plekke is waar
korrosie kanbegin.
Vlekvryestaal word gebruik vir die vervaardiging van die sluise wat
hidroulies ofmeganies afsonderlik beheer kanword. Die awegaar of
bakkieshyser is ontwerp om by die sluis te pas. Indien ‘n produsent
dit verkies, kanmeer aseenawegaar langsmekaar gemonteerword.
PIETMANBOTHA,
landboukonsultant
‘nAgriVaria kunsmiswa.
1...,72,73,74,75,76,77,78,79,80,81 83,84,85,86,87,88,89,90,91,92,...124
Powered by FlippingBook