Background Image
Previous Page  64 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 72 Next Page
Page Background

TeeJet Spuitkoppe:

Kies die regte Spuitkop vir jou onkruiddoder toediening

Spuitkop

Patroon

Druppelgroote

Beste vir

1

Turbo TeeJet

®

(TT)

Enkel

Medium

M

tot grof

C

Kontak

Onkruiddoders

2

Turbo TwinJet

®

(TTJ60)

Dubbel

Medium

M

tot grof

C

Kontak

Onkruiddoders

3

Air Induction

Extended Range

(AIXR)

Enkel

Grof

C

tot Effens grof

VC

Sistemiese

Onkruiddoders

4

Air Induction

(AI/AIC)

Enkel

Uitens grof

VC

tot Uiters grof

XC

Sistemiese

Onkruiddoders

5

Air Induction

Turbo TwinJet

(AITTJ60)

Dubbel

Uitens grof

VC

tot Uiters grof

XC

Sistemiese

Onkruiddoders

KRY JOU ONKRUID

ONDER BEHEER

Kyk na ons SpraySelect spuitkop seleksie app!

www.teejet.com

Biotegnologie kan opbrengste

verdubbel teen derde van koste

M

et talle graanprodusente wat gebuk gaan onder die

heersende droogte, het Monsanto ‘n saadterugneem-

program in plek gestel om tot 170 000 sakkies kosteloos

by produsente oor te neem of om te ruil vir korter

groeiers, asook ‘n uitstelprogram wat dit vir produsente moontlik

maak om hul saadrekening later te vereffen.

Só het mnr Bennie Bester (bedryfsbestuurder: Saad, Monsanto)

produsente tydens ‘n inligtingsdag op Heidelberg op 1 Maart in

kennis gestel. Bester meen ook dat die maatskappy opbrengste

wêreldwyd wil verdubbel teen ‘n derde van die koste ten einde aan

die vinniggroeiende bevolking se behoefte aan voedsel en energie

te voorsien. Volgens hom gaan biotegnologie nog ‘n substansiële

bydrae tot landboupraktyke lewer.

Verskeie wit- en geelmielieproewe kon tydens die dag besigtig

word. Die splinternuwe DKC71-44B-reeks is onlangs vrygestel. Dit

beskik oor ‘n hele paar kenmerke wat dit gewild in die geelmielie-

mark sal maak. Dié kultivar bied uitstekende opbrengs, lae kop-

plasing, ligte graankleur en vinnige afdroging. Die DKC71-reeks

ontkiem doeltreffend, die saailing is sterk en die plantjie verskyn

vinnig bo die grond. Sy eienskap van vinnige afdroging maak die

kultivar geskik vir produsente wat vroeg wil stroop.

Die DKC74-reeks se ontkieming vergelyk goed met dié van die

DKC73-reeks. Kenmerkend van die kultivar is dat spruite tydens

die groeisiklus vorm. Dit verlaag egter nie die opbrengs nie en die

kultivar vaar skitterend tydens droogtestremming.

Fouché van der Merwe, Pieter Brits en Philip van der Merwe,

produsente van die Grootvlei-omgewing, reken hulle het baat gevind

by die inligtingsdag.

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker