Background Image
Previous Page  67 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 72 Next Page
Page Background

65

May 2016

Elke jaar iets nuuts,

meer en beter

P

annar is daarop gefokus om die welvaart van die

landbouprodusent te verhoog. Dit was die tema van

die 2016 Pannar Extravaganza. Nuwe tegnologie en hoër

opbrengste wat nuwe kultivars lewer, is bespreek, maar ook

hoe nuwe tegnologie aangewend moet word om die waarde daarvan

te ontsluit.

Om welvaart vir produsente te skep, is dit belangrik dat die regte

kultivars aangeplant word en dat die boerderypraktyke wat toe-

gepas word, hierdie kultivars se genetika kan ontsluit. As daar in

enige aspek van die produksieproses ‘n fout inglip, kan dit opbrengs

benadeel. Dit is waarom Pannar se landboukundige-span fokus om

tegnologie oor te dra wat tot beter produksiepraktyke kan lei.

Die huidige droogtejaar het ‘n paar nuwe produksieprobleme uit-

gewys. Om saad in ‘n droogtejaar te laat opkom, is ‘n kuns, maar

om hierdie saailinge te laat oorleef tot die volgende reënbui en tot

oes, is ‘n nog groter kuns.

Hierdie saailing moet omgeskakel word in verkoopbare graan binne

die silo voordat produsente vergoed word. Wanneer ‘n plant gevestig

word, het dit die hoogste produksiepotensiaal. Soos die plant

ontwikkel, pas die plant se produksiepotensiaal by die omgewing en

beskikbare vog aan.

Min gewasse het die vermoë om dit opwaarts aan te pas. Die

produsent moet dus alles moontlik doen om hierdie produksie-

potensiaal van die plant te beskerm. Die toepassing van die regte

produksiepraktyke wat bewerking, bemesting, plaagdoder- en on-

kruiddoderprogramme insluit, is dus van kardinale belang. Volgens

Pannar wil hulle produsente help om hul produksie-effektiwiteit en

-doeltreffendheid te verhoog en sodoende kultivars se potensiaal

te ontsluit. Die Panacea-sambreel wat voorligting, saadbehandeling

asook swam- en insekdoderspuitprogramme insluit, is ‘n voor-

beeld van hul langtermyn, toegewyde verbintenis tot die Suid-Afri-

kaanse landbougemeenskap.

Elke jaar iets nuuts, meer en beter – dit is wat Pannar se jaarlikse

gewasextravaganza uniek maak. Nie net is ‘n wye reeks doelmatige

kultivars se prestasie ten toon gestel nie, maar ook nuwe idees

om jou boerdery doeltreffender en winsgewender te maak. Die

tegnologietent met sy praktiese boerdery-oplossings was iets nuuts.

In die tent was ‘n samevatting van Pannar se handelsmerke wat

duidelik demonstreer dat hul die landboubedryf meer as net saad

bied. Die maatskappy se etiese kernwaardes wat verantwoordelik-

heid teenoor die produsent, omgewing, wêreldgehalte tegnologie

en gespesialiseerde kennis van verskillende gewasse insluit, is weer

eens bevestig.

Die aanwending van ultra-moderne navorsingstegnologie asook

die inspanning van die nuwe MON89034-stronkboorderweer-

standsgene – die nuwe basters met tweedegenerasie stronkboor-

derbeskermingsgene – bied welvaartvoordele vir produsente.

Die Panagri aanlyn-ondersteuningsdiens vir produsente bied

praktiese boerdery-oplossings met produksiebestuursriglyne vir

elke gebied, presisieplasing van kultivars en voorligting oor die

interaksie tussen opbrengspotensiaal, groeiklas, meerkoppigheid,

plantbevolking en kultivartipe. Dit ondersteun produsente se doel-

treffendheid en effektiwiteit.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Nico Barnard (Pannar) staan hier by ‘n nuwe sojaboonkultivar.

2: Louis Schoonraad (Pannar-sonneblomteler) spog met die maatskappy

se sonneblomkultivars.

3: Corné van der Westhuizen en Joe Payne (albei Pannar-landboukundi-

ges) lig produsente in oor mielieverbouing.

4: Agter: Danie Crous, John Odendaal, Hendrik Linde, Carel du Plessis,

AK Geldenhuys, Pieter Rademeyer en Tiaan Fourie (almal verantwoorde-

lik vir die demonstrasie-eenheid op Kroonstad). Hulle kyk toe terwyl

Ashley Cotterrell (voor regs) vir Tattie Crouse bedank vir hul jarelange

verbintenis om die demonstrasieproewe op die Crouse’s se grond te

plant.

1

2

3

4

AKTUEEL